`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 164

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Ohlad word deur die Heer tot koning beroep. Die Heer verskyn as ewebeeld van Ohlad

(18 November 1843)

164 Toe Ohlad so byna `n volle uur vooroor lêend voor die altaar gebid het, het `n Stem uit die wit wolkesuil geroep:

2. “Ohlad! Ek het jou aangesien! Verhef jouself en gaan staan regop, sodat Ek by jou kan kom en jou salf met die olie van My liefde en erbarming, en jou omgord met My Wysheid ter getuienis van die verbond wat die volk met My gesluit het, wat hulle egter nie daarby gehou het nie, maar dit spoedig baie smadelik verbreek het en al My weldade en My groot erbarming vergeet het!

3. Ek wil jou nou as `n goeie koning oor die volk aanstel en die wette wat jy die volk sal gee, sal ook deur My heeltemal bekragtig word! En staan daarom nou weer op!”

4. Ohlad het opgestaan, vol verbasing oor hierdie wonderbaarlike Stem en aan die tiental gevra: “Wie van julle het nou so duidelik in die Naam van die Heer met my gepraat?!

5. Of is een van julle miskien die Heer Self? O sê my wat so wonderbaarlik hier aan die gang is! Want die Stem Wie tot my gespreek het, was verhewener as die stem van elke mens; ek beskou haar as die Stem van God, of in ieder geval as die Stem van `n geheel met God se Gees vervulde wese!

6. Praat daarom, julle magtige vriende van God, en sê my wie die heilige woorde met my, totaal onwaardige, gespreek het!”

7. En een van die tien het aan Ohlad gesê: “O mens, waarom vra jy dit? Wat wil jy hoor? Sien, die Heer staan aan jou sy! Die stem van God het met jou gepraat; die Vader het jou geroep! Wat wil jy dan van ons hê?!

8. Jy kan die stem van God tog van die stem van `n mens onderskei; waarom vra jy ons dan, terwyl die Heer na jou toe kom en Hy jou wil salf as `n magtige getuienis van die groot ontrou van die hele volk ten aansien van Hom?!

9. Antwoord die Een Wie jou geroep het en soek Hom nie onder ons nie, omdat ons, net soos jy, slegs mense is; want die Heer Self sal jou met Sy eie hand salf en nie deur ons nie! Wend jou daarom tot die Heer! Amen.”

10. Hierop het Ohlad vol eerbied om hom heen gekyk waar die Heer dan wel was.

11. Maar die Heer het dadelik weer met Ohlad gepraat: “Ohlad, kom hier agter die wolkesuil en jy sal die Een sien Wie met jou gepraat het; want Ek, jou God, jou Heer en jou Vader wag al baie lank op jou hier! Kom daarom en oortuig jou daarvan dat Ek Hy is Wie jou geroep het en wat nou aan jou sê: Kom en kyk!”

12. Vol allergrootste eerbied en liefde het Ohlad hom agter die wit wolk begewe en tot sy grootste verbasing sy volkome eie wese as sogenaamde dubbelganger gevind.

13. En die volkome ewebeeld van hom het hom vas aangekyk en Hom nie van Sy plek beweeg nie.

14. Hierdie verskyning het Ohlad oorweldig en hy het begin om bang te word.

15. Maar die ewebeeld het gesê: “Vrees nie, Ohlad, want Ekself is Hy, jou Heer en jou God en jou Vader!

16. Verbaas jou nie oor die volkome gelykenis nie, want Ek het jou immers na My ewebeeld geskape. Verbaas jou daarom nie oor dit alles wat reeds sedert die ewigheid in My orde gegrondves was nie!”

17. Hierdie woorde het Ohlad weer gekalmeer en hy het opmerksaam geword en het die Heer in sy ewebeeld gevra om met hom te praat en hom Sy allerheiligste wil mee te deel.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205