`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 279

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Kisarell se benoeming tot wagmeester van die residensie. Mahal se profetiese verklaring. Mahal se verdriet oor die dood van sy seun Waltar

(14 Mei 1844)

279 Wat Agla in die geheim met Fungar-Hellan bespreek, was of hy nie haar broer Kisarell êrens sou kon gebruik waar hy `n amptelike aanstelling sou hê nie, waarop Fungar-Hellan voorgestel het dat Agla hom tot wagmeester van die residensieplein benoem; van daar af sou hy dan vir hom baie weë kon open, waardeur hy na `n steeds hoër rang sou kon opklim, as hy by sy eerste aanstelling, die noodsaaklike bekwaamhede daarvoor sou verwerf.

2. Toe Agla dit van Fungar-Hellan verneem het, het sy haar dadelik na haar vader begewe en aan hom gesê: “Omdat jy my al vroeër ook na die toekomstige bestemming van jou seun gevra het, sê ek vir jou: Hy is al tot wagmeester van die residensieplein benoem, wat hier `n baie eervolle funksie is! En as hy sy werk goed daar gedoen het en hom deur ywerige lees en studeer die hoëre kennis sy eie gemaak het, dan sal hy ook spoedig `n hoër funksie kry! Is jy met die baie gunstige aanbod vir Kisarell tevrede of nie?”

3. En Mahal het gepraat: “Dogter, ek is immers met alles tevrede; maar één ding moet ek jou tog vanuit die baie maer geworde hoogte aan jou sê, dat die God van Adam, Set en Henog vas en seker nog nie heeltemal vergete sal wees nie, en dit bestaan uit die volgende:

4. Julle as maghebbers van dié ryk, moet in julle huidige hoedanigheid geen grootse planne vir die lang termyn maak nie; want soos die dinge nou by julle is, kan dit onmoontlik lank meer standhou nie, omdat julle almal heeltemal van God afgewyk het en oorgegaan het in suiwer afgodery, waarin mense deur mense aanbid word, en daardeur in `n totaal van God verwyderde, uiterste duister wêreld bestaan!

5. Ek sê vir jou: Nog hoogstens sewentien jaar, en van julle grootheid en van jou stad sal geen spoor meer te vinde wees nie! Daarom sal ek julle ook weer verlaat en na my broer Noag op die hoogte trek; maar eers wil ek nog graag vir Waltar sien en met hom praat!”

6. Agla was ietwat daardeur getref, maar het haar spoedig herstel en gesê: “Doen wat jy wil; ons sal geen beswaar maak nie! Maar wat Waltar betref, sal dit `n bietjie moeilik word om hom ooit weer te siene te kry, omdat hy die land verlaat het om nuwe wêrelde te ontdek, en hy het ons vir eens en altyd verlaat, en wel omdat ek hom as suster, tog nie my hand as vrou kon gereik het nie!”

7. Dit het Mahal baie geraak, hy het op sy lippe gebyt en na `n tydjie maar net gesê: “Dus is Waltar dood! Agla, Agla! Die Heer sal jou swaar straf!”

8. Daarop het hy sy gesig bedek en gehuil.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205