|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 331
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Mahal vermaan sy kinders om op God te vertrou. Die bedorwenheid van die mense in die laagte. Mahal en sy gesin gaan op pad na die hoogte
(27 Julie 1844)
331 Die kinders van Mahal het aan hulle vader gevra wat hulle te doen staan as die Hanochiete so `n gewelddaad teen die hooglanders sou uitvoer.
2. En vader Mahal het aan sy kinders gesê: “My kinders! Vertrou op God en wees volkome rustig, want ons is oral veilig en geborge op God se aarde, solank God die Heer met ons is!
3. Maar as ons Sy barmhartigheid, erbarming en liefde verspeel het, dan sal elkeen en alles wat maar wese of ding heet, ons vervolg en ons vyandig bejeën; nie eens op ons skadu sal ons kan vertrou dat dit ons nie sal verraai aan allerlei vyande nie!
4. Laat ons daarom nou soveel sterker aan God vashou om veilig te wandel op God se aarde!
5. En ek sê nou vir julle, my liewe kinders, hoe ek dit nou in my gees sien: Soos die orde van die dinge op aarde nou lyk, kan dit geen tien jaar meer bestaan nie!
6. Die een mens staan teenoor die ander; die een volk trek op teen die ander; elkeen wil in sy omgewing heers en eerbiedig geen bestuur en geen koning nie!
7. En so is daar nou in die hele ryk in Hanoch suiwer onafhanklike heersers en die koning sidder vir die burgers van sy stad en al sy vasalle en alle landvoogde in die buitestede is volkome eiemagtige heersers en doen wat hulle wil. Hulle lê ongemagtigde belastings op die boere; maar die koning en sy generaal het glad geen kennis daarvan nie.
8. Die vasalle buite Hanoch het heeltemal onafhanklike heersers geword en voer voortdurend oorlog met mekaar, sodat daar reeds sedert lang tye geen dag meer sonder bloedvergieting verbygaan nie.
9. Hier en daar is daar weer volksopstande! Daar word geroof, geplunder en gemoor, en elkeen wat so `n opstand lei, wil daarna diktator bly; en as hy dit dan gebly het, dan word hy erger as wat die vorige tiranne en despote was!
10. Veral die kinders wat die hoogte reeds baie jare gelede verlaat het, gaan voortdurend gruwelik in die geheim om met die kinders van die laagte. Hulle word gladnie meer beskou as mense nie, maar suiwer as diere met verstand en word ook so behandel; en niemand wil hom meer deur God se gees laat lei, opvoed en straf nie!
11. Sedert die helse uitvinding van die plofbare korrels, die grondbore en die bytende vloeistof wat klip kan sagmaak, is geen enkele berg meer veilig teen die vernietigingsdrang van die mense nie.
12. Sê my, kan God so `n woede, geraas, gewoed, bedryf, moord, verniel, gelieg, huigelary en bedrog, steel en roof en allerlei soorte hoerery nog langer so gelate aanskou?!”
13. Die kinders het geskrik van hierdie beskrywing van die dinge in die wêreld.
14. Maar Mahal het gesê: “Laat ons gedurende die nag en vinnig ook, hierdie bodem verlaat en na Noag op die hoogte gaan, want van nou af aan sal daar vir ons nêrens anders meer `n woonplek wees nie!”
15. Daarop het Mahal ook dadelik al syne byeengeroep en met al sy kinders na die hoogte na Noag gegaan.
16. Wat verder, in die vervolg!
|
|
|
|
|