BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 442

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Ligwesens beïnvloed die gedagtes

3354 Sodra `n ligdraer in die hiernamaals, `n wese wat kennis het, inslag kan vind by `n mens, sal hy steeds in sy nabyheid bly om elke gedagte te beïnvloed, om hom dus voortdurend te onderrig. Maar steeds sal die wil van die mens deurslaggewend bly of die pogings van die ligwese sukses sal hê. Want ofskoon die wese vol krag is en geheel en al besit sou kon neem van die denke van die mens, sal die mens nie in sy wilsvryheid beperk word nie, dus sal kennis nooit teen sy wil oorgebring word nie.

En daarom verg onderrigting van die kant van die ligwesens oormatige geduld. Hulle moet weer en weer die gedagtes van die mens op `n bepaalde tema rig waaroor hulle bereid is om opheldering te gee en hulle mag nie ongeduldig word wanneer hierdie gedagtes afdwaal nie. En daarom moet hul liefde vir die mense groot wees, sodat hulle steeds weer begrip kan kry vir hul swakhede en nie sal ophou om te poog om die mense geïnteresseer te kry in geestelike kennis nie.

En daarom sal `n mens wat in die mees innerlike verbinding met die ligwesens staan, ook `n ander gedagtewêreld hê, hy sal, ofskoon hy nog nie onderrig is nie, baie nadink oor geestelike temas en hierdie nadenke sal hom bevredig, omdat dit vir hom antwoorde gee wat hom geval. En dan kan die ligwesens tot aksie oorgaan, hulle kan te alle tye in die gedagtegang van die mens tussenbeide kom, hulle kan hul denke op die mense oordra. Maar dit hang van die bereidwilligheid van die mense af om dit aan te neem, of hul inspanning en geduld suksesvol sal wees, want hoe meer bereidwillig die mens is, des te opmerksamer luister hulle in hul binneste, d.w.s. slaan hulle ag op hul gedagtes, hulle laat dit nie dadelik los nie, maar verwerk dit en eers dan kan dit werksaam word, dus kan dit hom aktief laat word, om uit te voer wat vir hom deur gedagtes aangeraai was.

As die mens gehoor gegee het aan hierdie oordrag van gedagtes, dan sal die verlange ook by hom opkom om die gehoorde, dus dit wat geestelik opgeneem is, aan sy medemens oor te dra, want wat hom innerlik besighou, spoor hom ook aan om dit verder deur te gee. En dit is dan die voorbereiding van sy medemens om deur die ligwesens onderrig te word, want sodra iemand sy oor open vir dit wat aan hom meegedeel word, begin hy ook na te dink en dan kan die ligwese weer ingryp en voedsel aan sy denke gee in die vorm van vrae en ophelderinge deur gedagtes.

Elke mens is aan sulke ligwesens toevertrou, alle mense is deur hulle omring en hulle let op elke gedagte. En sodra die denke hom op geestelike sake rig, dus op dit wat buite die aardse lewe lê, wat nie die liggaam, maar die siel van die mens betref, poog die ligwesens om die denke op `n goeie weg te lei, deurdat hulle die regte kennis sal hê as antwoord op die vrae wat die mense besighou en hulle sal dit deur gedagtes toefluister, sodat hulle dit as van hulself uitgaande, aandag daaraan sal skenk en dit sal ook deur die goeie wil van die mens gewaardeer word. Want die gedagte word eers dan waardevol wanneer dit omgesit word in die daad, wanneer dit wat die mens deur gedagtes aangeraai word, ook uitgevoer word in ooreenstemming met die raad.

Maar by baie mense is die inset van die ligwesens sonder sukses, omdat hulle slegs aardse sake nastreef en nie vir geestelike arbeid of geestelike kennis ontvanklik is nie. Daar is die ligwesens dankbaar vir alle steun deur die mond van `n mens, want die ligwesens kan hulle nie openlik openbaar en kan ook nie die mens teen sy wil in die regte kennis inlei nie, inteendeel, dit hang steeds van die wil van die mens self af of hy die werk van die ligwesens toelaat of weier.

En die ligwesens is aan die wette gebonde, omdat die vrye wil van die mens onaangetas moet bly om die volmaak wording van die mens nie onmoontlik te maak nie. Daarom kan die regte kennis slegs vir die mense gegee word wanneer hulle wil self aktief word, deurdat hulle hulself dus ongedwonge aan die invloed van diegene sal oorgee wat as verkondiger van die lig, hulle met die regte kennis vertroud maak.

Dan eers kan die ligwesens wat hom omring ook by hom hul arbeid verrig, hulle kan hom deur gedagtes onderrig en hom uitsluitsel gee oor elke vraag wat hom sal besighou. En dan word hy voortdurend geestelik gelei en versorg en sy denke word op die regte baan gestuur, want die ligwesens beskik oor groot krag en mag as die wil van die mens hom nie verset teen hul inwerking nie. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205