|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 359
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Nadere besonderhede oor die groot vloed. Aanwysings om die desbetreffende bybeltekste te begryp. Die vloed was plaaslik
(30 Augustus 1844)
358 Waarom word hier eintlik vertel waarheen die vloed alles heen gestroom het? Het dit dan nie op die hele aarde gereën nie? En was die vloed nie orals netso sterk nie?
2. Daaroor sê Ek: Die vloed het hom op hierdie wyse versprei, omdat dit nie op die hele aarde gereën het en die vloed daarom ook nie oral netso sterk kon gewees het nie, en wel omdat dit nie oral kon reën en die vloed ook nie oral nodig was nie.
3. Kon dit wel in die meer as koue poolgebiede gereën het, waar selfs die lug vries?! En waarom sou dit veertig dae in die uitgestrekte gebiede moet reën waar nog geen mens gewoon en ook weinig of glad geen diere was nie?! En wat moes die reën op die wêreldsee bewerkstellig? Dalk die visse laat verdrink het? En as die natuurlike vloedwaters op die hele aarde ten slotte op elke punt `n hoogte van drie duisend vadem sou bereik het, waarheen moes dit dan stroom?!
4. Mens sou wel kan sê: Dit het gedeeltelik verdamp en is gedeeltelik deur die aarde opgesuig!
5. Maar wanneer `n tydperk van één jaar voldoende sou gewees het, ter vermindering van soveel water, dan sou die wêreldsee al lankal tot op die laaste druppel van die aarde verdwyn het, omdat dit immers nie `n tienduisendste deel uitmaak van die hoeveelheid water wat nodig is om die hele aarde met `n waterhoogte van byna vierduisend vadem te bedek nie!
6. Daarby gaan niks verlore deur verdamping nie; want die verdampte water versamel weer in die wolke en val altyd weer in dieselfde hoeveelheid terug na die aarde. Dieselfde is ook die geval met die opgesuigde water uit die porieë van die aarde; die opgesuigde water versamel in sekere reservoirs en kom dan, deels deur mis en deels deur periodieke fonteine op die aardoppervlak.
7. Om dié rede sou daar dan nou oral `n nog net so hoë vloed gestaan het, as ten tyde van Noag, soos wat die hele see, met enkele plaaslike veranderings, dieselfde is as tydens Adam se tye.
8. Daarom het die vloed slegs die uitgestrekte gebiede op verderflike wyse geteister, waar die slegte mensdom gewoon het, en het Middel-Asië in die besonder bedek, tot op `n hoogte van vierduisend vadem bo seespieël, van waaruit sy dan wyd en syd na alle rigtings weggestroom het!
9. En wanneer daar ook in die skrif staan: “Oor alle berge van die aarde, en behalwe wat die ark gedra het, het daar niks lewend op die aardbodem oorgebly nie!” dan moet dit nie letterlik op die natuur self betrek word nie; want onder “berge” word slegs die hoogmoed en heerssug van die mense verstaan. En dat daar op aarde geen lewe oorgebly het behalwe in die ark nie, wil sê dat slegs Noag getrou gebly het aan `n geestelike lewe in God en vanuit God.
10. Wie dit goed in ag neem, sal goed insien dat die vloed van Noag wel `n grootskalige, maar daarom tog geen volledige algemene was nie, en vanweë die feit, dat slegs die mense in Middel-Asië, deur roekeloosheid self, die vernaamste oorsaak daarvan was, en wat nie die droewige geval in die ander wêrelddele was nie.
11. Wat verder, in die volgende!
Meer oor die sondvloed
(31 Augustus 1844)
359 Reeds die woord “vloed” dui op `n uitstroom van die water oor die aarde vanuit Hanoch, en beslis geen algemene stilstaande water oor die hele aarde nie.
2. Hanoch self, het met sy uitgebreide omstreke, `n gebied en `n dig bewoonde oppervlakte van byna agtduisend vierkante myl bedek, dus `n land op sigself, wat baie geskik en groot genoeg sou gewees het om `n belangrike koninkryk in die huidige tyd te wees. Daarby het dit, op `n klein uitsondering na, oor geheel Asië geheers en het oral huis gehou.
3. Nou laat ons oor hierdie buitengewone groot ruimte `n meer as drieduisend vadem hoë watermassa kom, en dit sal blyk hoe ver die oorstroming dan kan reik, en veral wanneer mens as bewys kan aanneem dat Middel-Asië die hoogste land van die aarde was en dit grotendeels, in die rigting van die suidooste, huidiglik nog so is.
4. `n Mens sou weliswaar hierteen kon inbring: “Goed, as die vloed van Noag maar net `n plaaslike hoogwater oor `n uitgestrekte gebied was, hoe kon dit dan so `n huiweringwekkende hoogte op natuurlike wyse bereik het, sonder om dadelik na alle kante in honderd myl breë strome weg te vloei?”
5. Om hierdie omstrede teenwerping reg te stel, kan die volgende dien: Ten eerste was die veertig dae durende reën wel oor die hele Asië, `n groot deel van Europa, asook oor Noord-Afrika verbreid en het op sigself al groot oorstromings in die dale veroorsaak; maar aangesien die ondergrondse waters in hierdie lande nie daarby gekom het nie, kon die oorstroming, of die vloed, nie so `n hoogte bereik het as in Asië nie, waar veral die deurbraak van die ondergrondse waters, die deurslag gegee het.
6. En wanneer mens verseker kan aanneem dat ten tweede in Asië, by die hewigste reën, honderdduisende geweldige springfonteine bygekom het, waarvan die kleinste binne `n minuut tien miljoen kubieke voet water na die oppervlakte van die aarde kon bring, dan word dit wel begryplik hoe die vloed van Noag so `n hoogte oor Asië kon bereik het, ondanks die gelyktydige magtige afvoer alom.
7. Van daar af het die vloed dan natuurlik met die vreeslikste geweld na alle rigtings van die wêreld gestroom en daar die diluviale patroon (vloedformasies) teweegbring wat in die teenswoordige tyd nog ryklik behoue gebly het, wat egter nie verwar moet word met die vloedformasies wat deur periodieke see- en landwisseling afkomstig is nie.
8. Die vernaamste spore van Noag se vloed kom veelvoudig op die taamlike hoogtes voor en bestaan uit aangevoerde rivierpuin, wat hier en daar bestaan uit voorkomende versteende bene van diere van vóór die tyd van Noag, asook die veel voorkomende bruinkoolafsettings, en vervolgens ook die sigbare erosie van die berge, sodat dit nou heeltemal naak daarby staan. Alle ander vorms behoort oftewel tot die veranderings van die see, of tot groot plaaslike vuuruitbarstings.
9. So is die wese van Noag se vloed nou ook natuurkundig uiteengesit en sal ons nou tot die duur en die einde daarvan oorgaan.
|
|
|
|
|