BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 369

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die wil vir die goeie - Meer krag

2917 Die wil vir die goeie sal ook meer krag na die siel laat vloei om die begeertes van die liggaam te oorkom. Want daar word met die vrye wil van die mens rekening gehou. Die kragstroom in ooreenstemming met hierdie wil, sal sterker of swakker wees. Die oordrag van krag deur die ligdraers is op aarde, net soos in die geesteryk, van verskeie sterktes, omdat die siel haarself eers heeltemal daarvoor moet oopmaak om dit in ontvangs te kan neem. En die oopmaak is altyd eerstens die gevolg van die wil. En gevolglik sal die wil wat op die goeie - dus op God - gerig is, elke kragstroom sonder weerstand in ontvangs neem.

Die mens sal bereid wees om te ontvang wat die Liefde van God hom aanbied. En dan kan die siel ook meer volwasse word. Sy kan haar by die Gees in haarself aansluit, ongehinderd deur die liggaam. Sy sal geen teëwerking te vrees hê nie, omdat die liggaam hom ook by hierdie strewe aansluit en vir die versoekings deur die wêreld nie meer so toeganklik is nie, hoewel hy nog dikwels daarmee gekonfronteer word, om die sterkte van die wil te beproef en te vergroot. En hoe minder weerstand daar gebied word teen die werksaamheid van die ligdraers, des te meer suksesvol sal die wandeling oor die aarde vir die siel wees, want sy begin haar kettings losmaak.

Sy streef na die vryheid van gees en sy benut die laaste tyd van haar lewe op aarde slegs om die materie te oorwin, wat haar ook `n makliker loskom van die vorm oplewer wanneer haar lewensweg op aarde beëindig word. Maar die mens kan oor homself besluit. Hy kan homself na elke krag wend, na beide die goeie of die slegte. Hy word nie hierin verhinder nie, maar slegs in liefdevolle sorg gelei, sodat dit vir hom maklik sal wees om homself na God te wend. Maar of hy die goeie in homself tot ontplooiing sal bring, is afhanklik van sy wil. En daarom is hy ook verantwoordelik vir sy wil. Hy is as te ware die vormer van sy wil en moet ook die gevolge op homself neem. Want dit word hom ook in alle lewensomstandighede bygebring, dat en waarom hy vir God moet kies in die laaste stadium van sy ontwikkeling.

Hy is nie sonder kennis daaroor nie, want as die kennis hom nie van buite gegee word deur onderrig vanuit die goddelike Woord nie, kan hy dit ook binne-in homself verneem deur die stem van sy gewete, wat hom aanvanklik hard en verneembaar onderrig, maar wat ook deur sy eie wil stilgemaak kan word. Maar ook kan die siel die liggaam willoos maak, d.w.s. die begeerte daarvan heeltemal by die begeerte van die siel aanpas, dan gebruik die siel die wil vir die goeie. Dan sal sy voortdurend omhoog strewe en oordrag van kragte uit die geesteryk in ontvangs neem, wat haar geestelike voltooiing tot gevolg sal hê. Want die krag uit die geesteryk voer onomstootlik omhoog. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205