BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Lyding en Beproewinge. Traagheid van die gees

373 Daar is soveel gebeurtenisse in die lewe wat die mens moedeloos maak, dit is dan `n band wat die hart van so `n mens omspan. Wanneer sorge en verdriet te dikwels opduik, kom daar twyfel op oor die goedheid en barmhartigheid van God en tog gee dit julle innerlike volmaaktheid, wat julle andersins slegs oor `n baie langer tydperk sou moes verwerf.

En omdat die aardse lewe maar `n kort tyd omvat, sal sulke kwellende of pynlike gebeurtenisse meer dikwels en soms vinnig opmekaar moet voorkom, sodat seën vir julle daaruit kan voortkom, sodat julle die lewe ernstig en sober sal leef en julle verlange steeds meer afwend van die wêreld en haar bekoringe, wat vir julle `n ernstig gevaar inhou.

Vir sommige lyk die lewe dikwels ondraaglik; soms raak die mense so vermoeid dat hul moed sak, en dit dryf hulle om niks te doen om die ontmoedigende lewe te verander nie, en tog so dit vir julle so eenvoudig gewees het, sodra die ware verhouding tot God julle die weg aantoon wat julle moet bewandel. Kyk maar net na die vele skynbaar onoorwinlike hindernisse in julle lewens. Sou julle daarvan kon ontsnap het as daar nie telkens hulp van Bo gekom het nie?

Weliswaar besef julle nie altyd hierdie hulp as van Bo gestuur nie en tog is alles wat gebeur, `n uitvloeisel van die genade van God. Of dit goed gaan of sleg, dit het altyd dieselfde doel, nl. om veredelend in te werk op julle en as julle in staat is om in elke beproewing `n middel te sien tot verbetering, dan is daar ook reeds die erkenning van eie tekortkoming en swakheid en met hierdie besef kom ook die stille wens om dit te bestry.

Dan het alle beproewings reeds hul doel bereik. En daarom moet julle, julle gedagtes in alle moeilike omstandighede daarop rig, naamlik dat hierdie beproewings nodig is om `n hoër graad te bereik. Dat dit met ander woorde trappe van `n leer is wat tot die volmaaktheid van die siel lei. `n Lewe sonder stryd, sou slegs `n stilstaan op dieselfde trap beteken, want die stryd teen julleself is baie moeiliker as teen vyande wat van buite af kom.

Elke ontwaking uit die traagheid van gees is `n vooruitgang, want die waaksame mens sal ook aan sy gees dink, hy sal hom geen gebrek laat ly nie. Dog is die traagheid `n agteruitgang en is in geen geval stimulerend te noem nie. Dit sal alle drang tot die doen van werk verstik en daarom kan dit nooit bevorderend op die siel inwerk nie.

Laat julle daarom nie afskrik as die ongemak van die lewe vir julle swaar te dra lyk nie. As julle hierdeur julle foute ontdek het en daarteen stry, dan sal dit gou weer van julle wyk. Want die Heer laat sulke beproewinge slegs toe totdat hulle hul doel bereik het en verbeterend op die hart van die mens ingewerk het, want Sy wil is nie dat julle moet ly nie, maar alleen dat julle hierdeur die ewige vreugde vir julleself waardig maak. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205