BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 371

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Strewe na volmaaktheid

2928 Die onvolmaakte belet homself toegang tot God en hy kan ewiglik nie die aanskoue van God bereik nie, as hy nie daarna sal streef om sy onvolmaaktheid af te lê en hom aan te pas by die volmaakte Wese van God nie. Hy kan ook nie die uitstraling van God in ontvangs neem nie, solank as wat hy hom nie vir hierdie uitstraling oopstel in die besef van sy gebrekkige toestand nie, en danhierdie toestand ophef. Die strewe na volmaaktheid is die eerste vereiste om dit te bereik. Maar die mens sal eers strewe wanneer hy homself sal sien as `n onvolmaakte wese. Maar hierdie insig ontbreek by die mense, en wel omdat hulle nie `n hoogs volmaakte Wese wil erken nie, omdat hulle so `n Wese - die ewige Godheid - nie in ooreenstemming met hul denke kan bring nie, en omdat hulle nie in voeling is met hierdie hoogs volmaakte Wese nie.

Selfs wanneer hulle oor God praat en voorgee dat hulle in Hom glo, vorm hulle nog nie `n korrekte begrip van Sy grootte en volmaaktheid nie, omdat hulle nog nie ernstig daaroor gedink het nie, naamlik hoe klein hulle teenoor hul Skepper is en hoe onvergelykbaar verhewe die hoogste Wese is, aan wie alle mag ter beskikking staan in die hemel en op die aarde. Eers `n innerlike bespiegeling daaroor, deur hom innerlik te verdiep in die bewys van die goddelike Liefde, Wysheid en Almag, wat in elke skeppingswerk vir die mens sigbaar word, laat hom `n vermoede kry van sy eie ontoereikendheid en onvolmaaktheid, omdat hy nou eers bewusword van die volmaaktheid van God. En dan eers begin daar vanaf die kant van die mens `n strewe, wanneer hierdie insig hom daartoe aanspoor, wanneer hy vurig daarna verlang om die hoogste en suiwerste Wese gunstig te stem teenoor homself, as hy die Liefde en die welbehae van hierdie Wese sou kon verkry en nou sy bes doen om volmaak te word. Want eers `n bewuste strewe laat hom volmaak word.

Nou eers word die afstand na God kleiner. Die mens sien homself nou as `n skepsel van die volmaakste Wese. Hy sien homself as `n wese wat oorspronklik ook volmaak was en wie se einddoel weer die oertoestand is. Hy weet dat sy afval van God hom ook die onvolmaaktheid opgelewer het en hy weet ook dat die terugkeer na God slegs kan plaasvind in die toestand van volmaaktheid, dat dit hom eers die naby aan God laat kom en dat hy slegs deur volmaaktheid tot die aanskoue van God kan kom, omdat die eenwording met God `n aanpassing by die hoogste en suiwerste Wese vereis. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205