`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 249

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die metaal- of ertstempel

(21 Maart 1844)

249 Nie ver van Hanoch af nie, waar die ystersmelterye sedert die tye van Lameg was, waarvan Thubal-Kain die uitvinder was, word ook `n besonder ryk en skitterende tempel gebou.

2. Hierdie tempel was ook oop en `n groot, ronde dak was deur suiwer ysterpilare gedra, waarvan hierdie tempel enkele honderde daarvan gehad het; die tempel was egter nie heeltemal rond nie, maar meer eiervormig.

3. In die smaller agterdeel was `n massiewe driepoot opgestel. Die pote daarvan was drie pilare van ongeveer twee vadem hoog, en die massiewe ronde plaat wat sy gedra het, het `n middellyn van drie vadem gehad.

4. Op hierdie ronde plaat het `n enorme halfnaakte smid gestaan, kunstig gevorm uit dik koperplaat. Voor hom was `n magtige aambeeld geplaas waarop `n groot klomp yster geplaas was.

5. Die kolossale smid het in sy regterhand `n reusagtige hamer gehad, maar dit was hol, netsoos die smid self. In sy linkerhand het hy `n groot tang gehad waarmee hy die klomp yster op die aambeeld geslaan het.

6. Op die rand van die plaat waarop ons smid gestaan het, het was daar nog `n aantal klein standbeelde, ook van koperplaat vervaardig, elk getooi met `n ander stuk gereedskap uit die metaalbereiding en so het hulle die kenmerk van die god van die erts en die eerste smeltmeester gedra, wat natuurlik niemand anders as Thubal-Kain self was nie.

7. Agter die groot tempel, na die berg toe, was `n groot kasteel gebou waarin honderd priesters gewoon het, wat van die ryk offergawes geleef het wat aan hierdie god gebring was.

8. Agter die kasteel was die heilige skag wat Thubal-Kain self in die berg gegrawe het. Vir `n offer mag enigeen dit betree het.

9. Op `n diepte van honderd vadem was `n groot grot wat Thubal-Kain laat uitkap het. Hier het die priesters van hierdie god `n aantal ou heiligdomme getoon wat almal afkomstig was van Thubal-Kain. Natuurlik was daar, soos oral, baie leuens en bedrog daarby.

10. Hierdie god het maar drie feeste per jaar gehad. Op so `n fees was `n os deur die priesters geslag en wel op die groot ronde plaat voor die god.

11. Wanneer die os geslag was, het die priesters van die plaat afgeklim, en binne oomblikke het `n magtige vuur begin om onder die driepoot te brand en het steeds groter geword en baie gou die hele plaat laat gloei het. En daardie vuur het aangehou totdat die hele os op die plaat in as verander is.

12. Terwyl die vuur gebrand het, het die god ook vinnig gehamer, wat natuurlik deur `n verborge wateraandrywing bewerkstellig was, en so was `n sterk blaasbalk in werking gestel deur dieselfde aandrywing, waardeur die koolvuur geweldig onder die driepoot aangewakker was.

13. Tydens hierdie offerande wat altyd dieselfde gehou was, was kragtige preke gehou waarin die nut van die metaalblaaie geroem was, en natuurlik die god van die metaalblaaie die meeste.

14. Na so `n preek was die offers in ontvangs geneem, en die bedevaartgangers mag dan die nabygeleë groot koninklike myne besoek het, waar dit egter ook gewemel het van bedelaars.

15. Dat ook hierdie tempel druk besoek was, hoef nie van naderby vermeld te word nie; daarom genoeg van hierdie gruwel!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205