BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 385

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Voortydige afsterwe - die laaste genade

3169 Ontelbare siele gaan met hul afsterwe in `n onvolwasse toestand oor na die geesteryk en daarom is hulle lot nie baie benydenswaardig nie. Die ligryk is vir hulle gesluit en hulle is in `n omgewing wat ooreenstem met hul onvolwasse toestand, maar wat hulle in geen geval van hou nie, want in hierdie siele is die eieliefde besonder sterk ontwikkel, daarom het hulle ook op aarde weinig liefde vir die naaste gehad en kon nie `n hoë graad van ontwikkeling bereik nie.

Die eieliefde laat haar nou haar onvolmaakte lot besonder swaar voel. Want nêrens kry sy bevrediging nie. Haar eie begeerte stel haar wel alles wat sy ook maar wil voor die gees, maar sodra sy dit probeer aanraak, besef sy dat dit slegs drogbeelde is. En die besef is `n des te groter foltering, hoe meer sy die aardse goedere begeer. Sy het in haar lewe op aarde nog nie die materie oorwin nie en neem die begeerte daarna saam na die hiernamaals. Gevolglik het sy ook nie die behoefte om uit te deel en die siele gelukkig te maak wat in haar lot deel nie, omdat sy ook op aarde weinig medelye gehad het met die leed en die sorge van haar medemens.

En tog verleen God ook nog genade aan hierdie siele en gee Hy hulle weer geleenthede om hulself te ontwikkel, sodat hulle ook in die hiernamaals tot nog groter volwassenheid kan kom. Want deur hulle verlange na die aarde, wat by alle onvolwasse siele `n eienskap is, bly hulle hoofsaaklik nog in die nabyheid van die aarde. En nou kan hulle die deur mensehand verrigte verwoestings sien. Daardeur sien hulle die onwaardigheid van aardse goedere in. Hulle sien die wêreldse nood op aarde en kan hulself selfs daardeur genoop voel, om hulle te wil help om tot uitdrukking te kom. En by enkele siele dra die aardse nood dus by om hul denke te verander. En hulle sal nou die eieliefde oorwin en sal aan die begin van hul positiewe ontwikkeling in die hiernamaals staan.

Hierdie genade word vandag nog deur God aan ontelbare mense verleen. Die liefdeloosheid van die mens bring dus wel hul aardse einde nader, omdat die lewe op aarde nie gebruik was ten behoewe van die positiewe ontwikkeling van die siel nie. Maar tog kan die siele van die gestorwe mense hulle nou nog in die nabyheid van die aarde ophou, om dan by die aanskoue van die leed en die ellende van die mense, hul gesindheid te verander, om die onwaardigheid van aardse goedere in te sien en die begeerte daarna te onderdruk.

Maar as die eieliefde buitengewoon sterk is, dan sal hierdie aardse nood ook nie daartoe bydra dat sy verander nie. Dan sal die verlange na die goedere van die wêreld net nog sterker word. En die eie fantasie sal alle sake waarna die wese vurig verlang, vir haarself voorspieël. Maar dan sal die toestand ook uitermate folterend wees en sal die siel in die grootste gevaar wees om haarself negatief te ontwikkel en die laaste genade in die ryk hierna nie meer gebruik nie. Die gevaar is groot en tog is die afsterwe voor die laaste einde vir sulke onvolwasse siele nog `n genade, want daarna bestaan daar geen moontlikheid meer om in die hiernamaals volwasse te word nie, ondanks die lae graad van volwassenheid.

Daarom is die voortydige afsterwe `n bewys van die goddelike Liefde wat nog graag aan sulke siele redding wil bring, omdat hulle in die lewe op aarde gefaal het. Dit is `n laaste middel om hulself te verander tot liefde. En God sal geen middel onbeproef laat om nog redding te bring aan al die wesens alvorens dit te laat sal wees nie. Maar hoe hulle hierdie hulpbronne sal wil gebruik, word aan hul vrye wil oorgelaat. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205