BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 143

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Insig in die verganklike en onverganklike

1500 Dit is buitengewoon belangrik om op hoogte te wees van die verganklikheid van al die aardse en van die verantwoordelikheid teenoor dit wat onverganklik is. Dit ontbreek die mense aan bewyse vir die onverganklikheid van die siel, hulle probeer daarom alles te verflou of te verloën wat die onverganklikheid van die siel veronderstel en hou dus weinig rekening met hierdie onverganklikheid. En dit is die gevolg van die onwetendheid dat daar naas die aardse lewe `n geestelike lewe gelei kan word en dat hierdie geestelike lewe die mens eendag `n onverganklike resultaat sal oplewer.

Slegs die geestelike lewe is belangrik, alhoewel dit skynbaar slegs `n begeleidende lewe is vir die aardse bestaan. Die aardse lewe kan wel gelei word sonder enige verbinding met die geestelike, maar dit is heeltemal nutteloos vir die ewigheid. Maar wanneer die mens sy aandag rig op die onsterflikheid van sy siel, kan hy met hierdie faktor rekening hou en aanvaar hy al bewustelik die verantwoordelikheid vir sy siel. En sy inspanning sal nou daarop gerig wees om geestelike skatte te versamel, want hy sien nou die waardeloosheid van aardse besit in, omdat hy weet dat niks daarvan duursaam is nie, maar dat dit volgens die goddelike wet moet vergaan.

Dus hou hy hom by wat hy as onverganklik sien, d.w.s. hy probeer hom dit sy eiendom te maak. En iets onverganklik is geestelik, dus soek hy die geestelike en vind dit ook, want God ondersteun hierdie plan, omdat dit aan die eintlike doel van die aardse lewe beantwoord. As die mens dan eenmaal op hoogte kom van wat waardevol is vir die ewigheid om na te strewe, dan word die verantwoordelikheidsgevoel teenoor die siel steeds sterker in hom en hy leef dan m.a.w. `n tweede lewe, wat heeltemal geskei is van sy eintlike aardse lewe. Hy bring geestelike verbindinge tot stand, hy laat sy gedagtes omhoog swewe in die geesteryk, hy uiter hom teenoor die geestelike wesens, hy vertrou hom aan hulle toe, hy vra om uitsluitsel en raad en laat hom deur hulle onderrig en hy doen alles om sy geestelike kennis te vergroot. Hy streef dus bewustelik na die onverganklike en in dieselfde mate sal hy die aardse lewe, d.w.s. alles wat verganklik is, leer verag. Hy is dus nog op die aarde, maar bevry hom egter van die las wat die aardse bestaan inhou en is heelwat meer in die gebied van die geestelike as op die aarde.

Daarom moet die mens eers kennis gegee word oor die waardeloosheid en onbeduidendheid van alles wat hy kan waarneem en vashou en tegelykertyd moet geestelike kennis aan hom voorgehou word, sodat hy nou self kan kies welke lewe vir hom aantrekliker is. Hy moet die skatte van die wêreld opgee, hy moet sy begeertes anders probeer stil as met aardse genot. Hy moet dit gewilliglik opgee om geestelike genietinge te kan ontvang.

Dit moet vir homself duidelik wees dat die siel slegs bedag moet wees op die onverganklike gedurende haar bestaan op aarde, maar dat daar nie tegelyk aan beide voldoen kan word nie, dus om onverganklike goedere te ontvang en ook aardse goedere te begeer nie. Die een moet opgegee word om die ander te kan ontvang. Die mens moet kies, hy moet sy wil werksaam laat word en hierdie kan slegs uitgaan óf na wat aards begerenswaardig is óf na die rykdom van die siel. Die mens moet kies tussen verganklike en onverganklike goedere.

En wie se gees die waarde van onverganklike goedere insien, sal geseën wees. Want dit sal nou ook vir hom duidelik word dat die strewe daarna die mens gelyktydig ook die nabyheid van God oplewer. En hy sal die verbondenheid met God bemerk wanneer hy geen ag slaan op die verganklike nie en slegs probeer om hom te verryk met geestelik besit. Die toestand van sy siel word aanmerklik vryer, omdat die materie, dus dit wat aardse waarde is om na te strewe, nie meer begeer word nie en gevolglik oorwin is; dus word die boeie van die siel verbreek deur die begeerte na die onverganklike, na geestelike besit. En hierdie vryheid lewer `n onvergelykbare resultaat op.

Hy word in sy ongebonde toestand onvoorstelbaar lewendig en soek verbinding met die geestelike. En die vereniging hiermee besorg hom wysheid en lig in die vorm van kennis, waarmee hy sy siel nou weer vertroud wil maak. Die mens word dus binnegelei in die waarheid en dan het die siel deel aan alle geestelike rykdom, want hy ontvang geestelike krag, wat die gees uit God deur vermeerdering met die geestelike gestuur word. So sal `n goddelike gees deurdringde siel onherroeplik hoër beweeg daardeur, want haar doel moet wees om `n so hoog as moontlik geestelike vlak te bereik, wat nou bereik is deur die oorwinning van alles wat deel uitmaak van die aarde, dus verganklik en wat daarom waardeloos is vir die ewigheid. Hierdie vermeerdering van die geestelike beteken die vryword uit die vorm en dus word die siel van die mens verenig met die Gees uit God, sy is dan waarlik onverganklik, d.w.s. sy leef in ewigheid. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205