BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 334

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die geloof in God as oorsprong van die skepping

2771 Die oorsprong van alle dinge is Ek en as jy die oorsprong wil ontken, erken jy My nie as skeppende krag en gevolglik ook nie as die magtige Wese wat uit Homself kan voortbring wat Hy wil nie. Jy dink dan dat alle geskapenes uit hulself ontstaan het, sonder die inwerking van `n krag wat `n wil het. En dus glo jy ook nie aan `n formeerder en bewaarder van dit wat vir jou sigbaar is nie. Inteendeel, jy beskou die natuur, sowel as elke skepping, as produkte wat vanself ontstaan het en wat daarom onder geen enkele Mag geplaas is wat hulle beheer nie, wat dus deur geen wil bestuur word nie. En hierdie heeltemal onjuiste mening maak jou onbekwaam om te glo in `n Wese wat in die innigste verbinding staan met dit wat Hy deur eie mag en krag geskep het, want as jy die oorsprong van die skepping ontken, sal jy ook geen verbinding soek met die Skepper nie. Dus sal jy Hom nie liefhê nie, en ook nie vrees nie en daarom sal jy ook nooit aan jouself werk om nader aan Hom te kom nie.

Dit ontbreek jou aan geloof, ook aan liefde en gevolglik ook aan die waarheid, want jy roep nie die Skepper van hemel en aarde aan wat jou met alles kan voorsien wat jou ontbreek nie. Sonder die geloof in My kom jy nie nader aan die waarheid nie. En om in My te glo beteken om My as Skepper van hemel en aarde te erken en jouself as voortbrengsel van My te sien, wat onskeibaar van My is, selfs wanneer jy skynbaar geïsoleer in die skepping staan. Ek is van ewigheid tot ewigheid en alles wat uit My is, is onverganklik, dus ook ewig in sy oersubstansie.

Die sigbare vorm bly egter nie ewig bestaan nie. Dit is verganklik, al gaan daar ook eindelose tye verby, voordat al die sigbare hul sal vergeestelik het. Hierdie sigbare vorm is wel verganklik vir die menslike oog, sodra die wese daaruit ontsnap om `n nuwe vorm te bewoon, met sy verdere ontwikkeling as doel. As jy My erken as oorsprong van alle dinge, dan weet jy ook dat alle krag wat van My af uitgaan, na My moet terugstroom. Dat die skynbare verganklikheid van die skepping dus die proses is om die geskapene terug te kry, wat My as Skepper en Bewaarder nie wou erken nie, homself dus geïsoleer het en probeer het om die verbinding met My te verbreek.

Wie My erken, probeer ook met My verbonde te bly. Hy glo in My en hy word deur die geloof wetend. Hy weet dat die skepping, die sigbare, net `n middel is tot die doel, maar dat dit nie ewig sal bly bestaan nie, omdat dit net die omhulsel is van die onvolwasse wese wat tot volmaaktheid moet kom. Maar wie geen voeling het met die oneindigheid nie, wie wel die skepping, maar nie sy Skepper sien nie, sy verstand sal nooit die oorsprong en doel van die skepping deurgrond nie.

Hy dink dat hy wetend is, maar is blind in die gees. En sy denke is verkeerd. Die geloof in My as Skepper en Bewaarder van alle dinge ontbreek hom. En sonder hierdie geloof kan hy homself nie met My verbind nie en gevolglik ook nie in My as die Oerkrag opgaan nie, wat die uiteindelike doel is van alles wat vir jou sigbaar is. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205