BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 138

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Volmaakte geestelike orde - Wanorde

1469 Alle onvolmaakte gees bring `n sekere wanorde in die wêreld, want alle orde is volmaakte gees, wat optree volgens God se wil en God se wil is orde en volmaaktheid. Die toestand van wanorde kan nooit iets goddelik wees nie, dus sal die wesens wat binne die wil van God is, wat hulle dus binne die goddelike ordening bevind, die wil van God in hulleself dra, d.w.s. hulle sal reeds volgens God se wil handel, as hulle nader aan God wil kom. Die onvolwassene streef egter die teenoorgestelde van God se doel na en sal hulleself volgens die wil voeg van hom wat alle goddelike orde wil vernietig. Die wanorde kan egter slegs aangespreek word wanneer die onvolmaakte geestelike `n vrye wil besit, dus beliggaam word as mens, want elke werksaamheid van die wese is reeds vooraf deur die goddelike wil bepaal en dus moet sy bedrywighede georden wees, want hierin het die totale werk van die skepping tot uiting gekom, wat bestaan uit `n deur God gewilde ordening en wat nie deur ongeloof in `n God-wederstrewende wil verander kan word nie.

Die aardse lewe is egter blootgestel aan die willekeurigheid van die mens en so skep die mens vir homself, na gelang van die gesindheid van sy vrye wil, `n toestand van orde of ook van wanorde. `n Lewe in verbinding met God, met die oorgawe van die eie wil, moet begryplikerwys ook volgens hierdie orde verloop en dit sal heeltemal beantwoord aan die goddelike wil. Die mens kan duidelik nie teen die goddelike wil oortree wanneer hy hom daaraan ondergeskik maak nie. En derhalwe moet sy lewenswandel in ooreenstemming met die deur God gewenste ordening gelei word, sodat hy nie anders kan as om te strewe na dit wat God wil nie. Wat nou egter teen die ordening gerig is, moet dus, omdat dit wanorde beteken, ineenstort. Al die geordende het die waarborg daarin dat hulle sal bly bestaan, terwyl die verteenwoordiger van die wanorde, die teenstander, meer belang daarby het om alles te vernietig en dus daardeur `n geweldige wanorde veroorsaak.

Dit sal nou ook verstaanbaar wees dat die denke van die mens in volledige wanorde gekom het, wanneer hulle op die een of ander manier vernietigend optree op aarde. Steeds sal die drang tot selfbehoud goddelik wees en die vernietigingsdrang satanies en wie toegee aan die innerlike drang tot vernietiging, die maak sy wil bewustelik ondergeskik aan hom wie God se teenstander is en wie Sy skeppingswerk wil vernietig, want die teenstander bedien hom van die onvolmaakte gees om oor God te kan triomfeer. Hy beset die gees, hy poog om die wil van die mens te verswak, sodat hy op `n teen God gerigte wyse werksaam word, d.w.s. dat hy dit wat deur Hom in Sy wysheid geskape is, nie eerbiedig nie en poog dus om dit te vernietig. En dit druis in teen die goddelike ordening.

Alles wat bestaan, dien tot volmaak wording van die onvolmaakte gees. Elke wil tot vernietiging van welke skeppingswerk ookal, is `n ingryping teen die wil van God, wat vir alle gees `n sekere tyd vasgestel het en sal dit eers uit sy dergelike vorm bevry, wanneer die gees in hierdie vorm volwasse geword het, d.w.s. bekwaam geword het om weer die volgende stadium van beliggaming deur te maak, ooreenkomstig God se gewenste orde.

`n Wese wat vroegtydig in sy proses van hoër ontwikkeling gesteur word, sal sy vorm wil ontvlug of ook `n uiterlike verskyningsvorm wil aanneem wat nie by sy geestestoestand pas nie en dit sou, omdat die benodigde volmaaktheid daartoe ontbreek, die begin wees van `n onvoorstelbare wanorde, wat `n skrikwekkende uitwerking op die aarde en ook op die totale heelal sou hê, want alles sou dan aan die willekeurigheid van die onvolmaakte, God-opponerende gees oorgelewer wees. Dit sou `n openlike stryd teen God wees, wat teen alle goddelike Wysheid sou inwoed, indien dit nie deur God verhinder sou word nie. Om hierdie rede is die wil van die onvolmaakte wese gebonde voor sy beliggaming as mens, om die goddelike ordening in stand te hou gedurende die aardse bestaan, teen die gevaar dat die verkeerde wil so in `n ongekende chaos sal uitbreek, want `n verwarring van die menslike denke kan die ongelooflikste wanorde aanrig.

En al die deugsame geeste beveg hierdie wanorde, want God Self gebruik geen dwangmiddel as hindernis nie en laat die onvolmaakte gees volledige wilsvryheid toe. Altyd sal elke strewe teen die goddelike wil sonde wees; want die wese oortree die goddelike wet, wat op sigself orde is, wanneer hulle genoeë daarin skep om die orde in wanorde te verander. Want dan skik hulle hulself volgens die wil van die teenstander, wat begeer om alles te vernietig wat God geskape het. Hy sal nie slaag nie, maar slegs die wil daartoe is die ergste sonde teen God se Liefde, Wysheid en Almag, dit is verset teen God en lei tot die ernstigste gevolge. Die gees wat woedend teen Hom opstaan, kan nie vryheid geniet solank as wat hy hom verset teen die goddelike wil en teen die goddelike ordening is nie. Solank as wat hy hom nie plaas onder die deur God gewilde ordening nie, is hy nie vry nie. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205