|
BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE BERTHA DUDDE
Hoofstuk 158
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511. |
|
|
Reïnkarnasie - Geestelike aanskoue
1587 Kyk na die sterre aan die hemel, aanskou die uitspansel en laat julle gedagtes dwaal in die oneindige heelal wat skeppingswerke in `n onvoorstelbare hoeveelheid bevat. Die mens is teenoor hierdie skeppingswerke slegs `n nietige skepsel. So lyk dit wel en tog is die hele skepping daarvoor bestem om die gees eerstens met verblyf op aarde as mens voor te berei. Die hele skepping is dus in `n sekere sin vir die mens die middel tot die doel. Die skeppingswerke moes eers die gees tot `n sekere volwassenheid bring, sodat hy dan kon woon in die vlees om in hierdie stadium die gang oor die aarde te kan beëindig. Dit was `n oneindige lang weg op aarde, wat egter nou tot `n einde gekom het, ongeag hoe die siel haar gevorm het, of sy haarself nou in `n toestand van hoë of lae volwassenheid aan die einde van haar lewe op aarde bevind. Die wese het dus sy taak op aarde vervul, ongeag die resultaat, en niks kan egter meer die feit verander dat die gang oor die aarde nou definitief afgelê is wanneer die liggaamlike dood die siel van die liggaam skei nie.
Nou gaan die siel die ryk aan die anderkant binne, wat nou vir haar die ryk van lig kan wees, maar ook `n verblyf sonder lig, as die aardse lewe nie benut was nie. Dit sou nou `n daad van oneindige wreedheid gewees het as die siel ewighede lank in haar troostelose toestand gelaat moes word, as sy geen enkele geleentheid meer gebied sou word om dit wat sy op aarde versuim het, te kan inhaal wanneer die vrye wil verkies om die verblyf sonder lig te ruil vir `n gebied met meer lig nie.
En dus word die siel ook in die hiernamaals geleentheid gebied om haarself te bevry. Dit word aan haar oorgelaat om `n werkkring vir haarself te soek, wat haar dieselfde geleenthede sal bied om die siel positief te ontwikkel, net soos op aarde, of om ook alle sodanige moontlikhede af te wys en te bly in die toestand sonder lig. God het ontelbare skeppings laat ontstaan, juis met die doel vir verdere ontwikkeling van sulke onvolmaakte siele, ver verwyderd van menslike kennis en wat ook nooit verstandelik deurgrond kan word nie.
En wanneer daar dus van `n reïnkarnasie gepraat word, is dit wel korrek, maar dit sal egter nooit plaasvind op dieselfde aarde wat die siel van die mens eens vrygelaat het nie. Die skeppings van God bevat almal wesens wat nog daarna strewe om opwaarts te gaan. Slegs die volmaakte wesens, die ligwesens, het geen skeppingswerke meer nodig vir hul taak of saligmakende besigheid nie. Slegs solank as wat die gees nog gebind is, d.w.s., homself nog nie losgemaak het van die materie nie, is sy blyplek op `n deur God sigbaar in die heelal geplaasde skepping, volgens die toestand van sy volwassenheid, egter steeds buite die aarde, want die verblyf hierop kom met die liggaamlike dood ten einde. Die goddelike skeppings het in so baie ondenkbare variasies ontstaan, dat al die onvolmaakte wesens ooreenkomstig hul toestand van volwassenheid, die moontlikheid het om voortdurend aan hulself te werk en die werk van selfverlossing, wat op aarde begin of nagelaat is, voort te sit of om daarmee te begin. Dit sal steeds daarom gaan, naamlik hoe sterk die wil van hierdie wesens is om by die lig uit te kom, in hoeverre die wese dus verlang om die huidige toestand en omgewing te ontvlug om in sfere met meer lig te kom.
Maar slegs die onbenutte tyd op aarde is nie meer in te haal nie, omdat slegs die verblyf op aarde met die korrek gebruikte wil die wese kindskap van God kan gee, wat op geen ander manier meer moontlik is nie, ofskoon die verlossing uit die duisternis en die binnegaan in die ligsfeer vir die wese ook `n onvoorstelbare toestand van geluk is, maar die pligte van hierdie wesens is anders as die van die ware kinders van God.
Wanneer die mens deur geestelike aanskoue `n blik neem in die werksaamheid van worstelende en ook verloste wesens, dan is hulle tog nie in staat om die graad van lig te besef en nog baie minder die blyplek te herken waarin die siele hulself nou ophou nie. Dit is dus die werksame siele, in soverre hulle `n begeerte het om opwaarts te gaan en hierdie werksaamheid word verkeerdelik as aardse werksaamheid beskou. Daaruit word dus die verkeerde gevolgtrekking gemaak, naamlik dat hierdie wesens hulle weer op aarde bevind. Daar is geen wesentlike kenmerke wat die huidige blyplek karakteriseer nie; die geestelike toeskouer sien meer die eintlike werksaamheid van die wesens as hul omgewing en hierdie omgewing is vir die toeskouer slegs vaag te onderskei. Ook stem dit ooreen met die toestand van lig van die wese en is gevolglik heeltemal verskillend, egter steeds aangepas by die toestand van volwassenheid en by die begeerte van die wese.
As die geestelike nog erg aan die aarde gebind is, d.w.s. nog met al sy sinne die aarde en haar goedere aanhang, dan sal sy omgewing ook sulke vorme aanneem, want die wese skep self hierdie omgewing, beantwoordend aan sy begeertes. Daarom kan die siel wel in aardse hoogtes vertoef, sonder om egter nog met die aarde verbind te wees. Die omgewing sal hom aanpas by haar begeerte en toestand van volwassenheid, maar steeds net in haar idees, wat egter die gees as werklikheid aansien en wat daarom foutiewelik gaan dink dat hierdie wesens weer na die aarde kan terugkeer en hul dus weer mag beliggaam op aarde. Nooit kan onvolmaakte wesens hulle op die aarde in eie reg herstel wanneer hulle die weg oor die aarde gedurende ondenkbare lang tye afgelê het en nou as mens, met die dood van die liggaam, die bestaan op aarde voltooi het nie. Wat hulle aan die anderkant kan verwag, in `n ryp of onryp toestand van die siel, is `n geestelike belewenis heeltemal buite die aarde, want die hele heelal is vol skeppings wat daarvoor bestem is om hierdie wesens in die heelal te vorm, sodat die wesens hulle van alles wat hulle nog belastend omsluit, kan bevry. En as die lewe op aarde nie die verlossing aan hierdie wese gebring het nie, moet hy deur God deur verdere skeppings gaan, sodat hy uiteindelik die lig sal bereik om in die nabyheid van God sy ewige geluksaligheid te geniet. Amen.
|
|
|
|
|