BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 166

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Strafgerig - Tyd van vrede - Gebreekte mag van die teenstander

1622 God se strafgerig is nie meer ver nie. Dit sal slegs nog `n kort tydjie duur en in hierdie tyd sal die wêreld nog baie ellende sien, baie leed en kommer moet dra en deur `n onnoemlike droefnis gaan, want die mens het by die kruis van Golgota verbygegaan en dus moet die mens dit self ondervind, hulle moet onnoemlike leed dra en so die sondeskuld delg, omdat hulle die geloof in Jesus Christus verwerp het, want God wil hulle nie in hulle toestand van ongeloof laat nie en gee hulle nog middele en weë om Jesus te vind.

Die leed wat oor die aarde gaan kom is te gering om te noem in vergelyking met die lyding aan die ander kant van hulle wat, sonder die geloof in Jesus, sterwe, wat Sy verlossingswerk nie erken het nie. Sy lyding en sterwe aan die kruis was die soenoffer vir die sonde van die mensdom. Maar wie homself afwend van die verlossingswerk, moet self boet vir hulle sondeskuld en hulself gelukkig ag, wanneer hulle dit nog tydens hulle lewe op aarde mag doen.

Sulke siele, wat hulself teen Jesus en Sy verlossingswerk versit, kan aan die ander kant onvoorstelbare kwellinge verwag. Groot leed op aarde kan hulle egter nog die weg tot Hom laat vind en Sy oorgrote liefde laat erken en die toestand van hulle siele kan by die oorlye nou tog so wees, dat hulle die kwellinge aan die ander kant nie hoef te verduur nie. Wanneer hulle egter ook deur die aardse leed geen geestelike vooruitgang bekom nie, dan was elke middel op aarde tevergeefs en God laat `n tydperk oor die mense kom, waarin alles uitgeroei sal word wat geestelik nie meer te redde is nie, waar `n skeiding tussen goed en kwaad sal plaasvind wat slegs diegene die lewe laat behou, wat hulself tot God bekeer het; maar wat alle God-vyandiggesindes wegneem.

Vooraf was aan die wêreld geopenbaar wat God verlang, hulle sal dus nie onwetend wees nie, maar hulle wil nie glo nie. En tot geloof kan hulle nie gedwing word nie, die ongelowiges egter sal sodanig om hulself heen gryp, dat God Syne sal wil beskerm teen die verderflike invloed van hierdie mense wat sigbaar onder die mag van die teenstander staan. Daarom sal Hy hulle mag breek en almal wat hulself teen Hom verset het, aan die vernietiging prysgee. Hy sal Sy wil terugtrek uit elke uiterlike vorm om die gees wat hulself teen hom verset - opnuut geboeid - die eindelose lang weg te laat aflê, want vir hierdie gees bestaan daar geen uitsig op hoëre ontwikkeling en verlossing aan die ander kant nie, omdat hulle wil nog volkome onder die invloed van die teenstander staan.

Daarom sal die strafgerig wat aanbreek `n volledige nuwe tydperk beteken. Wie dan die aarde sal bewoon, sal geestelik vooruitgegaan het en sal God bewustelik wil dien en sal die aardse weg gaan ooreenkomstig God se wil, want hulle sal nie meer so sterk deur bose magte in die noute gedryf word nie. Die erkenning van die Heer sal hierdie mense tot `n blye, in liefde tot God ontbrandende geslag laat word en die aarde sal ook van kommer en leed verskoon bly, want daar sal op aarde reeds `n tyd van vrede en geluksaligheid aanbreek en die mense sal mekaar in liefde dien en so, God welgevallig, na omhoog strewe.

En in hierdie tyd sal die teenstander weinig mag oor die mens hê. Dit sal van hom afgeneem word, deurdat alle gees wat aan hom onderworpe was, van alle vryheid beroof en opnuut in `n vaste vorm gekluister sal word; sodat die teenstander nie sy mag weer kan gebruik, alvorens hierdie wesens weer die stadium van die vrye wil bereik het nie, wat egter weer eindeloos baie tyd sal verg en hierdie tyd `n tyd van vrede op aarde genoem sal kan word. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205