`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 287

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die tog na die kasteel en die woning van die generaal. Die vergiftigde glassplinters op die vloer

(25 Mei 1844)

287 Waarheen het die mars dan nou gegaan? Waarheen nog moes Fungar-Hellan vóór die mededeling van goeie raad Mahal sou volg? Na die woning, die kasteel van die priesters self en dan ook na die groot woning van die generaal!

2. Toe die voltallige groot geselskap daar aangekom het, het Mahal aan Fungar-Hellan gevra: “Die gebou, waarvan die grootte nie veel minder as `n uitgestrekte gebergte is nie, sal jy goed ken?!”

3. En Fungar-Hellan het glimlaggend gesê: “Ja, dit kan jy wel sê! Maar wat is dit hier in my huis?”

4. En Mahal het gepraat: “Laat ons nou eers na die woning van die priesters gaan, en wel eerste na die van die onderpriesters, dan sal jy dadelik sien wat dit hier is!”

5. Na hierdie woorde het die hele geselskap na die groot gemeenskaplike woning van die onderpriesters gegaan en het hulle ywerig besig aangetref.

6. Waarmee was hulle dan besig? Hulle het die punte van hulle swaarde en lanse skerp gemaak, het dit bokant `n vuur van kole verwarm en dan die nagenoeg warm gemaakte punte in die reeds bekende gif gedoop!

7. Maar toe die onderpriesters, wat vroeër - soos bekend - opperpriesters was, Fungar-Hellan gesien het, het `n groot angs hulle oorval, waardeur hulle alles laat val het.

8. En toe die generaal hulle met donderende stem gevra het: “Wat gebeur hier? Wie het julle beveel om dit te doen?”, kon geeneen van hulle `n woord oor sy lippe kry nie, want elkeen van hulle het geweet hy is nou verraai en verlore.

9. Fungar-Hellan het aan Mahal gevra wat hy hier moes doen.

10. En Mahal het gesê: “Begin hier optree! Laat krygsknegte dadelik kom en hierdie hele troep gevange neem, want hulle is Drohuit en Agla se belangrikste steun en jy het beide tot jou grootste vyande gemaak, en wel vanweë `n ou haat teen jou, waarvan die rede vir jou welbekend sal wees!

11. En deur hierdie onderpriesters het dit ook gekom dat baie opperpriesters jou die rug toegekeer het. Hulle is in die geheim die hoofoorsaak van die huidige muitery! Op hulle kan jy die volle gestrengheid van die wet ten uitvoer laat bring, maar wees terughoudend met die doodstraf!”

12. Na hierdie woorde het die generaal onmiddellik `n paar duisend soldate laat kom; hulle het die onderpriesters gevange geneem en hulle in die onderste en stewigste kerkers gewerp.

13. En Fungar-Hellan het daarop alle vergiftigde wapens versamel en dit in versekerde bewaring gebring.

14. Daarop het Mahal hom na sy eie woning geneem en voor die deur wat na die eerste groot vertrek gelei het, gesê:

15. “Laat eers die kamerveërs en die poetsers kom om, vóór ons binnekoms, die vloer baie sorgvuldig skoon te maak en baie goed te poets, anders kos elke stap ons die lewe! Want enkele van die onderpriesters, wat verbind is met opperpriesters, het die hele vloer met vergiftigde glassplinters besaai, en die kleinste snytjie in ons voetsole sal elkeen van ons die lewe kos!”

16. Fungar-Hellan het die raad van Mahal dadelik opgevolg en veërs en poetsers laat kom; en hulle het gekom, met houtklompe aan hulle voete, om alle kamers van die generaal te reinig.

17. Maar die generaal het aan die veërs en poetsers gevra: “Waarom het julle sulke skoene aan? Het julle dan geweet watter gevaarlike glas daar in my kamers gestrooi was?”

18. Hierop het die veërs en die poetsers verstom en het begin om, ten opsigte van die generaal, te bewe.

19. En Mahal het aan Fungar-Hellan gesê: “Hulle het onder dwang gehandel; behandel hulle daarom genadig!”

20. En Fungar-Hellan het gepraat: “Vertel my alles met die grootste getrouheid, dan sal ek julle spaar!”

21. Hierop het hulle begin om te praat, waardeur die hare van die generaal hoog gerys het.

22. Wat hulle vertel het, daaroor in die vervolg!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205