`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 96

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die tog na die hut van Purista. Purista ontvang die gaste. Lameg bewonder die skoonheid van Purista

(17 Augustus 1843)

96 Toe die geselskap onder baie blyke van verwondering deur die grot heen geloop en so die uitgang aan die kant van die môre bereik het, het Henog gesê:

2. “Laat ons nou in die rigting van die môre gaan, sodat Lameg en sy metgeselle daar die heerlikheid van ons heilige Vader kan aanskou! In die hut van Purista sal ons die maaltyd van die Heer hou, wat Hyself vir ons almal voorgeskryf het op die korrekte tye, ter versterking van ons liefde en daardeur van ons gees!”

3. En Adam het geantwoord: “Ja, my seun Henog, jy het goed gepraat; dit sal ons doen en ons sal by hierdie geleentheid ook sien wat ons die beste met die troulustige Muthaël kan doen!”

4. En Henog het daarop gesê: “Ja, ja, vader Adam, dit sal by hierdie geleentheid besonder goed duidelik word! Maar laat ons hier niks beslis nie; ter plaatse sal duidelik word wat daar moet gebeur! En so gaan ons dan in die Naam van die Heer!”

5. Hierop het die geselskap die grot verlaat en hulle dadelik in die rigting van die môre begewe.

6. Daar aangekom, het hele skares die hoë gaste tegemoet gehardloop en hulle met die groet van die liefde gegroet.

7. Maar Purista was die eerste wat haar groet gebring het aan die hoë gaste en het daarop gesê:

8. “Verhewe vaders, groot vriende van die almagtige God, julle kom nou soos altyd met groot, heilige bedoelings hierheen; derhalwe nou vir ewig my diepste lof aan die heilige, ewig liefdevolste Vader, Wie in Sy ewige heilige Lig woon en, deur ons liefde tot Hom verlewendig, ook in ons hart!

9. Wees, o liewe verhewe vaders, by my, arme dienaars van die Heer, onuitspreeklik welkom! Hoe verlang my siel nie na woorde van die Vader uit die mond van diegene wie Hy, as die Heer Self, tot `n waaragtige hoëpriester aangestel het nie!

10. O kom met my in die hut van die Heer in, wat Hy Self gebou het deur Sy almagtige wil en wat Hy bestem het tot `n kombuis waar spyse berei word vir al Sy kinders, ter versterking van die ewige lewe.”

11. En toe Henog Lameg aangekyk het, wat heeltemal weggesmelt het, het hy aan hom gesê: “Nou broer, hoe geval hierdie spreekster jou? Wat sê jy van haar woorde?”

12. En Lameg, wat nouliks `n houvas op homself kon kry, vanweë die onbeskryflike lieftalligheid en skoonheid van Purista, het gesê: “O broer, die aanblik van die aartsvyand by die vlammende en verwoeste kloof het my tong op die oomblik van sy verskyning stewig aan bande gelê; maar hierdie dogter van die hemel lyk asof dit as `n nog groter rem op my spraakvermoë werk! O God, o God, wat my oë tog alles moet teëkom!

13. O, broer, die aanblik van hierdie hemel sou voorwaar `n arme sondaar die lewe kan kos. So `n skoonheid verbind met so `n liefde en wysheid! Dit is meer as wat `n arme sondaar in alle ewigheid sal kan verdra!

14. Broer, ontslaan my vir nou van verdere opgawes en beoordelings, want ek moet eers teen hierdie aanblik wen! As dit met die barmhartigheid van die Heer gebeur het, dan sal ek eers in staat wees om te praat; onthef my nou dus van verder praat!”

15. En Henog het hom geantwoord: “Goed dan, in die hut van die heerlikheid van die Heer sal jou tong wel losgemaak word; daarom sal ons die groot hut nou ook dadelik betree!”

16. Hierop het die heerlike Purista almal die hut binnegebring en vars hout op die herd van die liefde geplaas.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205