BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 408

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die taak van die dienskneg wat die Woord direk ontvang

3241 My Woord kan maar aan weinig mense direk oorgedra word, want slegs weinig glo dat Ek Self met mense praat en hierdie geloof is absoluut noodsaaklik om My in staat te stel om myself in `n persoon uit te druk. Mense het nie geloof in My werk, in My almag en liefde nie, en dus kan Ek Myself ook nie aan hulle deur die Woord bekend maak nie, want om in staat te wees om My Woord te hoor, moet die mens se gees lewend wees, aangesien dit deel is van My, en kan homself dus nie manifesteer in die Woord waar Ek nie erken word nie, waar die geloof in My onvoldoende is. Maar diegene wat My Woord hoor en met wie Ek direk kan praat word deur My benodig in die wêreld, want hulle het `n groot taak. Hulle moet die geloof in My onder die mense opnuut laat ontstaan, hulle moet diegene versterk wat nog swak in die geloof is, hulle moet My verkondig en van My Liefde, almag en wysheid praat, hulle moet My naby aan mense bring en hulle verwys na die Woord wat hulle in staat is om self te hoor.

En so sal hulle namens My praat waar My stem nie meer gehoor kan word nie. Ek wil self deur hulle praat, want goddelike werking word nie erken nie, maar dit is noodsaaklik dat mense ingelig moet word oor My wil, dat hulle vermaan word om volgens My orde te leef, dat hulle ingelig sal word van die gevare, wat die gevolg is van `n lewenswyse teen My orde en dat liefde voortdurend aan hulle verkondig moet word, sodat hulle die afstand van My sal verminder en in staat sal wees om te glo en My Woord self te hoor. Die arbeiders in My wingerd is nie baie nie, want die mensdom soek aardse beloning vir hul diens, maar diegene in My diens moet werk vir `n geestelike beloning en hierdie vergoeding is nie aantreklik vir die voormaliges nie. Tog ontvang die paar in My diens veel meer as wat hulle afstaan, want hulle is dienaars van `n God wat al die skatte van die hemel en die aarde tot sy beskikking het, Wie die mag het om alles te gee en Wie in Sy liefde, Syne voorsien met `n oorvloed van ewige geskenke wat uitstyg bo alles wat die wêreld in staat is om aan te bied. Diegene wat My wil dien, kan verseker wees van My Liefde, en Ek bewys hierdie liefde van My deur met hulle te praat soos wat `n vader met sy kind praat, maar op `n manier wat tot voordeel van sy siel sal wees, want nie alle mense is in staat om My Liefdevolle Woord te verdra as Ek My volle oorvloed van liefde bysit nie, en nie almal is volwasse genoeg om My hoorbaar te hoor nie; maar slegs hulle wil om My te help, stel hulle in staat om My Woord te begryp, ongeag in watter vorm Ek dit aan hulle stuur.

My Woord is die teken van My Liefde, maar My Woord is ook die getuienis van My almag vir `n persoon wat nog swak in die geloof is. Want Ek, hoewel onsigbaar vir julle mense, openbaar Myself deur My Woord, wat die ewige waarheid is en sal ook as sodanig erken word, so gou as wat julle in My glo. Maar deur My Woord wil Ek ook bewyse lewer aan die ongelowiges deur dinge te voorspel wat hulle sal ervaar en wat hulle dus in staat sal stel om My waarheid te erken. Terselfdertyd sal Ek hulle ook die bewys van My almag gee, want die komende gebeurtenis sal nie deur mense bereik word nie, maar sal geheel en al My werk wees en daarom sal dit baie mense help om in My te glo.

Dit is die rede waarom Ek My knegte opdrag gee om My voorspellings ver en wyd te uit te dra, want My Liefde geld vir diegene wat nie in staat is nie of wat swak in die geloof is, en ten einde hulle te help, sal Ek Myself vooraf sigbaar manifesteer nadat Ek dit vooraf aangekondig het. Ek verleen die genade om My Woord te hoor aan diegene wat dit wil ontvang, wat My en My Woord met hul hele hart begeer en hulle nederig aan My wil onderwerp. Hierdie genade stel egter die persoon in staat om volwasse te word as hy in homself gevolg daaraan gee. En My Woord is die mees doeltreffende middel van genade, want die siel van iemand wie My Woord het en daarvolgens leef, sal ten volle volwasse kan word op aarde.

Julle moet dus dankbaar wees dat julle My kan hoor deur middel van `n persoon wat My toelaat om met hom te praat, wie dus in My glo, in My werk, My Liefde en almag en wie dus innerlik luister na wat Ek vir hom sê. Julle moet hom nie hoor nie, maar hoor My in elke Woord wat julle bereik, julle moet sorg dat die genade van krag word in julle, julle moet sterk in die geloof word en probeer om julle medemens te motiveer om geloof te kry deur hulle in te lig van die hemelse Vader se sorg vir Sy kinders wat geval het en wat nie meer in staat is om Sy stem te hoor nie. Maar julle moet My diensknegte as My boodskappers ontvang wat die genade van God aan julle wil oordra, wat vrede aan julle wil bring indien julle van goeie wil sal wees. Gee aandag aan hulle woorde en julle sal My stem hoor, voldoen daaraan en onderwerp julleself aan My wil. My knegte is egter geseënd en word deur My voorberei, want hulle werk in My wingerd. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205