BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 173

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Gedagtes is geestelike krag

1757 As die mens insig het, beskou hy sy gedagtes en opvattinge nie meer as self verwerf nie, d.w.s. vanuit homself afkomstig nie, maar as dit wat dit werklik is, naamlik `n uitstraling van geestelike wesens wat hul kennis aan die mens wil deurgee en dit probeer oorbring totdat hy dit as geestelike kennis aanvaar.

`n Gedagte is derhalwe geestelike krag, dus iets geestelik wat vanuit die ryk aan die anderkant `n weg na die aarde gebaan het om deur die hart en brein van die mens opgeneem te word, wanneer hy daarvan bewus word. Die denke van die mens moet nou gevolglik met die gees van die wese ooreenstem wat van die mens besit neem, of aan wie die mens homself oorgee.

Hierdie uitstraling van krag van die geestelike wesens is enorm, dog doen goeie sowel as bose wesens moeite om hul uitstralings na die aarde te stuur, maar altyd sal hierdie uitstraling net ontvang word deur gelykgesinde aardse wesens. So sal daar dus aan elke mens wat dit ontvang d.m.v. gedagtes, deurgegee word wat ooreenstem met sy wese, en hy sal altyd ontvang wat verlang word; dus sal waarheid aangebied word waar die mens honger is vir waarheid, maar egter leuen waar die leuen woon.

Die geestelike besit van die mens sal dus van so aard wees soos wat die mens dit self wil, omdat dit, beantwoordend aan sy wil, aan hom geskenk word deur die geestelike wesens. Die mens kan niks uit homself voortbring nie, hy is nie in staat om gedagtes vanuit homself te laat ontstaan nie, juis omdat gedagtes geestelike krag is en hierdie krag egter eers aan hom gestuur moet word vanuit die geesteryk.

Slegs die onwetende mens glo dat hy die skepper van sy eie gedagtes is. Hy spreek maar net die mening van die wêreld na wat beweer dat die denke slegs `n funksie van die brein is en totaal onafhanklik is van vreemde inwerkinge, naamlik dat die mens al sy gedagtes self het en daar geen direkte of indirekte beïnvloeding van die denke is nie, dus dat goeie of slegte, diep of oppervlakkige gedagtes, slegs van die mens self uitgaan en daarom eie verdienste is.

Hy verloën die geestelike krag wat daarby betrokke is, omdat hy dit nie erken nie. Derhalwe is sulke mense ook nie maklik van die waarheid te oortuig dat dit d.m.v. gedagtes oorgebring word nie, omdat hulle die proses van dink nie korrek begryp nie en ook nie daarin glo nie.

Die eintlike wese van die gedagte is vir hulle iets onbegryplik en dit sal ook so bly, totdat hulle hul eie ontoereikendheid insien wanneer hulle probeer om diepgaande probleme op te los, wanneer die gedagtegang faal, wanneer die mens vanuit homself die laaste verklaring wil gee. Eers wanneer hy met vertroue en verlange na die waarheid, homself wend tot die geestelike wesens en hulle om opheldering versoek, sal hy ondervind hoe geestelike krag in die vorm van gedagtes na hom toevloei en hy sal besef dat hy nie die skepper van sulke gedagtes kon gewees het nie, maar dat iets geesteliks oorgebring was aan hom deur geestelike wesens vanuit die ryk aan die anderkant. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205