`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 371

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Hoofstuk 6

1. Daar is nog ander diersoorte op aarde wat hulle wonings so bou en inrig, dat selfs die mense, wanneer hulle so een vind, hulle hoogs verbaas is daaroor; maar mens herken hierdie wonings tog baie maklik as die werk van diere, omdat hulle telkens op dieselfde wyse en in dieselfde vorm voorkom. Ook kan die materiaal waarvan hulle gebou is, wel deur `n ervare skeikundige geanaliseer word, maar die boumateriaal is netso min uit die natuur te haal, as die stof waarvan spinnekoppe hulle drade spin, die bye hulle selle bou en die slak haar huis. En soos dit by sulke diere gaan, is dit ook min of meer by die eintlike Pre-adamiete* wat in die bosse van Afrika, en hier en daar in die woude van Amerika voorkom.

2. Ek dink dat Ek die adamitiese voorkoms van die aarde vir julle, so kort as moontlik en meer as voldoende duidelik gemaak het, en julle sal nie veel meer vrae daaroor hê nie.

3. Ten slotte maak Ek nog net twee opmerkings:

4. Die eerste is dat die huidige Donau eers enkele honderde jare later die huidige weg deur die Ysterpoort gebaan het, waarby die werk van mensehande egter ook nodig was om deur die Ysterpoort, die nog baie gevestigde stroombed sodanig te reguleer, dat hierdie plek nou ook vir groter vaartuie bevaarbaar was. Om te sien waarheen die hiervoor beskrewe mere van die Mur die hindernisse wat hulle omsluit het, laat ontstaan het, hoef jy maar net die omliggende heuwels van die Mur en die bedding van die Mur self te bekyk, en die klipgruis sal jou dadelik sê hoe hierdie heuwels ontstaan het en daarbenewens ook die huidige derde oewer wat deur die Mur gevorm word; daar sal julle die oorblyfsels van die oewerdamme, wat geleidelik aan verwoes is, maklik vind.

5. Rondom Graz heen sal julle sonder veel moeite nie so baie diep in die grond, sentenaars swaar rolstene vind, die meeste van `n baie harde samestelling. Onder Wildon is sulke klippe in die Mur nog makliker te vind, slegs hier en daar, maar wel taamlik diep, is nog swaarder rolklippe van kalksteen. Ver onder Radkersburg waar die Mur in die Drau uitmond, sal jy meer sand as rolklippe vind, en wel omdat die Mur al `n baie breë bedding daar het en geen groot druk meer kon uitoefen nie, omdat die verval te gering was.

6. As jy na Egipte gaan, vind jy taamlik naby die watervalle slegs baie min rolstene, maar soveel te meer rooibruin en soms ook witagtige sand! Die oorsaak daarvan is dat hierdie rivier, tot teenaan die watervalle, nie veel laer gelê het as die teenswoordige Middellandse See nie, terwyl ander riviere, hoe meer hulle die see nader, `n groter val het, met uitsondering van die Donau in die Swart See, die Wolga in die Kaspiese See en die Amasone in Amerika in die Atlantiese Oseaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205