BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 480

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

God openbaar Homself deur die skepping

3512 Die goddelike Wil om vorm te gee, het werke laat ontstaan wat sigbaar geraak het vir die menslike oog om Hom Self aan hulle te openbaar in die werke van die skepping. Sy doel was om die mens daartoe te bring om Hom te erken, om sy liefde te wen en sy wil na Hom te keer. Sodra God se grootte en heerlikheid, Sy liefde, Almag en Wysheid herken word, sal die mens ook afstuur op die hoogste Wese.

Dog sonder hierdie insig wend sy gees hom na die dinge wat vir hom begeerlik voorkom vir die lewe op aarde. Die mens dra `n liefde in homself wat verkeerd kan wees wanneer dit uitgaan na dit wat verganklik is. Hy sal altyd iets nastreef, maar die voorwerp van sy strewe moet goddelik wees, iets geestelik wat volmaak is, dan is sy liefde goed. God Self is die mees volmaakte geestelike Wese en dit vereis die diepste liefde om na die mees volmaakte Wese te strewe. Daarom moet Hy ook geken word en daarom openbaar Hy Homself aan die mense deurdat Hy skeppingswerke voor hulle oë laat ontstaan het wat getuig van Sy Liefde, Almag en Wysheid. En die mens wat God se skepping opmerksaam aanskou, moet Hom leer liefhê. Hy moet God se Liefde en Sy Wysheid voel wat aan elke skeppingswerk sy bestemming toegewys het en hy moet teenoor Sy grootte en in Sy onoortreflike Wese versink in eerbied en ontsag.

Die erkenning van die ewige Godheid het onherroeplik die liefde tot Haar as gevolg en die mens sal bewustelik op God afstuur, hy sal poog om met Hom in verbinding te tree, hy sal homself aanbied aan Hom Wie hom voortgebring het as Sy skepsel, om met Hom in verbinding te bly, omdat hy Hom bemin. Die liefde tot God is die dryfveer van `n ywerige strewe, want sonder liefde behoort die mens aan die wêreld, omdat sy verkeerde liefde na die wêreld uitgaan. Om God te kan liefhê, moet Hy egter herken word en God Self help die mense om Hom te leer herken. Hy toon Homself aan hulle in Sy grootte en mag. In Sy skeppings is Hy vir die mens tasbaar naby, want alles wat uit Sy Wil ontstaan het, is Sy oorspronklike substansiële geestelike krag, dus uitgestroom uit Diegene wat Hyself is, die Kragsentrum, `n onuitputlike Bron van Liefdeskrag.

God is die ewige liefde Self, Hy is Krag en derhalwe in elkeen van Sy skeppingswerke teenwoordig, wat vir die mens begryplik word wanneer hy God herken het, as hy in die Wese van die Liefde deurgedring het deur sy eie werksaamheid in liefde. As hy die vlak van insig bereik het om die Wese en die Krag van die Liefde te besef, dan sal hy God ook nie meer in die vêrte soek nie, maar sal Hy vir hom in elke skeppingswerk naby wees en sy liefde tot Hom sal gedurig groei en sal hom voortdurend meer laat ryp word in insig. En elke mens kan tot die besef van die ewige Godheid kom, indien hy Sy werke ernstig beskou en `n ernstige wil sal hê om deur te dring in `n gebied wat vroeër vir hom geslote was, naamlik God se werksaamheid in en die bestuur van die heelal.

God stil die dors na kennis van die mens wat probeer om Hom te deurgrond in `n verlange na waarheid en ’n strewe na insig. Want Hy wil herken word, Hy wil Homself aan die mense openbaar, sodat hulle met Hom in verbinding kan tree. Hy wil bemin word deur Sy skepsels en daarom maak Hy Homself bekend as `n Wese Self vol van liefde, Wie hoogs volmaak is en met die volste reg aanspraak kan maak op die liefde van Sy skepsels. Maar Hy wil die mense nie dwing om Hom te bemin nie en daarom staan dit elkeen vry om die goddelike skepping tot homself te laat spreek of om onverskillig daarby verby te gaan.

God is die mense altyd naby in Sy werke, maar slegs voelbaar vir hulle wat poog om Hom te herken en wat daarom die grootste moontlike aandag aan al die dinge skenk waardeur hulle omgewe word. Hulle sal Hom voel en in liefde tot Hom ontbrand, hulle sal probeer om Hom te deurgrond, hulle sal hulle gedagtes laat dwaal in die oneindigheid en vrae vra wat vanaf die geestelike kant beantwoord moet word en hulle sal tot insig kom, waarvan die gevolg `n strewe na volmaaktheid is om nader na die hoogste en mees volmaakte Wese te kan kom, omdat die mens sal voel dat dit die einddoel van sy aardse lewe is, naamlik dat hy homself moet verenig met God uit Wie se Krag hy eens voortgekom het. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205