BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 80

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die uur van die dood, sonder voorbereiding -Die marteling van afsterwe

826 Midde in die lewe begin die mens na te dink oor vrae wat betrekking het op sy liggaamlike einde. In hierdie tyd agtervolg die gedagtes hom van `n skielike einde. Aanvanklik probeer hy dit te ontduik en tog sal dit steeds weer by hom opkom. Dit is soos `n voortdurende aandrang om hierdie vrae voor oë te hou. Dit is soos `n ononderbroke aanmaning om aan sy einde te dink en ten aansien daarvan sy standpunt te bepaal. Die geestelike kragte benut elke oomblik om die mens daaraan te herinner en dit is waarlik net gunstig vir die siel om aan sulke gedagtes aandag te skenk.

`n Onopvallende oomblik kan aan die bestaan op aarde al `n einde maak, en niemand het die mag om sy lewe op aarde met `n uur te verleng, wanneer die tyd van sy dood gekom het nie. En daarom moet elkeen daarop voorbereid wees om die aardse lewe enige oomblik op te gee en die ewige ryk binne te gaan. Hy moet bewus wees van sy voortbestaan na die dood.

Hy moet sy aardse lewe so inrig dat dit in heeltemal ooreenstem met sy taak op aarde en dat dit dus net `n tyd van voorbereiding is op die eintlike lewe in die hiernamaals. Omdat daar voortdurend beheer oor hom uitgeoefen word, of die aardse lewe ooreenstem met die goddelike gebooie al dan nie; wanneer die mens aanvaar om die Skepper van hemel en aarde te dien, wanneer hy steeds verbinding met Hom soek en homself dus bewustelik voorberei en aan sy siel werk, dan sal die gedagte aan die dood hom geen vrees inboesem nie. Hy sal dit eerder as aangenaam voel en leer om die uur van die dood te beskou as die uur van bevryding uit die kettings van die liggaam. Daarenteen sal die mense wat alle gedagtes daaraan angstig verwerp of die aanmaninge heeltemal onverskillig by hulle laat verbygaan, so nou en dan `n makliker aardse bestaan hê, omdat hulle hulself oor niks bekommer wat hulle uit hulle rus sou kan wakker skud nie. Hulle sal steeds maar van die een dag na die ander lewe, sonder enige gevoel van verantwoordelikheid.

Hulle sal hul ook nooit enige beperking oplê ter wille van `n uiteindelike voortlewe nie. Hulle sal alles verwerp wat hul as lewenstaak voorgehou word, maar met die naderkom van die dood van `n ontsettende onrus beset word en sal nou alle verskrikkinge daarvan ten volle moet verduur, as hulle nie vooraf deur `n lang tyd van lyding vir ander gedagtes ontvanklik gemaak is nie. Die uur van die dood sal vir hulle nie welkom wees nie. Hulle sal nog met elke vesel aan hul bestaan hang aan die aardse lewe en sal dit nie wil ruil vir `n ander nie, omdat hulle nie in die minste voorbereid is daarop nie. Maar die uur van afskeid kom vir almal, en dikwels onvoorsien.

`n Onvoorbereide mens ondergaan alle kwellinge van doodgaan en sy einde is waarlik nie begerenswaardig nie. En tog het elke mens dit voorhande om hierdie uur vir homself `n uur van verlossing te maak, as hy sy aardse lewe steeds so geleef het dat hy die verantwoording nie hoef te vrees nie; dat hy elke oomblik van sy lewe aan die Vader in die hemel kon gegee het in kinderlike vertroue, om Sy erbarming en Sy liefde te verkry, omdat die aardse bestaan in voortdurende verbinding met Hom geleef was. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205