BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 259

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Leuen en waarheid en hul oorsprong

2232 Die werksaamheid van die Gees is nie te misken nie, juis omdat die begrip waarheid en leuen so duidelik van mekaar onderskei kan word, dus waar God of Sy teenstander as oorsprong van dit wat die mense aangebied word, te herken is. Die Gees uit God sal steeds teen alle onwaarheid ten stryde trek, omdat Hy in Hom die suiwere Waarheid is wat Uitstraal van God, Wie die Waarheid Self is. Die waarheid en die leuen is so teenoorgesteld, dat ook die oorsprong daarvan twee heel teenoorgestelde wesens moet wees. En steeds sal die mens wat hom in die waarheid bevind, hom met God verbind voel, d.w.s. vanuit sy innerlik die goeie nastreef, terwyl die aanhanger van die leuen gebonde is aan die wil van die mag wat alle bose drifte en neigings in die mens opwek.

Soos wat die begrip waarheid slegs met God in verband gebring kan word, sal die mens nooit onwaarheid of dwaling hoef te vrees wie homself in verbinding stel met God nie en gevolglik kan die waarheid slegs daar verkry word waar die wil van die mens op God gerig is. Maatgewend daarvoor is egter nie woorde nie, maar die dade van diegene wat glo dat hulle wetend is. `n Mens wat nie ophou om werksaam te wees in liefde nie, sal onherroeplik in die waarheid wandel, want die Gees vanuit God stuur sy gedagtes na goeie insig.

Maar agter die leuen staan die mense wat nie in die liefde aktief is nie, want hulle denke word deur die mag wat teen God gerig is, beïnvloed. Hulle sal steeds waarheid en leuen probeer vermeng. Hierdie mens sal nóg die waarheid begeer, nóg die leuen as sodanig insien, veeleer sal alles wat hom aangebied word aangeneem word sonder om te oordeel en hy sal alles as goed beskou, selfs wanneer `n mens duidelik kan aflei dat daar bose kragte op die spel is. Want hy verafsku nie die leuen nie, omdat hy in sy verstand blind is en deur sy liefdelose wese nog baie verwant is aan hom wie self sonder enige liefde is. En hy sal ook nie die drang in hom voel om die ware en korrekte te wil insien nie, omdat hy niks begeer wat van God is, solank hy hom nog in die mag van die teenstander van God bevind nie.

Die werksaamheid van die Gees is dan begryplikerwys nie moontlik nie, want die Gees uit God kan Hom alleen uiter waar die waarheid begeer word, omdat God die goddelike alleen vir diegene kan aanbied wat poog om nader aan God te kom. Maar die leuen gaan van die teenstander uit en voer ook na hom terug, want alles wat leuen is, beteken verwydering van God en dus aanpassing by Sy teenstander.

Alle kenmerke van die waarheid, asook die van die leuen, word herkenbaar vir die mens wat na die waarheid verlang en hy sal baie spoedig weet waar hy die waarheid moet soek en waar hy die leuen kan vermy. Want die mens wat die waarheid begeer gee homself, d.w.s. sy denke, oor aan God, Wie hom nou met Sy Gees verlig, d.w.s. die denke rig, sodat hy duidelik kan insien en die waarheid goed kan onderskei van die leuen. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205