BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 144

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Tien gebooie - Motivering vir die wetgewing

1501 Die gebod van die liefde tot God en die naaste omvat alle gebooie wat God deur Moses aan die mense bekend gemaak het en dus volg die mens hierdie tien gebooie wanneer hy die groot gebod van die liefde tot God en die naaste vervul. Dit is baie belangrik om oor die oorsaak van die ontstaan van die tien gebooie op hoogte te wees, want daar is soveel gissings in omloop daaroor, wat maklik daartoe kan lei om aan die goddelike Liefde te twyfel.

In die tyd van Moses het daar `n toestand onder die mense geheers wat deur liefdeloosheid gekenmerk was. En so was daar nie meer aan die Enige God gedink nie, want hulle het aan die wêreld gehang, liefde gehad vir Mammon en alle ander aardse vreugde. Dit was onbeskryflik groot en hulle het glad nie die eiendom van hul medemens geag nie en geen aandag geskenk aan wat hulle hul God en Skepper skuldig was nie. Willoos het hulle hul oorgegee aan die mag van Satan en was alles toegedaan wat sy aandeel was.

En God het `n ontsettende ellende oor hierdie mense laat kom wat Hom vergeet het en hulle daardeur tot `n geestelike ommekeer gedwing. Hulle het hul minderwaardige geestestoestand ingesien en daarom tot God gebid om hulle te red uit hul liggaamlike en geestelike benarde toestand.

Toe maak God Sy Wil deur Moses bekend in `n vorm wat alle detail verlig het, om hierdie mense in alle duidelikheid die verkeerde van hul lewenswandel te laat sien.

Die wetgewing op Sinai was so duidelik gewees, dat selfs die mees verstokte sondaar die mag en grootte van God kon besef en nou ook God se Wil moes insien, wat van hom `n diepe innerlike ommekeer geverg het.

Deur Moses het Hy met onverbiddelike stem Sy wette gegee, waardeur Hy die lewenswandel van die mense sterk belig het en aan hulle hul sondige lewe voorgehou, want dit het nie in die geringste aan die goddelike vereiste beantwoord nie. Die mensdom was in daardie tyd so verblind gewees, dat alle gebooie afsonderlik aan hulle gegee moes word om aan hulle hul afwykings duidelik te maak.

Wat tot hul liggaamlike welbehae bygedra het, het hulle vir hulle sonder seën opgeëis, sonder om aan die welsyn van hul medemens te dink en het dus deur hul gedrag ook nie die ewige Godheid erken nie en het niks gedoen om volgens God se welgevalle te lewe nie, maar daarenteen alles gedoen om die naaste skade te berokken en het slegs hulle eie voordeel gesoek. Hierdie lae geestelike vlak het so duidelik aan die lig gekom dat God Hom oor hulle ontferm het en aan hulle getuienis gegee van Sy Krag en Almag en van Sy Liefde, wat dieselfde van Sy skepsels vra.

En Jesus Christus het dieselfde op aarde geleer, Hy het die liefde tot God bo alle andere gestel, en die liefde tot die naaste as bevestiging van die liefde tot God aan die grootste gebod toegevoeg en derhalwe sal diegene aan die goddelike Wil voldoen wat hierdie twee gebooie in ag neem, waarvan die vervulling die lewensinhoud van elke mens moet wees. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205