`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Adam vra om vergewing. Die betekenisvolle woorde van die Heer oor die mens as die blinde skepper van sy oordeel en as die sluitsteen van die skepping.

(10 April 1843)

13 Hierdie woorde van die Heer het ons Adam weer tot beter gedagtes gebring. Deemoedig gaan hy na die Heer en praat: “O liewe, heilige Vader, U Woord het my weer in `n ander Lig geplaas, en in dié Lig sien ek in dat ek gloeiend heet ten aansien van U gesondig het. Daarom vra ek U, o liewe, heilige Vader, reken my tog hierdie, beslis my allerlaaste fout ten aansien van U en U hele skepping, nie te streng aan nie, maar vergeef my, swak ou grysaard, hierdie laaste dwaasheid!”

2. Hierop wend die Heer Hom tot Adam en het aan hom, asook aan alle ander wat dieselfde gedagte as Adam gehad het, gesê: “Luister nou almal, en jy, My seun Adam in die besonder: Ek wil nou ten opsigte van julle almal iets tot My eie verontskuldiging sê, My kinders, sodat julle, wanneer julle in die toekoms tog nog My raad sou vergeet, weet dat nie Ek nie, maar julle self die dwase en blinde skeppers van julle oordeel is en daarom ook van julle verderf en dood, indien julle nie, soos gesê, die deur My, julle allerwysste Skepper en liefdevolste, heilige Vader aangegewe weg bewandel nie! Luister nou na My:

3. Julle, en die hele eindelose skepping, is noodsaaklikerwys deur My reeds sedert die ewigheid so ingerig dat julle die einddoel en sodoende die sluitstene van die hele sigbare en onsigbare wêreld is. En daarom moet ook alles in sy geheel, sowel as in die afsonderlike deel, baie presies en naatloos met julle ooreenstem.

4. En as dit nou onmiskenbaar so is, dan volg die volgende vanselfsprekend daaruit: Is die mens die einddoel van die hele skepping, en stem hierdie skepping in alles geheel met hom in die mees innige verbinding ooreen, dan is hy ook noodsaaklikergewys as heer oor die skepping gestel, vanuit welke standpunt hy dus net so baie op die hele skepping inwerk as die hele skepping omgekeerd op hom! Let nou almal goed op:

5. Alle skeppinge wat julle skepping voorafgegaan het, het absoluut geen vrye wil gehad nie, maar alles in haar was gerig met die doel om julle te dien, dus in alles heers `n volslae onvry “jy moet”.

6. En slegs Ek, as die groot Werkmeester van al My skepsele, weet hoe alle prosesse in die skepping ingerig is en hoe hulle onderling saamhang, en Ek kan julle daarom ook die enigste deugdelike middele gee om julle so te gedra, dat julle julleself vry op die hoogste vlak kan handhaaf, waarop julle as mees verhewe einddoel van My hele skepping staan.

7. Bly julle in die gegewe orde wat deur My, die Skepper, vir julle gegee is, dan sal die hele voorafgaande skepping aan julle ook in die mooiste orde volg; bly julle egter nie in hierdie orde nie, maar vorm en maak julle eiemagtig `n ander, dan is Ek as Skepper en julle allerheilige Vader tog sonder enige skuld wanneer die hele voorafgaande skepping julle navolg en omslaan in die werking van die oordeel wat in haar lê, wat julle vervolgens in haar greep kry en wat julle in haar ewig noodsaaklike oordeel trek en julle ten slotte selfs doodmaak.

8. Moet `n klip nie swaar wees om vastigheid te kan gee op en in die aarde nie? Sien, dit is `n oordeel van die materie van die klip!

9. Solank julle volgens die orde oor die klip loop, is julle ook heer oor die klip; maar as julle `n swaar klip oor julle heen sou wentel, dan sal die klip julle heer word en julle sy swaarte gee, sy oordeel en so ook sy dood.

10. En soos die voorbeeld met die klip laat sien, is dit ook met die hele sigbare en onsigbare skepping.

11. Julle alleen kan haar seën volgens My orde, maar haar ook buite My orde tot julle onheil verderwe.

12. Die liefde tot My is My eintlike orde. Hou julle daarom altyd werklik aan hierdie liefde, dan sal julle nooit in `n oordeel terugval nie; maar as julle die liefde verlaat, dan sal julle die sluise open vir die oordeel, en dit sal dan noodsaaklikerwys oor julle heen kom soos die klip en sal julle in hom begrawe.

13. Neem dit dus in julle op en hou dit altyd voor oë; maar weet dus ook dat Ek, die Vader, niemand oordeel nie! Dit moet julle almal begryp! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205