BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 446

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die beëindiging van die stryd - 'n skeiding wat ruimte betref

3371 Wat vir julle steeds van nut sal wees, sal julle verneem, as julle julleself deur My Self laat onderrig en julle dus op My Stem sal let, wat sag en hoorbaar in julle sal klink. Julle het 'n uitermate verkeerde opvatting oor die verdere verloop van die wêreldgebeure, indien julle glo dat een van die strydende magte as wenner uit die worsteling te voorskyn sal kom. Want My Wil het dit egter anders bepaal, omdat nie die liggaamlike welsyn, maar die heil van die siele bevorder moet word en dit sal 'n totale omvorming van julle lewens vereis, wat egter slegs plek sal kan hê, wanneer alle aardse planne uitgedien is en die mensdom met 'n buitengewone gebeurtenis gekonfronteer word, wat haar denke sal ontstel.

'n Normale afloop van die worsteling van die volkere sou nie 'n verandering van die vertroude lewe tot gevolg hê nie. Tewens is geen van die strydende magte sonder skuld nie en dus kom die oorwinning ook geen mag regmatig toe nie. En daarom sal Ek ’n streep trek deur die planne van mense, ongeag die uitslag. Ek sal al hul verwagtinge ongegrond maak en Ek sal kom met 'n oplossing, wat niemand verwag nie en wat ook deur niemand as wenslik beskou sal word nie. Want Ek sal die stryd op 'n manier beëindig, sodat dit nie meer voortgesit sal kan word nie, selfs al sou die mense dit wil. Want Ek sal die strydendes ruimtelik van mekaar skei. Ek sal natuurlike hindernisse laat ontstaan, wat nie so maklik oorkom sal kan word nie. En Ek sal die mense dus elke geleentheid ontneem om nog verder strydend teen mekaar op te ruk. En dus word die worsteling tussen die volkere teenmekaar afgebreek. Daar sal geen beslissing wees nie, daar sal daar geen mag wees wat oorwin het nie. Inteendeel, die mensdom sal insien dat haar mag ten einde gekom het en dat die goddelike Mag erken moet word, wat al te duidelik herkenbaar sal wees na afloop van hierdie gebeure.

Ek sal die einde veroorsaak en tog daardeur die skuldiges gevoelig straf, want hulle sal self bedrieg voel in die sekerheid van hul oorwinning. Hulle sal verswak en sonder resultaat voel en sal teenoor groot ellende en groot armoede geplaas word. En hierdie einde het Ek al lank tevore bekendgemaak, sodat julle wat nog twyfel, daardeur van die waarheid van My Woord bewus kan raak. Ek sal 'n einde maak, wanneer daar van die kant van die mense, die hoogtepunt van wreedheid bereik is, sodat die wêreld daardeur kan insien dat daar 'n God in die hemel is, wat die sonde straf wat so openlik aan die lig gekom het, sodat hulle sal besef dat nie die mens die gebeure bepaal nie, maar Ek Self, en dit anders as wat die mense verwag het.

En hierdie uur is nie meer vêr nie. En daarom maak Ek My bekend aan diegene wat aan My ingryping glo en wat op die hoogte wil bly van My voorneme, wie Ek opdrag gee om die mense daarop te wys en wie Ek as profete onder die mensdom sal instuur. Want hulle moet vooraf gewaarsku word, omdat Ek nooit so 'n gebeurtenis oor die mense sal laat kom sonder om hulle daarvan in kennis te stel nie, sodat hulle ernstig aan hulle sieleheil sal kan dink en hulself voorberei. Want niemand weet wie daardeur geraak sal word nie. My ingryping sal ontelbare slagoffers eis, oral waar dit sal plaasvind. Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205