`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 216

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die suksesvolle lis van die tien leëraanvoerders om hulle van die spioene van die opperpriesters te bevry

(1 Februarie 1844)

216 Reeds die volgende dag was die sterkstes in die paleise uitgesoek en dadelik bewapen en geoefen in die gebruik van die wapens. 

2. Die swakkeres was egter eers `n paar weke lank gevoed sodat hulle weer hulle kragte herwin het; eers daarna was ook hulle geoefen in die gebruik van wapens.

3. Maar wat die reeds baie bejaarde slawe betref, natuurlik manne sowel as vrouens, aan hulle was weliswaar ook ligte wapens gegee, maar hulle hoef hulle nie te geoefen het in die gebruik daarvan nie en het maar net vir sekere huishoudelike dinge gesorg en toesig oor die jongeres gehou.

4. Daagliks het daar ook afgesante van die opperpriesters na die tiental gekom om te sien wat daar gebeur; hulle was egter tegelykertyd ook geheime spioene wat afgeluister het wat hier en daar bespreek was, om te kontroleer of dit nie van verraderlike aard was nie.

5. Maar die tiental het al op die derde dag van die slinksheid van die opperpriesters geweet en geweet om hulle ook so te gedra dat daar nie één woord by die hele enorme leër voorgekom het wat vir die hoogs agterdogtige opperpriesters verdag sou kon wees nie.

6. Hoe meer die slawe geoefen was en hulle behendigheid aan die dag gelê het, soveel te meer geheime spioene het daar van die kant van die opperpriesters verskyn, wie alles daar bekyk en besnuffel het wat daar gesê en gemaak en onderneem was. 

7. Dit het die tien vererg, sodat hulle op `n dag na die hoëpriesters gegaan het, waar hulle met baie lof ontvang was. Toe hulle deur die opperpriesters gevra word wat hulle op hulle hart gehad het, het hulle geantwoord:

8. “Julle weet baie goed dat ons goeie bedoelings het en ook hoe ver ons skerpsinnigheid en skranderheid gaan! Julle weet hoe die grotes tot groot nadeel van hulleself volgens ons insig en ons raad moes handel, want nou het elkeen wel `n paar pond goud meer in sy kas, maar daarvoor moet hy nou self werk en in die sweet van sy aangesig sy bietjie brood eet of hy moet dagloners aanneem wat hy ongetwyfeld duur moet betaal.

9. Ons het egter `n onoorwinlike mag in ons hande, waarmee ons altyd die skatkiste van die grotes kan ledig wanneer ons maar wil; en al hulle goud is dan reeds so goed as heeltemal ons s`n!

10. Sien, dit het ons alles bereken en reeds by die vrykoop van die slawe bedink: “Verlang soveel as julle wil! Hede sal ons julle dit betaal, maar môre vat ons `n viervoud daarvan by julle terug!”

11. Is dit nie alleen al `n met geen goud te betaalde plan in julle voordeel nie, heeltemal afgesien van die groot onderneming wat voor ons gelê was?! En desondanks moet ons van julle kant daagliks omgewe wees met duisend geheime spioene wat ons skerpsinnige woorde gladnie begryp nie en julle dan gereeld ook nog op `n kwaadaardige manier die slegste berigte oor ons oorbring.

12. Sien, dit weet ons presies en daarom het ons nou ook gekom om ons taak aan julle terug te gee omdat julle ons nie vertrou nie, want van die een wantroue kom die ander! Vertrou julle ons nie, dan vertrou ons julle ook nie en lê daarom liewer ons amp neer om `n einde te maak aan die wantroue ten aansien van ons!”

13. Hierop begin die opperpriesters die tiental weer tot bedaring te bring, bedank hulle ryklik en versoek hulle met klem om hulle amp weer op te neem en nou met die voordeel om hulle wapenoefeninge nog `n kwartaal te mag voortsit en dan eers in aktiewe diens uit te trek.

14. Hiermee was die tiental tevrede, omdat hulle weer bereik het wat hulle feitelik wou bereik, en hulle het toe weer na hulle groot leër vertrek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205