BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 78

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Geestelike chaos - Wêreldoorlog – Die Voorloper van Jesus (9 Maart 1939)

801 Onveranderd sal aan die wêreld in vervulling gaan wat geskrywe staan, dat geen steen op die ander gelaat sal word nie, want in daardie dae sal die wêreld `n volledige ineenstorting beleef van alles wat duisende jare behoue gebly het. Al die tradisies sal teëgestaan word; dit sal `n ongekende chaos beteken, in geestelike sowel as in aardse opsig.

Die mense sal nie meer kan onderskei in hoeverre hulle menings reg of verkeerd is nie. Hulle sal hulself oewerloos laat meevoer en `n geestelike woestyn sal hul einde wees. Die uiteenlopendste gerugte sal opduik betreffende die Wederkoms van Jesus en `n reusagtige wêreldoorlog sal die mense tot in uiterste nood en vertwyfeling jaag. Maar die nood kan baie goed gestuit word deur die geloof in Jesus Christus, die goddelike Verlosser. Wie Hom deur sy aardse lewe tot Leier gekies het, wie Sy weg gaan, gaan alle bitterheid verby en in die beskutting van Sy liefde sal die aardse vallei met al sy verskrikkinge hom slegs vlugtig aanraak. Maar die nood sal onuitspreeklik groot wees vir almal wat nie die goddelike Heiland in hul harte dra nie. Die aardse leed sal vir hulle ondraaglik lyk, dit sal hulle kwel deur `n algehele verwarring van liggaamlike en geestelike aard.

Maar in die chaos sal `n Lig na binne straal wat almal wat in die Lig staan, met hoop en met troos vervul. Want in die dae sal `n “draer van die geestelike waarheid” onder julle opstaan, hy sal die Woord van Jesus verkondig en die mense met groot hoop vervul. Hy sal `n geweldige redenaar wees vir Jesus en sal Sy Wederkoms met alle ywer aankondig. En deurdronge van die liefde vir die mensdom sal hy die Woord predik wat Jesus Self op aarde geleer het. Hy sal die Voorloper wees van Jesus, maar wanneer sy uur aanbreek, sal die mense hom verhinder om sy missie te vervul. Die wêreld sal belangstelling vir sy aardse lot toon en gedeeltelik sal hulle sy bestemming en sy werk volgens God se wil erken. Maar die grootste deel van die mensdom sal hulself in die donkerste geestesnag bevind en sal sy vernietiging eis. Gedurende daardie tyd sal die aarde skielik begin dreun en God sal die mensdom met `n onverbiddelike Stem waarsku en vermaan om te bekeer en op hulle sieleheil bedag te wees, want die leed op aarde sal `n groot omvang aanneem en daaraan sal julle al kan sien hoe naby die uur van die oordeel is. Julle moet in julleself keer en aan God dink, wat hierdie tyd steeds in Woord en Geskrif vir julle verkondig het. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205