`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

DIE HUISHOUDING VAN GOD -

Deel 3

(toevoeging op vorige boek 2):

Die eerste hoogsontwikkelde beskawing – ontaarding en ondergang in die sondvloed.

Purista as raadgeefster van die Heer. Die bede van die mens as `n eerbiedige voorlegging aan die Heer. Oor die barmhartigheid en die liefde van die Vader vir Sy kinders

(27 Maart 1843)

1. Tydens die aanbidding van God het almal, behalwe Henog en die vier rein vroulike wesens, wie baie veilig by die Vader gevoel het, bevrees geword vir die Man op die grasheuwel. Hulle het gemeen dat hierdie Man elkeen wel geleidelik aan kon laat verdwyn soos wat Hy dit met die grote Sehel gedoen het. Daarom het die Heer aan Purista gesê:

2. “Luister, My geliefde kookster! Wat dink jy wat ons nou moet doen om die dwase van hulle vrees te bevry en dan ook daarvoor te sorg dat hulle My, sonder om hulle vryheid aan te tas, as die enige ware God en Vader te herken? Want maak Ek My nou skielik aan hulle bekend en dit wel in die besonder aan die vrouens, dan sal dit hulle hulle lewens kos, moontlik sommiges selfs hulle hele bestaan! Sê jy daarom eers vir My en gee My raad wat volgens jou hier moet gebeur!”

3. Hierdie vraag het die pragtige Purista heeltemal in die war gebring en sy begin te huil, omdat sy gedink het dat die Vader haar daarmee wou tugtig.

4. Maar die Heer het die wenende Purista uiters vriendelik aangekyk en aan haar gesê: “Kyk My tog aan, My dogtertjie, en sê My dan in jou hart of iemand wat wil bestraf ook so lyk soos wat Ek lyk en altyd sal lyk en ook ewig so gelyk het teenoor diegene wat My net so veel soos jy liefgehad het en nog liefhet en My ook altyd so sal liefhê! Nou, wat sê jy nou aan My op hierdie vraag, My geliefde dogtertjie?”

5. Hierop het Purista weer moed gekry om te praat en het skugter, maar vol vertroue gesê: “Nee, nee, my liewe, beste, heilige Vader, U kan tog immers nie kwaad of selfs maar boos word nie, dit sien ek nou baie duidelik in; maar wat U vraag betref wat aan my, swakke, gerig was, is dit tog sonhelder vir my dat dit, van my kant gesien, die grootste aanmatiging sou wees, wat ernstig bestraf sou moet word, as ek U, die alleroneindigste Wysheid, die een of ander raad sou wil gee om U daarmee voor te skryf wat U sou moet doen!

6. Ag, ek kan gladnie daaraan dink, sonder om te bewe nie, om aan U, o God, die almagtige Skepper van hemel en aarde, raad te gee; daarom vra ek U, o my beste, liewe, heilige Vader, om my van hierdie verpligting te ontslaan!”

7. Daarop het die Vader egter aan Purista gesê: “Luister, My geliefde dogtertjie, jy begryp My nog steeds nie goed nie; neem daarom ter harte wat Ek jou nou sal sê!

8. Sien, jy is nou bang om jou onverantwoordelik teenoor My te gedra as jy My nou, omdat Ek jou dit as Vader vra, die raad van `n kind sou gee, want jy sien baie goed dat My goddelike, oneindige, ewige Wysheid ook ewig nooit raad nodig het nie en Ek dus ook alles ten goede lei, wat en hoe dit ookal sy!

9. Wanneer dit nou alles onbetwisbaar korrek is, hoe is dit dan dat jy My al vir soveel dinge gevra het en Ek jou dit ook toegestaan het en altyd gegee het waarvoor jy My gevra het? Wat is so `n vraag anders as eerbiedige raad, waardeur diegene wat tot My bid, op passende vrome wyse aangee wat Ek nou sou moet doen?!

10. Weet diegene wie My om iets vra dan nie dat Ek uitermate wys en uitermate liefdevol en goed is nie? En as hy dit weet, hoe kan hy My dan vir iets vra?! Want hy kan tog nie anders as om te veronderstel dat Ek, as die hoogste Wysheid en Liefde, beslis ook sonder sy raad wat in die gebed uitgespreek word, die allerbeste, die allerwysste op die aller korrekste tyd sal doen nie!

11. Wat se groot, boosaardige sondaar moet diegene dan wel wees, wat My deur sy raad wat in die gebed uitgespreek is, tot iets wil beweeg wat Ek dan, teen My hoogste goddelike Wysheid in, vir hom moet doen?!”

12. Hierop het Purista en ook die drie ander hulle op hulle bors geslaan en sy het gesê: “O Heer, wees ons almal barmhartig, want sodoende is ons immers die mees afskuwelike sondaresse ten aansien van U!”

13. En die Heer het wederom met hulle gepraat: “Ja, luister, My dogtertjies, as julle so voortgaan, dan word julle sonde immers groter, want jy, Purista, het My so pas weer deur jou versoek raad gegee, op grond waarvan Ek erbarming met julle moet hê!”

14. Hierop het Purista van groot angs en verdriet uitgeroep: “O, terwille van U goddelikheid, wat het ek, arme dwaas, gedoen?!”

15. En Ghemela het gesê, ook klaaglik huilend: “Nou is ons dus almal verlore!”

16. Ook Naëhme en Pura het hulle van angs en verdriet geen raad geweet nie.

17. Maar die Heer het hulle almal omarm, hulle aan Sy heilige bors gedruk en aan hulle gesê: “Dogtertjies, is julle dan ongelukkig en verlore aan My bors, terwyl Ek, julle Skepper en Vader, julle vurig liefhebbend sigbaar op My hande dra en stewig vashou soos `n moeder haar tere, geliefde suigeling?”

18. Hierdie vraag het die viertal weer tot besinning gebring, en Purista het geantwoord, half laggend, half huilend: “O, beste Vader! Dan is ons dus nie verlore nie! Maar sondaresse is ons tog sekerlik nog ten aansien van U?”

19. Maar die Vader het haar geantwoord: “As julle sondaresse was, dan kan julle nie by My wees nie; maar omdat julle geen sondaresse is nie, is julle My liefste dogtertjies, wat Ek nou op My hande dra!

20. As Vader wil Ek My egter tog deur My liewe kinders laat adviseer, asof Ek hulle raad nodig sou hê, en Ek wil hulle ook werksaam laat wees, asof Ek hulle werk en hulp nodig sou hê!

21. Want dit doen Ek alles vanuit My groot liefde as Vader vir My liewe kinders, maar Ek stuur hulle dan raad en daad sodanig, dat Ek daardeur tog altyd My doel bereik.

22. Daarom moet jy ook, My dogtertjie, My hierdie keer raad gee wat Ek nou moet doen en Ek sal niks vooraf doen en niks anders doen as wanneer en wat jy My sal aanraai nie!”

23. Eers nou het Purista weer moed geskep, die Vader om Sy hals geval, Hom gekus en het toe gesê: “O, laat ook alle vrouens in my kombuis kom uit liefde tot U en kom U nou met ons almal in my kombuis om U daar na U welgevalle deur almal as die liewe, heilige Vader te laat herken, liefhê en aanbid!”

24. En die Heer het gepraat: “Amen, so is dit! Laat ons nou na die hut gaan!”

25. Ghemela het egter aan die Vader gevra: “Vader, mag ons ook in die hut by U kom?”

26. En die Heer het gesê: “Dogtertjie! In die hut netso goed as hier, want Ek is oral en altyd dieselfde goeie Vader! Volg My dus gerus! Amen.”


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205