|
BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE BERTHA DUDDE
Hoofstuk 272
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511. |
|
|
Voortydige verwoestings en die gevolge
2313 Vir alle materie is daar `n sekere bestaanstyd gestel vir die volwassewording van die gees wat daarin is, wat nie self deur die gees na willekeur verkort kan word nie. Slegs die wil van die mens is vry om die gees vry te maak van die materie, oftewel om die tydsduur van sy verblyf na willekeur te verkort, want die taak van die mens is om die materie te omvorm om weer nuwe dinge te skep, wat weer die blyplek van die gees kan word.
Dus is dit in `n sekere sin aan die vrye wil van die mens oorgelaat hoe lank die gees in `n bepaalde vorm sal bly. En hierdie wil sal ook die Wil van God wees, sodra die werk van die mens die omvorming van die materie behels, solank as wat die doel van sulke nuwe geskape vorms weer dienend raak. Alles wat deur menslike wil uit materie totstand gebring word, moet weer tot welsyn dien van die mensdom. Dan sal die tydsduur van die uiterlike omhulsel van die gees heeltemal ooreenstem met die Wil van God.
Maar as `n uiterlike vorm te vroeg opgelos word deur die menslike wil en daar aan die werk, wat nuut ontstaan, geen dienende taak gestel word nie, dan word dit `n ingryping in die goddelike ordening. Die ontwikkelingsgang van die gees word dus onderbreek, of die gees word tot `n taak gedwing wat geen enkele skepsel op aarde ten goede sal kom nie. Dan was die gees deur mensehande verhinder om volwasse te word om te dien.
Terselfdertyd matig die mens hom egter aan om skeppings voortydig te verwoes en verseker daardeur dat die gees in hierdie skeppings vrykom, wat op die hele geestelike lewe `n ongewone nadelige uitwerking het. Want die gees voel baie ongelukkig dat hy nog nie die vereiste volmaaktheid bereik het vir sy volgende beliggaming op aarde nie en probeer homself daarom op die mense afdwing, wat geen gunstige invloed vir hulle sal hê nie.
Die gees kan nie `n nuwe vorm bewoon alvorens die ou vorm nie heeltemal oorwin is nie. Gevolglik raak baie geeste in die komende tyd vry van hul uiterlike omhulsel en hul kan die mense so lank kwel, totdat hul tyd verby is en hul nou die nuwe vorm tot blyplek kan inneem. Die nog onryp geeste, wie se ontwikkelingsgang onderbreek was deur voortydige verwoesting van die materie, waarvan die rede die liefdeloosheid van die mense is, gebruik hul vryheid op `n manier wat die mense nie tot voordeel sal strek nie. Hy sal homself nog so lank in die verwoeste materie ophou as wat daar nog verwoeste dele te vinde is terwyl hy op sy nuwe omvorming wag.
Maar waar die materiaal onbruikbaar geword het, daar soek die gees na `n ander blyplek. Eerstens kwel hy die mens, na gelang die grootte van hul begeerte na besittings en stel hom weer aan hierdie mense voor as dit wat die mens verloor het, en poog dan om die begeerte op te roep en die wil aan te spoor om dieselfde te laat ontstaan, om homself weer daarin te kan beliggaam.
En dit beteken dikwels vir die mens `n pynlike toestand, omdat die moontlikheid vir die gees daartoe ontbreek. En hierdie pynlike toestand is die uiting van die onvolwasse gees, wat hulle op die mens wil wreek vir hul onderbreekte ontwikkeling.
Maar sodra die mens al sy krag insit om van hierdie verwoeste materie ontslae te raak, hou die lastigval van die kant van die gees ook op. Die instelling van die mens teenoor die materie sal maatgewend wees van hoe lank die gees homself in sy nabyheid sal ophou en hom bedreig. Hoe groter die begeerte was en nog is na materie, des te groter invloed het die gees en des te meer gebruik hy sy invloed om die begeerte van die mens nog meer te vergroot.
Waar dit nie deur menslike werk moontlik is om dinge te laat ontstaan om hierdie gees weer te omhul nie, bring hulle ander skeppings in die noute. Hulle probeer hulself daarmee verbind en om hul taak te beïnvloed, wat hulself uiter in verskynsels wat van die natuurlike afwyk, dus in onreëlmatighede wat in die besonder in die planteryk aan die lig kom. Die onvolwasse wesens gryp versteurend in die goddelike ordening in, sonder om deur God verhinder te word, sodat die mens kan insien dat elke werk van verwoesting, elke voortydige vernietiging uit onedele motiewe, ook weer `n verstorende uitwerking sal hê of in stryd met die wet is.
Die gees wat voortydig vryword, is nie kragteloos nie en kan in die vrye toestand steeds die gees, wat op gelyke of hoër trap van ontwikkeling staan, in die noute bring of beïnvloed. En hulle gebruik hul vryheid op `n manier, dat hulle hulself by hierdie gees aansluit en as te ware daarmee saam werksaam wil wees. Dus wil twee intelligensies hulle nou deur `n skeppingswerk uiter. Dit is wel steeds maar pogings, want die gees in die vorm verweer hul daarteen, maar tog word hulle in hul reëlmaat gesteur. En dit het afwykings tot gevolg, wat wel geen verreikende gevolge sal hê nie, maar wat tog merkbaar sal wees, want God laat die gees op hierdie manier wel vergoeding soek en vind, maar sal die ander skeppingswerke beskerm teen belangrike veranderinge deur sulke wesens wat nog heel onryp is.
Daardeur moet die mense herken dat elke oortreding teen die goddelike ordening dit so laat voel dat die goddelike ordening omvergegooi word en dat dit tot nadeel van die mens sal wees, óf deur vertraagde groei in die planteryk óf misoeste, óf ook invloede deur slegte weer, wat ook dikwels die reaksie is van sulke vrygeworde geeswesens in die natuur, in die wolke of in die lug. Baie dikwels is die oorsaak die menslike wil self, wat skeppingswerke voortydig verwoes en daardeur selfs die planteryk ongunstig beïnvloed. Want die vrygeworde gees bly nie werkloos nie, maar soek na nuwe vorme en `n nuwe werkterrein, ook wanneer hy nog nie die nodige toestand van volmaaktheid daarvoor bereik het nie, totdat hy `n omhulsel gevind het wat by sy toestand van volmaaktheid pas en sy ontwikkelingsgang kan voortsit. Amen.
|
|
|
|
|