`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 231

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die ondertekening van die “Heilige Aktes”. Gurat se beswaar en die weerlê daarvan. Moreel politieke verhoudings van die hoogland met Hanoch. Koning Gurat se vertrek na Hanoch

(23 Februarie 1844)

231 Al hierdie bepalings was op goue blaaie van één lyndikte gegraveer en vervolgens ook aan die afgevaardigdes van Hanoch voorgelees.

2. Toe hulle hulle tevredenheid daaroor uitgespreek het, was hulle versoek om alles met hulle naam te onderteken, maar slegs met hulle kort naam en nie met die meerdere ellelange name (wat nog in Hanoch gebruiklik was uit ydelheid by baie grotes, veral by die adellikes).

3. Hierdie ondertekende dokumente was nou deur die tien in bewaring geneem en was die “Heilige Aktes” genoem.

4. Eers na hierdie handeling, het mense verder gegaan met die voorwaardes en die straf bepaal by oortredings van hierdie heilige aktes; hierdie straf was egter so bepaal, dat die hoogland altyd as volledig onfeilbaar aangesien moes word, en wel omdat hulle nie die bode van Noag gedood het nie.

5. Slegs Hanoch kon derhalwe faal en in aanmerking kom om gestraf te word, omdat die Hanochiete die bode van Noag geslaan en gedood het.

6. Maar Gurat het heimlik aan een van die tien gesê: “Vriend! Solank julle sal lewe, sal die hoogland wel onfeilbaar bly! Maar hoe sal dit gaan as baie ander hoofde julle sal opvolg in die regering van die hoogland, wat mettertyd julle wette met die voete sal vertrap?! Moet die hoogland dan ook nog as onfeilbaar beskou word?”

7. En die vors van die tiental aan wie hierdie vraag gestel was, het gesê: “Kyk, ons weet almal dat ook `n vader teenoor sy kinders kan faal! Maar dan faal hy alleen maar in sy eie sfeer, maar nie in die sfeer van sy kinders nie, en die kinders het nooit die reg om hulle vader daaroor ter verantwoording te roep en aan hom te sê nie: ‘Vader, waarom doen jy dit, of waarom het jy ons dit aangedoen?” Nog minder egter het die kinders ooit die reg om die vader wat gefaal het, te straf!

8. En sien, dieselfde verhouding tussen vader en kind bestaan nou ook hier tussen ons en julle! Vir alle tye van die tye is ons julle vader en julle ons kinders! En hierdie blywende verhouding is korrek, omdat sy gelyk is aan die goddelike verhouding, aangesien ook God ewig die alheersende Vader vir ons en vir al Sy kinders bly; en so moet dit vir ons almal goed wees, omdat God dit sedert die ewigheid so bepaal het.

9. Bowendien is by tien volkome eensgesinde heersers ook nie aan feilbaarheid te dink nie, omdat in die uiteindelike geval van oorlye, die nuwe aantredende erfgenaam van die kroon, ten eerste heeltemal in die voetstappe van sy voorganger moet tree, en ten tweede hy self immers nooit `n nuwe orde kan invoer nie, omdat hy steeds nog nege ou, of altans ouer regente aan sy sy het wat die nuweling sekerlik geen gehoor sal gee, as hy aan vernuwings sou dink nie!

10. As daar van één heerser sprake is, is vernuwings baie wel denkbaar, maar by tien heersers nooit! Want as daar één heerser is, kan hy na gelang van sy humeur regeer en kan daarom faal wanneer hy nie van die hoogste goddelike Wysheid vervul is nie; maar by `n tienkoppige regering is dit moeilik denkbaar, omdat die een vors die ander steeds deur sy Wysheid en sy noodsaaklike hoë regsgevoel moet kontroleer.

11. Bowendien is die getal tien ook die goddelike getal van die orde, omdat in die grond van die saak al Sy wette slegs tien is, soos die ou Wysheid dit geken het! En so is ook ons aantal vorste reeds `n borg vir ons volledige onfeilbaarheid. Ons kan wel elkeen as individu faal, maar nooit in `n algemene besluit nie!”

12. Gurat moes hom met hierdie verklaring tevrede gestel het, die kleinode in ontvangs geneem en hom, as koning van Hanoch, wat deur die tien bevestig is, met die een opperpriester en die honderd afgevaardigdes na Hanoch begewe. Wat daar verder gebeur het, laat die vervolg sien!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205