BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 329

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

God se weë is dikwels onbegryplik

2749 God se weë is vir die mense dikwels onbegryplik. Deur Sy Wysheid en Sy Liefde word die weë vir die mense uitgestippel, soos wat dit vir hul sieleheil nuttig sal wees, maar die mens is nie in staat om dit te herken nie, hy sien slegs die lyding, maar nie die seën van die lyding nie en hy sien ook nie die doel nie, veeleer kleef sy oë onophoudelik aan die weg wat dikwels onbegaanbaar lyk, hy sien net die klippe en mor en kla omdat God hom oor hierdie weg laat gaan.

En tog moet die mens weet dat God se Wysheid en Liefde hulle so die weg oor die aarde laat gaan, soos wat hul siele dit benodig. Want Hy is baie goed op hoogte van die toestand van die mens se volwassenheid, ook so oor die uitwerking van alle gebeure op hierdie toestand en dus beskik Hy alles wat vir die mense dikwels onbegryplik lyk.

Wanneer die mens uit eie aandrang in gevaar is om verkeerd te gaan, gryp God in tot sy redding, maar laat steeds nog die vrye wil aan hom oor, sodat hy nie die weg onvoorwaardelik moet gaan wat God aan hom voorgeskryf het nie, inteendeel kan hy volgens sy vrye wil gaan, hy word klaarblyklik slegs so gestuur sodat hy `n hoër leiding kan herken wanneer hy al die gebeure om hom heen bekyk.

Sodra hy vol vertroue raak, sal hy hom ook sonder teenstand oorgee aan die leiding van God en dan sal hy nie meer eis nie, maar sal hom gelate skik volgens die Wil van God, hy sal dus op die weg gaan wat God vir hom voorgeskryf het en ten slotte sal hy ook die Wysheid en die Liefde van God besef, sodra hy, volmaak van siel, aan die einde van sy aardse lewe sy weg oor die aarde terugblikkend oorsien.

Op dikwels wonderbaarlike wyse bring God mense saam wat mekaar moet help om opwaarts te gaan, omdat die een die ander nodig het vir sy positiewe ontwikkeling. Hy laat die mense gemeenskaplik deur die aardse lewe gaan, om aan hulle die moontlikheid te gee om mekaar in dienende liefde geestelik vooruit te help. Hy lei die mense in die mees uiteenlopende situasies in, waarin hulle volmaak kan word en dit sal steeds vir hulle onbegryplik wees, solank as wat hulle nie hul geestelike ontwikkeling insien as doel op aarde nie, want dikwels lyk dit asof God die geluk van die mens ruïneer, maar dan was hulle in gevaar om deur die aardse lewe ten gronde te gaan, d.w.s. hulle het te weinig aan hul siele gedink, wanneer die aardse hulle vurige verlange vervul.

Daarom sal die mens meestal aardse geluk moet opgee terwille van sy siel en sy lewenslot sal dikwels so vreemd wees dat dit vir hom moeilik sal wees om in `n God van Liefde en Wysheid te glo.

Maar die geestelike ontwikkeling is die sin en doel van die aardse lewe en waar dit in gevaar is, waar nie daarna gestreef word nie, het die mens dikwels `n harde ingryping van die kant van God nodig. Sy weë is dikwels vol klippe en dorings, maar dit voer omhoog. En geseënd is hulle wat hulle sonder teenspraak op sulke weë laat plaas en die weë, ondanks alle hindernisse aflê, totdat hulle die doel bereik.

Hulle kan te alle tye terug op die breë goed begaanbare weg gaan, d.w.s. hulle kan vir hulself hul weg oor die aarde aangenaam inrig volgens hulle vrye wil, maar God beskik die gebeurtenisse in die lewe van die enkeling so, dat hy enorme wilskrag sal benodig om dit baas te raak, wanneer hy hom aan die invloed van God wil onttrek.

As hy hom egter deur God laat lei, dan gaan hy skynbaar wel `n baie moeilike weg, maar steeds met die steun van God en kom sodoende ook by die doel uit. Want die hardheid van die lot laat hom die weg na God makliker vind, as wat hy ver van Hom af sou staan, en dan sal hy alle hindernisse oorwin en sal hy ook insien waarom hy so `n weg moes gaan; hy sal leer om te verstaan dat slegs die Liefde en Wysheid van God aan die werk is, Wie die lewensweg van alle mense bepaal om hulle siele te red van die ewige verderf. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205