`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 166

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Ohlad word tot koning gesalf en die tien bodes tot sy ministers

(21 November 1843)

166 Voor die altaar aangekom, waar die tiental gestaan het, het die Heer aan een van hulle gesê: “Gaan na buite; in die poort van die voorhof sal jy `n man aantref! Hy het `n kalbas vol olie. Laat dit aan jou oorhandig en bring dit hierheen, sodat Ek vir Ohlad daarmee, natuurlik sowel as geestelik, tot koning kan salf oor die hele volk in die laagte en vervolgens ook julle tot sy ministers en raadshere, en om die mag oor die vuur vanuit My te bewaar; want nou moet julle nie weer na die hoogte teruggaan nie, omdat die volk hom weer tot My gewend het! Gaan haal daarom die olie vir My!”

2. En hy het gegaan en vind die genoemde man by die poort met die kalbas vol kosbare nardusolie.

3. En die bode het aan die man wat die olie besit het, gesê: “Van jou het die Heer, die almagtige God van hemel en aarde gesê dat jy `n kruik kostelike salfolie by jou het! En hierdie God wil dat jy die olie nou aan my oorhandig, sodat ek dit na die tempel kan dra en God, die Heer, daar persoonlik en eiehandig Self die voormalige raadsheer Ohlad tot koning oor die hele volk sal salf!”

4. En die man met die olie het dit dadelik aan die bode gegee en met die allerhoogste eerbied aan hom gesê: “O groot maghebber oor al die vuur in en op die aarde en in die lug! Ek het vannag gedroom dat iemand in ligte vlamme by my gekom en aan my gesê het: “Vergeet nie môre om jou kruik met olie saam te neem as jy deur groot vrees God se tempel sal nader nie, want Hy vir wie die tempel opgerig is, sal van jou die olie laat vra deur my!” En daarom het ek die olie dan ook saamgeneem; en sien, nou gaan my droomgesig in vervulling!

5. Vir God, die Almagtige, wie se Naam heilig in hierdie tempel geskryf staan, al my lof, al my liefde en aanbidding vir hierdie oneindige barmhartigheid en erbarming wat Hy my, allerarmste sondaar, bewys het, omdat Hy so genadig aan my en my olie gedink het!”

6. Nou het die besitter van die olie neergeval en tot God gebid met groot wroeging in sy hart.

7. Die bode het hom met die olie na die tempel begeef en het dit met groot liefde en eerbied aan die Heer oorhandig.

8. En die Heer het die olie geneem en die hoof van Ohlad daarmee gesalf. En toe Hy die hoof van Ohlad gesalf het, het Hy aan hom gesê: “Nou is jy `n ware koning deur die genade van jou God, jou Heer en jou Vader! Ontvang nou ook My gees en lei die volk in My Naam met behulp van hierdie tien, wie Ek nou ook tot jou ministers salf en tot jou beskikking stel!

9. Mag jy ooit hoër raad nodig hê, begeef jou dan hierheen, waar Ek jou nou gesalf het en daar sal jy ook altyd die hoër raad ontvang!

10. Maar nou sal ons na buite gaan en die nuwe gesalfde koning aan die hele volk voorstel! En so het dit geskied!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205