`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die verbasing van koning Lameg oor die woorde van die onbekende gas. Die woorde van die onbekende oor die tweevoudige voeding van die tweevoudige mens.

(20 Mei 1843)

43 Maar Lameg weet nie wat hy vinnig moes doen nie. Hy wend hom daarom tot Henog en sê aan hom: “Luister, my geliefde, verhewe vriend en broer in alle liefde van die Heer, hierdie man praat asof hy ook deur die Heer tot leier gekies sou wees!

2. Voorwaar, sulke woorde sou ook jou mond geensins tot skande gemaak het nie, en ekself sou my eindeloos gelukkig prys as my mond tot sulke woorde in staat sou wees; maar daar kan by my nou absoluut nog geen sprake daarvan wees nie!

3. Sê my tog, my geliefde Henog, as jy dit goeddunk: Sal ons hierdie buitengewoon wyse Spreker nie dadelik na ons tafel nooi nie?!”

4. En Henog antwoord Lameg: “Wanneer jy, my geliefde broer, dit gedoen het, ken jy dan nie meer eer toe aan hierdie tafel as aan die ander tafel nie?!

5. Daarom meen ek dat dit genoeg is as ons aandagtig na sy woorde sal luister en hulle goeie inhoud vashou!

6. As jy dit nou `n bietjie oordink, sê my dan of jy dit ook daarmee eens is; want hier is jy tuis en moet jy ook vry by jouself te rade gaan en daarvolgens handel!”

7. Lameg het `n bietjie hieroor nagedink en het weldra die volgende woorde gespreek, wat so gelui het: “O, goeie, heerlike broer Henog, waarom sou ek nog volgens die raad van my vrye wil handel, terwyl ek op dieselfde oomblik insien dat daar uit jou woorde maar net `n baie verligtende Wysheid straal?!

8. Daarom wil ek die Spreker maar net goed in my opneem en hom eers, nadat die maaltyd beëindig is, by my neem en nader kennis met hom maak. Ek dink dat dit tog `n korrekte handelswyse is?”

9. En Henog het aan Lameg gesê: “Geliefde broer, doen wat jy jou voorgeneem het en dit sal reg en billik wees in die oë van God en die hele wêreld!”

10. Na hierdie woorde van Henog het die gas aan die ander tafel weer opgestaan en begin so te praat, en sy woorde het gelui:

11. “Vriende, broers en susters! Ons het ons almal uitstekend versterk met hierdie goeie maaltyd. Ons ledemate beweeg daardeur met `n versterkte en behaaglike gevoel, en ons siel het nou weinig moeite om die liggaam soepel te beweeg. Daarvoor dan ook die mees verhewe, heilige Gewer van alle goeie gawes ons alle dank en al ons liefde altyd en ewig!

12. Die liggaam is egter nie die hoofsaak van `n mens nie, maar slegs `n werktuig om die ewige, heilige doel te bereik, wat geleë is in die ewige goddelike orde.

13. En as dit met ons liggaam noodsaaklikerwys slegs so en onmoontlik anders gestel is, dan is dit immers sonhelder dat daar in die mens iets baie anders, dus nog `n geheel ander, hoër mens moet wees, terwille waarvoor die liggaam, wat ons egter nou so vinnig gevoed het, eintlik bestaan, en vir wie se beste voeding ons dan ook altyd baie goed moet sorg.

14. In julle harte sê julle nou seker onder mekaar: “Dit sou weliswaar baie goed en nuttig wees; as mens nou ook maar tegelykertyd weet waarmee mens eintlik die innerlike mens moet voed!

15. Op die aarde sien ons wel allerlei vrugte vir die liggaam groei en rypword; maar `n boom waaraan vrugte groei en rypword wat dien as voeding van die innerlike mens, kan ons nie vind nie.”

16. Dit is waar, My geliefde vriende, broers en susters; maar Ek wil julle hieroor iets anders sê, luister dus:

17. Sien, die Heer het alles so georden dat die materie hom voed uit die materie, die siel uit die siel, die liefde uit die liefde en die gees uit die gees!

18. Die liefde is die grondslag van die gees en is die mees eintlike wese van die innerlike mens, en bygevolg kan ons ons innerlike mens geen beter voeding verskaf, as wanneer ons hom voed met die liefde tot God nie. Deur die liefde word die gees kragtig en magtig en sal heer word in die huis van hom, en daardie huis is die onsterflike siel en die sterflike liggaam.

19. Maar die spyse vir die liggaam moet deur die natuur of deur die kookkuns van die mense voorberei word, sodat dit eetbaar is; en so moet dan ook die kos vir die gees des te meer goed voorberei wees!

20. Die voorbereiding van die voedsel van die gees is egter die woord in ons; daarom wil ons dan ook die voedsel met die woord voorberei en dan eers ons gees daarmee versterk !”

21. Hierop het Lameg Henog saggies aangeraak en aan hom gesê: “Broer, wat sê jy daarvan? Hy praat soos `n profeet!”

22. Maar Henog het aan Lameg gesê: “Hy is nog nie klaar nie; laat ons daarom verder na Hom luister en dan eers ons gedagtes daaroor uiter! Hy begin te praat; laat ons dus luister!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205