`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 269

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Fungar-Hellan in die tempeltuin van die skoonheidsgodinne. Die kontroleer van die verklarings van Agla en Drohuit. Die verdenking van Fungar-Hellan ten aansien van Agla. Die skoonheid van Agla oorwin vir Fungar-Hellan. Agla as vrou van Fungar-Hellan

(2 Mei 1844)

269 In die tuin aangekom, het Fungar-Hellan alles baie sorgvuldig in die groot verlate huis van die skoonheidsgodinne ondersoek, die tempel en die tuin en het oral die verklarings bevestig gevind, in die huis `n groot hoeveelheid gifnaalde wat hy onmiddellik in beslag laat neem het deur sy beamptes, asook in die tuin die berugte glaspaviljoen met in die middel die buitengewoon giftige boompie wat baie weelderig uit die aardbodem gegroei het. Die boompie het die aangeduide vorm gehad en was aan die stam besaai met giftige druppels.

2. Fungar-Hellan wou die boompie onmiddellik laat uitroei het en het daarom sy mense beveel om die glaspaviljoen saam met die boompie te vernietig.

3. Toe het Agla die hand van Fungar-Hellan gegryp en hardop uitgeroep: “My baie geliefde vriend, ek vra jou by alles in die hele wêreld wat vir jou werd en dierbaar is, laat tog die deursigtige huis van die dood nie net nie oopmaak deur dit oop te breek nie, maar laat dit gladnie oopmaak en ook nie aanraak nie; want die gewas werk so heftig, dat wanneer dit vrykom, nie alleen ons saam met die arbeiders nie, maar alles in `n omtrek van minstens drie uur, wat lewendig is, gedood sal word!

4. As jy die boompie wil vernietig, dan moet jy `n baie groot brandstapel van harsagtige hout om die wellushuisie heen bou en dit van alle kante aansteek; slegs so kan jy dié gewas sonder lewensgevaarlike gevolge tot niet maak!”

5. Dat Agla hom met hierdie verklaring daarvan wou afgehou het om die giftige boompie te vernietig, maak dat Fungar-Hellan baie verbaas opkyk. Hy het haar daarom skerp aangekyk en gesê:

6. “Vrou, wat sê jy?! Lê my uit hoe dit gebeur het dat `n sodanige werking van die boompie so bekend is aan jou, asof jy dit nie self geskape het nie!

7. Werklik, so goed as wat jy dit nou ook met my bedoel, om te vertel dat dit die natuur van die gewas is, so verdag maak jy jou nou ook deur hierdie verklaring! Wie weet of jy miskien nie self dié helse gewas geplant het nie?!

8. Ek gee jou daarom nog `n kort tydjie; probeer daarin my baie gegronde verdenking van jou af te wentel, anders sal dit nie goed met jou afloop nie! Ontklee jou daarom, sodat jy die naakte waarheid naak aan my kan beken! Want voortaan sal jy my nie meer mislei nie; my verdenking teen jou is maar al te gegrond! Daarom sal dit nie maklik wees om `n Fungar-Hellan om die bos te lei nie!”

9. Dié versoek het Agla geensins in die verleentheid gebring nie; sy het net gesê: “Ek sal my uittrek, maar nie hier by die peshuis nie, maar in `n kamer van die voormalige godinne!”

10. Daarop het die geselskap hom na die huis en na `n groot vertrek begeef.

11. Daar aangekom, het Agla haar dadelik uitgetrek soos wat Fungar-Hellan haar opgedra het.

12. Maar juis die uittrek was die gevaarlikste vir die baie sinnelike generaal. Want eers nou het die tot nou toe verborge bekoorlikhede van hierdie mooi vrou tevoorskyn gekom. Sy was so buitengewoon mooi, dat by die aanblik daarvan, sommige van die aanwesige manne onmiddellik begin het om te raas en waansinnig geraak het; vyf het oombliklik daar dood neergeval.

13. En Fungar-Hellan het heeltemal vergeet van sy verdenking; want soos die opgaande son die newels in die dale oplos, so het ook die te groot skoonheid van die naakte Agla op Fungar-Hellan gewerk.

14. Hy het nou niks anders van haar verlang as haar liefde nie, en het haar belowe om alles te doen en toe te staan waardeur hy haar liefde maar meer waardig vir hom sou kon maak.

15. Dat hierdie oorwinning vir niemand aangenamer was as vir Agla self nie, is vanselfsprekend, aangesien sy hier andersins gevange sou geneem word.

16. Gurat en Drohuit het natuurlik as verloorders toegekyk by dit wat hier gebeur het, maar wat kon hulle anders doen as om vir Fungar-Hellan geluk te wens?!

17. Met hierdie ekspedisie was die ondersoek ook afgehandel, en Fungar-Hellan het Agla met alle eerbetoon as sy vrou na sy paleis gelei. En Drohuit en Gurat het ook met lang gesigte huiswaarts gegaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205