BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 432

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

God se magtige stem – Die einde van die oorlog

3318 Luid en indringend sal die Stem van God weerklink en die lot van die volkere sal beslis word, want God self sal die vonnis uitspreek deur die kragte van die natuur. En teen sy regspraak sal niemand hom kan verset nie, want dit sal regverdig wees en die mense tref wat hulself skuldig gemaak het aan groot ellende en wat hul onreg nie wou insien nie.

Dit sal `n buitengewone hartseer gebeurtenis wees waarin talle mense hul lewens sal verloor, tog is dit onvermydelik, want mense word nie meer geskok deur enigiets wat deur menslike wil bereik word nie, gevolglik sal hulle afgeskrik moet word deur `n gebeurtenis wat nie deur menslike wil afgewend of beëindig kan word nie en wat enorme angs sal genereer, want almal sal gekonfronteer word deur die dood en sal hulself moet voorberei op hul einde. En hierdie gebeurtenis kom steeds nader, dag na dag gaan verby, maar die mensdom verander nie en God se verdraagsaamheid aarsel nog om die mense die geleentheid te gee om om te draai voordat Sy stem weergalm.

Maar dan sal wêreldgebeure ook stadig tot `n einde kom, omdat die natuurramp besig sal wees om plaas te vind, omdat die aarde se binneste in beroering gaan kom en slegs wag vir God om aan die magte van die natuur hul vryheid te verleen, sodat hulle hul uit hul boeie kan bevry. Want die mense wil nie ophou nie, dus gryp God in en maak `n einde daaraan.

Die verskriklike aktiwiteite sal ophou, maar die gevolge sal veel erger wees, want die mens sal verskriklike teenspoed ervaar en sal alles verloor en radeloos wees teen die ontketende kragte van die natuur. Hulle sal die woede daarvan nie kan ontsnap, belemmer of verminder nie, hulle sal oorgelaat wees aan die genade van die natuur en sal net een Verlosser hê aan Wie hulle hulself in hul dringende nood kan toevertrou, tot Wie hulle om hulp kan roep en Wie die krag sal hê om hulle te help.

Maar slegs weiniges sal Hom erken en aanvaar, slegs weinig sal skuldig voel en nederig wag op sy oordeel in die besef van van hulle sondigheid. En oor hierdie weiniges sal God Hom ook ontferm gedurende die ure van verwoesting, wat deur die goddelike wil sal plaasvind, omdat daar geen ander manier is om die geestelike nood op te hef nie en omdat die aardse nood voortdurend deur die menslike wil sal toeneem. En omdat mense geen einde daaraan sal maak nie, bepaal God die einde van `n stryd (oorlog) wat die hele wêreld in beroering gebring het. En daar sal 'n gil van verskrikking oor die aarde galm, wat die mense sal laat verstar. Want die omvang van die rampspoed sal hulle laat verstar en hulle sal in vrees sidder vir 'n herhaling.

Dit is God se bedoeling dat die hele mensdom sal deel daarin, dat hulle sal luister na Sy oordeel en dat diegene wat skuldig is, God se geregtigheid sal herken. Want elke vegtende party sal steeds glo om self reg te wees, slegs mag sal aanvaar word en nie die wet nie, en God se seën kan nie rus op dade wat verwerplik is nie, omdat dit teen die goddelike gebod van die liefde indruis. En God sal die mense straf op dieselfde manier as wat hulle self opgetree het, behalwe dat sy werk van vernietiging baie kragtiger sal wees, sodat hulle Hom daardeur sal herken.

Selfs die steeds gebinde geeste sal hul verontwaardiging uitdruk, omdat hulle uit die goddelike orde geruk is en sal hierdie toestand as pynlik ervaar, want alhoewel hulle deur die menslike wil vrygestel is, sal hulle nie in staat wees om hul vryheid te geniet nie, aangesien dit nie die vryheid van volmaaktheid is nie, want die geestelike substansies word die geleentheid ontneem om aktief te wees en sal in opstand kom daaroor.

Hulle sal egter besig wees waar die geleentheid hom ookal sal voordoen. Maar bo alles sal hulle aansluit by ander geeste wat nog steeds gebonde is en probeer om hulle te oorreed om ook hul omhulsel te breek en sal hulle daarmee help. Daardeur wil hulle die mense dwing om weer konstruktief aktief te word en om hulle te voorsien van die geleentheid om nuwe skeppings te betree, ten einde voort te gaan met hul proses van ontwikkeling.

God sal nie die geeste teëhou wat deur die menslike wil vrygestel word nie, Hy sal ook Sy toestemming gee wanneer die materie binne-in die aarde begin beweeg, wanneer die geestelike substansies na die lig sal streef en poog om hulle omhullings te breek. God sal Sy wil vir ’n kort tyd terugtrek en die geeste vrye teuels gee, wat egter as gevolg van hulle volledige onrypheid `n werk van vernietiging op enorme skaal sal veroorsaak. En so sal menslike vasberadenheid gekonfronteer word deur `n ander wil, wat sterker is as eersgenoemde, wat skynbaar geen goddelike liefde en wysheid het nie en God se volle goedkeuring dra.

Nog sal die mense nie voor God buig nie, hulle sal nie hul stryd van vernietiging stop nie, hulle sal met duiwels besete wees en sal hulself laat dryf deur hulle, hulle sal meer en meer verslaaf word deur die bose mag en sal dit deur hulle werke en optrede bewys. En om `n einde te maak aan hierdie verval, sal God se wil en almag intree, in `n voor die hand liggende aksie. Hy sal die aarde skud en daarmee saam die mensdom, sodat hulle tot hul sinne kan kom en verander. Want dit sal die laaste tyd wees wat nog vir die siele gebruik kan word. En dit is waarom God se stem kragtig sal weerklink, en Hy roep tot die mense: “Stop julle woede wat julle siele in die verderf insleep; verander julle weë voordat dit te laat is en onthou die Een Wie regeer oor hemel en aarde, Wie julle Skepper en Voorsiener is en Wie se liefde julle onder julle voete vertrap. Dink oor julle einde, want dit is baie naby”. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205