BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 441

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Kindskap van God – Buitensporig baie leed op aarde

3352 Om die kindskap van God op aarde te verkry, moet die mens homself omvorm tot liefde en homself daardeur in staat stel om die vereniging met God al op aarde tot stand te bring, sodat hy heeltemal ryp in die ligsfeer van die hiernamaals kan ingaan, wanneer hy van die aarde af weggaan. Hy moet dus sy siel so gelouter het deur werke van liefde, dat God Self in sy siel sal kan woon en sy gees hom met die Vadergees verbind. En dan het die mens sy doel op aarde heeltemal tot `n goeie einde gebring en sy doel bereik om as ligwese binne te mag gaan in die geesteryk, waar hy nou kan skep en werk.

Maar hierdie graad van volmaaktheid vereis `n volledige afstand doen van aardse goedere. Solank as wat die mens nog aan die materie hang, is hierdie versmelting met die ewige Godheid onmoontlik, want die hart is nog nie heeltemal vry van afvalstowwe nie, wat bestaan uit begeertes en gevolglik ook nog nie voorberei is om die goddelike Gees op te neem nie, en dan moet die mens baie leed op homself neem om die laaste loutering van die siel te bewerkstellig en daarom sal ook aan die uitermate goeie en vrome mense baie leed opgelê word, sodat die loutering van die siel kan plaasvind.

Waar `n buitengewone swaar leed die mense terneerdruk en hulle daardeur `n dieper geloof openbaar, daar kan die siel vóór haar beliggaming `n besonder moeilike lewe op aarde vir haarself gekies het, om die laaste doel te bereik, naamlik die kindskap van God op aarde. Want hierdie doel moet op aarde nagestreef en bereik word en altyd sal dit die swaarste lewensvoorwaardes vereis, omdat die siel heeltemal rein en sonder afvalstowwe die ryk hierna moet binnegaan en sy `n besonder doeltreffende louteringsproses verlang. Want steeds is leed `n hulpmiddel om die geestelike doel te bereik. Dit moet na God lei as die siel nog van God afgewend is, of dit moet die siel louter en kristalliseer, sodat sy as `n heeltemal rein wese in die nabyheid van God kan kom, om nou die mees geluksalige vereniging met Hom te kan binnegaan.

Leed en liefde moet saamwerk om `n mens op aarde te vergeestelik en daarom moet die mens wat in liefde leef, die leed nie vrees nie, dit inteendeel met oorgawe op homself neem, sy gedagtes gerig op die hoë doel wat hy op aarde kan bereik, want hy het vir homself sy weg oor die aarde gekies vanuit die insig dat dit hom sal help om ryp te word tot die hoogste graad, as sy wil hom nie daarteen sal verset nie.

Dog weeg die verrukking van die kindskap van God duisendvoudig op teen al die leed in die lewe op aarde. En die tyd op aarde is kort, dit is soos `n oomblik in die tydsbestek van die ewigheid. En sodra die mens `n diep geloof het, kan hy ook steeds die krag van God in ontvangs neem om alles te verdra wat vir hom opgelê is, want sy gebed sal dan innig tot God gerig wees en God Self sal hom versterk en hom tot oorwinnaar van sy lewe op aarde maak.

God Self gaan haal Sy kind en bring hom na Hom toe, as hy die beproewing van die lewe op aarde deurstaan het en nou as `n heeltemal rein wese van die aarde skei. Maar steeds moes sy weg oor die aarde gekenmerk gewees het deur liefde en leed, omdat sonder hierdie twee, die siel nie volledig rein kon word om God in die hart van die mens op te neem nie en die innige verbintenis met God, wat al op aarde moes plaasgevind het, andersins die siel in stand sou kon hou teen die versoekings van die wêreld nie, andersins sou ook die leed nie die volledige loutering in sigself kon oplewer nie, omdat die krag haar ontbreek om die leed, sonder om te mor en te kla, te dra en elkeen wat mor of wat nog in verset wil kom, nog nie hulleself volledig onderwerp het aan die Wil van God nie.

Maar die siel moet één word met God. Sy moet die innigste band met Hom hê, sy moet self die leed wil dra en dit ook as `n geskenk van God dankbaar in ontvangs neem, vanuit die insig dat dit die laaste versperring tussen God en homself verwyder en dat slegs `n oorwinning van die leed nog vir hom die hoogste geluksaligheid sal kan oplewer, naamlik om `n kind van God te word met alle regte en verpligtinge.

En dit is die doel van alle mense op aarde, maar slegs weiniges bereik dit. Slegs weiniges is deur die liefde so innig met God verbind, dat hulle ook Sy oorgrote Vaderliefde in die leed herken, Wie vir hulle die geluksaligste lot wil berei vir die ewigheid. Hul lot op aarde is nie benydenswaardig nie, maar in die ryk hierna sal hulle op die hoogste trap, staan want hulle sal in die onmiddellike nabyheid van God wees en daarom ook onuitspreeklik gelukkig, want hulle kan, as Sy ware kinders, na behore handel volgens hulle wil, wat ook steeds die Wil van God is. Hulle kan skep en vorm gee en steeds weer bydra tot die verlossing van diegene wat nog ver verwyderd is van God, wat die mees verskillende skeppings nodig het om hulle opwaarts te ontwikkel. En dit is die saligste lot wat in oorvloed skadeloos stel en wat opweeg teen die lyding van die aardse lewe en daarom die doel van alle mense op aarde moet wees. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205