BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 484

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Vormgeloof - Oortuigende geloof

3529 In tye van die grootste nood sal die geestelike toestand van die elke mens duidelik word, in soverre, dat sy geloof óf heeltemal versterk sal word, of heeltemal verlore sal gaan, indien dit voorheen slegs 'n vormgeloof was wat nie oortuigbaar was nie. Baie sal van hul geloof wegval. Hul blik sal nog te veel op die aardse gerig wees en hulle sal die wêreldgebeure en hul eie lot nie in ooreenstemming kan bring met die ewige Godheid, van wie hulle, weens hul onkunde, vir hulleself slegs 'n gelukkige aardse bestaan verwag. Hulle wil slegs 'n God erken wat vir hulle al die aangename dinge van die lewe skenk. Maar dat hulle hul die welsyn op aarde self verspeel het deur hul lewenswandel, deur hul afstand vanaf God, is vir hulle onbegryplik. Hoe erger die nood nou op hulle sal afkom, des te verder sal hulle hulleself van Hom verwyder. Hulle sal Hom afwys, sal hulle nie volgens hul lot skik nie, sal mor en kla en probeer om die noodtoestand vir hulself te beperk, deur onregverdige dade en liefdelose gedrag teenoor hul naaste. Hul geloof in God was slegs 'n vormgeloof wat nie kon standhou by 'n ernstige beproewing nie, aangesien dit ook sonder waarde was en eers 'n oortuigende geloof sal moet word. Daar is maar min mense wat hulself in tye van nood digter by God sal aansluit, wat vas in Hom sal glo en hulle nie van hierdie geloof sal laat afbring nie. Hulle sal die leed aansien vir wat dit is, naamlik 'n middel waardeur God die afvallige mense vir Hom wil wen. Hulle sal God onophoudelik om krag vra en sal nou ook in staat wees om die leed te verdra. Hierdie geloof sal hulle hierdie krag gee en God sal syne nie verlaat nie, naamlik die wat in Hom glo en in alle nood hul toevlug tot Hom sal neem. Maar die toestand van die ongelowiges sal hopeloos wees, solank as wat hulle slegs aandag sal skenk aan die aardse gebeure en nie sal dink oor die sin en die doel daarvan nie. Maar daar sal 'n opheldering moet plaasvind, want die vormgeloof is geen geloof soos wat God dit vra nie. Dit is skools oorgedra op die mense en het self nog nie by hulle lewendig geword nie. Dit is 'n dooie geloof wat die siel nie vooruit help in haar ontwikkeling nie en wat daarom 'n sterk beproewing sal benodig, sodat die mens sy denke en sy ingesteldheid teenoor God daardeur sal kan insien. Wie Hom sal afwys, onder die indruk van die nood en die aardse gebeure, onder die indruk van sy eie lot, sal deur groter beproewinge moet heengaan om hierdie geloof nog te verkry, of hy sal verlore gaan en aan die einde by diegene aansluit wat veroordeel is, wat aan die teenstanders van God behoort en daarom die regverdige straf moet ontvang, wat weer die gang deur die nuwe skepping sal moet aflê ten behoewe van hulle verlossing. Die gelowiges sal eweneens aan swaar beproewinge blootgestel word, maar 'n oortuigende geloof sal hulle nie so maklik laat wankel nie, en God sal diegene bystaan wat aan Hom getrou sal bly, wie alle beproewinge sal deurstaan en wie hom des te inniger by God sal aansluit, omdat hulle vas in Hom en Sy Liefde, Almag en Wysheid sal glo. En vir hierdie vaste geloof sal hulle beloon word op die dag van die oordeel, wanneer God hulle self sal inbring in die paradys, waar 'n einde sal kom aan alle nood en waar hulle uitermate gelukkig sal wees in die teenwoordigheid van God. Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205