`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 199

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die weerstand van die priesterkaste teen die benoeming van Japell se tweede seun as koning. Die dood van koning Japell. Die wese van die politiek. Die nuwe skynkoning. Die tweede seun van Japell by Noag op die hoogte

(9 Januarie 1844)

199 Japell het in die vyf-en-twintigste jaar van sy regering van hartseer gesterf, want hy wou sy tweede seun as koning aangestel het, omdat sy eersgeborene siek, heeltemal misvormd en swaksinnig was.

2. Die priesters het dit pertinent geweier en gesê: “Die koningskap berus op die eersgeborene en nie op bekwaamheid en geskiktheid om te regeer nie!

3. Indien die groot godheid en al die klein godhede dit gewil het dat daar `n wyse koning oor Hanoch moet heers, dan sou hulle die eersgeborene wys laat word het, maar aangesien hulle `n onnosel, misvormde swakkeling as koning van Hanoch wou hê, het hulle hom ook so laat gebore word. En nóg jy, koning, as vader, nóg ons priesters as die steeds heilige en getroue dienaars van die groot godheid, asook van die klein godhede het die reg om ander reëlings te tref as wat die godhede vasgestel het!

4. Ons priesters was deur die hele godheid aangestel om die wil van die godheid aan die mense te leer en ten strengste daarop toe te sien dat hierdie wil deur die hele mensdom in ag geneem word.

5. Jy met jou koningskroon is egter ook `n mens en staan daarom ook onder ons priesterlike mag wat deur die hele godheid aan ons gegee is!

6. Ons kan jou seën, maar het ook die volmag om jou te verdoem; en as jy deur ons verdoem word, dan word jy ook deur die hele godheid verdoem!

7. Sit daarom die kroon op die hoof van jou eersgebore seun as jy nie verdoem nie, maar geseën wil word deur ons!

8. Jou tweede seun moet egter volgens die raadsbesluit van die gode in ons heilige kaste opgeneem word, of hy moet voor die aangesig van die hele mensdom, tydens sy lewe afstand doen van die troon en dan die land ontvlug tot aan die einde van ons ryk.

9. As hy weier om albei dinge te doen, dan moet hy verdoem word en openlik, ten opsigte van die hele volk, gewurg word!”

10. Hierdie bekendmaking van die kant van die priesters het Japell se gemoed met die grootste verdriet gevul, waardeur hy swaar siek geword het en ook na `n kort tydjie gesterf het en geen reëling nagelaat het nie.

11. Sy lot was derhalwe dieselfde as die lot van alle politici, naamlik dat hulle uiteindelik in dieselfde fyn net wat hulle gespan het, hulle eie ondergang vind.

12. Want politiek is die vrug van die wantroue, die wantroue die vrug van `n bedorwe hart, en die bedorwe hart is die werk van die Satan, in wie geen liefde is nie. Daarom staan politiek gelyk met die hel; want die hel bestaan uit totaal deurtrapte politiek, en die Satan self is die grootmeester van alle politiek.

13. Japell was die politiek self en het uiteindelik self `n slagoffer daarvan geword.

14. Toe hy gesterf het, was die eersgeborene vinnig tot koning verhef, maar natuurlik slegs vir die skyn. Waarom? Dit is maklik te raai!

15. Maar die tweede gebore seun het in die geheim op die vlug geslaan en met sy drie susters en enkele bediendes reëlreg na die hoogte, na die gebied waar die kinders van die middag vroeër gewoon het, en het daar vir drie jaar lank, heeltemal verborge geleef.

16. Eers na drie jaar was hy deur die seuns van Noag ontdek. Hulle het Noag laat weet en hy het daarheen gegaan, die vlugteling na sy huis gebring en hom die ware God geleer ken, asook die vak van timmerman.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205