`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 288

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die bekentenis van die veërs en die poetsers. Die vergiftigde fontein, die vergiftigde spyse en die vergiftigde huisraad

(28 Mei 1844)

288 Die veërs en poetsers was baie bang deurdat hulle, vanweë die versoek van die generaal, hulleself tussen twee vure bevind het.

2. Daarom het die hoof van die veërs en die van die poetsers na vore gestap en beide het gesê: “Grote, almagtige heer en meester en heerser! Ons sal u wel alles vertel as u sal weet om ons te beskerm teen die woede van u vyande; kan u dit egter nie, dan is ons ook verlore! Want as ons u nie alles vertel nie, dan sal u ons doodmaak; maar vertel ons u alles, dan sal u sien dat u vyande ons sal wurg, omdat ons hulle teen hulle gruwelike verbod in, aan u verraai het!”

3. En Fungar-Hellan het gesê: “Daaroor hoef julle nie besorg te wees nie; julle voornemende heersers, wat julle met die dood bedreig het, as julle hulle onder watter vermomming dan ook, aan my sou verraai, lê al lankal in die diepste kerkers! Daarom kan julle my sonder enige vrees alles meedeel wat julle weet!”

4. Toe beide dit van die generaal verneem het, het hulle gesê: “Wanneer die saak so lyk, ja, dan kan ons wel sonder enige vrees en skroom praat! Sal u ons daarom vol barmhartigheid aanhoor!

5. Die onderpriesters was al u grootste vyande gewees, sedert die tyd toe u hulle tot onderpriesters gemaak het, deur middel van `n voorgewende volmag van die koning, en hulle het nou in die vreeslike koningin en haar liefling Drohuit die mooiste werktuie gevind om hulle op u te wreek!

6. Die koningin streef na die alleenheerskappy, en Drohuit, `n baie wellustige man, na die besit van die mees bekoorlike vrou, wie hierdie koningin nou eenmaal skyn te wees, waarvoor ons ewenwel nie kan instaan nie, omdat ons haar nog nooit gesien het nie; en die onderpriesters het hulle alles onder ede toegesê, as die koningin in staat sou wees om u ten gronde te rig en hulle dan as die ou ware opperpriesters te erken! Om dié rede het beide partye nou alles gedoen wat maar tot U ondergang sou kon lei.

7. As u egter nie `n sekere dood in die arms wil val nie, drink dan geen water van u goue fontein nie, want dit is vergiftig! Eet ook geen hap uit u spyskamer nie, want alles is sterk vergiftig! Gaan ook nie op u rusbank lê nie en netso min in u bed, gaan ook nie op u stoele of banke sit nie, want alles is vol vergiftigde naalde! Die vloere in die kamers is nou wel weer skoon, maar vertrou niks van u orige huisinrigting nie, want oral kan daar iets wees wat u dood sou kan beteken! Nou weet u alles wat ons weet; handel nou korrek en regverdig!”

8. Toe Fungar-Hellan dit alles gehoor het, was hy vreeslik woedend.

9. Maar Mahal het gesê: “Vriend, matig jou, want in woede ontsteek, kan geen enkele wese iets verstandig doen nie! Jy ken nou alle gevare en daarom kan jy nou korrek optree!

10. Bied nou `n maaltyd aan van die vergiftigde spyse en nooi al jou vyande uit! Wanneer hulle kom, sê dan dat hulle spyse uit jou spyskamer sal eet! Neem hulle wat weier om te eet, onmiddellik gevange; maar laat diegene wat nie weier nie, eet!

11. Wat dan moet gebeur, sal ek jou op die korrekte oomblik laat weet! En laat dit so geskied!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205