BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 146

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Krisis - Gewelddadige voortydige beëindiging -Natuurkatastrofe

1508 Die mense gaan `n krisis tegemoet wat verontrustend is, want die grootste gevaar bestaan as dit nie as sodanig erken word en die hoof gebied word nie. Slegs baie min mense kan hulself indink hoe ontsaglik die uitwerking van die geestelike lae vlak ook op die vormgewing van die aarde se oppervlak is. Dit is onbegryplik, solank as wat die mens nie weet watter rol die hele natuur ook in die positiewe ontwikkelingsproses van alle gees speel nie. Alle gees moet krag uit God ontvang. Dus word hierdie krag ook in alles gelei wat as skeppingswerk vir die mense sigbaar is. Dit is in die eerste instansie alreeds nodig vir die behoud van dit wat God geskep het. Maar die eintlike taak is dat die gees homself moet verenig en deur hierdie vermeerdering in homself, `n hoër graad van volwassenheid bereik.

Hierdie eenwording gebeur op `n natuurlike wyse, d.w.s. die goddelike Wil bepaal dat die afsonderlike gees hom met ander moet verbind, deurdat Hy aan al sy skeppings hulle bestemming toegewys het, wat nou ook nagekom moet word, omdat die gees gedwing word om te doen wat God hom as taak gestel het. Maar die toestand van die vrye wil is vir hierdie wesens, wat hulself nog in gekluisterde toestand bevind, `n groot gevaar, in soverre dat die mens sy wil kan gebruik op `n manier wat God teenwerk en dat hulle daardeur die gebonde wesens in groot nood kan bring, deurdat hulle hul onvoltooide gang in `n vorm voortydig beëindig. Hulle bevry dus die geestelike vir daardie oomblik uit die vorm, maar hulle het nog nie die graad van volwassenheid bereik wat vereis word vir die volgende vorm nie.

Dus word die nou ongebonde gees in `n sekere sin onthef van sy taak, wat hy voorheen moes verrig. Hy kan die volgende vorm nog nie bewoon nie en moet dus gedwonge werkloos wees, wat `n pynlike toestand vir die gees is, want sy ontwikkelingsgang word nou beperk, want daar het `n stilstand ontstaan wat die gees nie self kan ophef nie. Hy moet nou ontsettend worstel om weer in `n nuwe vorm ingelyf te word. En hierdie worsteling geskied op `n wyse wat die wesens, wat hulle nog in hierdie vorm bevind, geweldig in die noute bring, d.w.s. wat hulle aanspoor om vinniger te werk. Die nie-gebonde gees bring dus hul drang om te werk oor op die nog gekluisterde gees en dit word nou buitengewoon aktief, wat op onnatuurlike wyse tot uiting kom, naamlik deur `n vergrote werksaamheid.

Dit is dus `n skynbare onreëlmatigheid, `n afwyking of `n verandering van die bestaande natuurwette. Maar dit is tog in ooreenstemming met die goddelike Wil, omdat die verkeerde wil van die mens self die aanleiding daartoe gegee het en dat die regte vergoeding dus toegeken moet word aan die gees wat in sy ontwikkelingsgang gehinder was. Maar die uitwerking van hierdie vergrote werksaamheid sal vir die mens weer voelbaar wees en wel op `n manier waarvan hy minder sal hou. Wat oorspronklik bedoel was om `n lang verblyf aan die gees te verleen, sal nou deur die vergrote werksaamheid die gees in homself op `n ongewone tyd vrystel.

Natuurverskynsels, wat in `n sekere sin in stryd is met die wet, sal dus buitengewone gevolge hê. Dit is die katastrofe wat in die natuur veroorsaak word, wat weliswaar nie direk van die wil van die mens afhang nie, maar indirek tog die gevolg is van `n verkeerde wil.

As die geestestoestand van die mense so laag word dat hulle geen enkele verbinding meer met God het nie, dat hulle nie hul taak op aarde insien nie, nóg die sin en die doel van die skepping ken, nóg die positiewe ontwikkelingsgang van alle gees en hul eie eindelose lang weg oor die aarde nie besef nie, dan sal hulle ook nie bang wees daarvoor om eiegeregtig in te gryp in hierdie skepping nie, wat `n ander doelwit het as die uitbuiting deur mensehande. En hierdie ingryping, wat `n ontsettende uitwerking het, juis op die vroegtydig vrygeworde wesens, het nou onafwendbare gevolge, wat redelikerwys weer deur die mens gedra moet word, ofskoon dit nie vir hulle verstaanbaar is nie, naamlik dat hulle die eintlike oorsaak is van die verwoestende katastrofe, juis deur hul verkeerde teen-God gerigte wil.

En die aarde kan nou so `n gewelddadige vrywording van die gees verwag en deur die handelswyse van die mens word hierdie proses bespoedig. Die gewelddadig vrygeworde gees dring aan tot steeds meer lewendige bedrywigheid, sowel aan die buitekant van die aarde, asook aan die binnekant. En hierdie aktiwiteite word nie deur God beperk nie, omdat die mens self onregmatig ingegryp het en dus `n beliggaming van die gees wat in liefde deur God verleen is, beëindig het teen God se Wil. Alle gees, wat onregverdigheid moet verduur, mag aan hom reg verskaf. Dus is die katastrofe, ofskoon dit heeltemal in stryd skyn te wees met die natuurwette, in ooreenstemming met Sy Wil en dit moet dus erken en beoordeel word as deur God gestuur. Maar die mense wat volgens God se Wil lewe, wat hul eie wil aan die goddelike Wil onderwerp het en dus goed onderrig word deur God se Liefde, Almag en Wysheid, kan alles van bo gestuur kalm bekyk. Al beteken die katastrofe hul liggaamlike einde, hulle sal op die aarde niks verloor nie, maar God se heerlikhede sal vir hulle sigbaar word en hulle sal hul Skepper lof en dank toesing tot in alle ewigheid. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205