|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 209
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die opperpriester willig die raad van die tien verkenners in
(22 Januarie 1844)
209 Toe het die opperpriesters oorweeg wie hulle na die towenaar op die hoogte, sonder om hom kwaad te maak, sou stuur om hulle volgens die korrektheid van die verklaring van die tiental in te lig. Maar hulle kon geen keuse maak wie vir die netelige doel geskik was nie.
2. Want ten eerste het niemand die moed gehad nie, en ten tweede het elkeen wie vir die opdrag genader was, as volg geantwoord: “Waarvoor het dit nut? Julle kan duisende en miljoene na bo stuur; maar as hulle almal deur bliksem en oop splete in die aarde verslind word, wat het julle dan aan al julle gesantskappe en aan al julle moeite?”
3. Dit het die opperpriesters ingesien en het daarop weer aan die tien gevra wat die verstandigste sou wees.
4. Die tiental het egter gesê: “Hoe kan julle dit nou aan ons vra, terwyl ons verdag in julle oë is? Ons sou julle immers as sluwe jakkalse tog maklik raad kan gee wat presies koring op ons meule sou wees! Wees dus verstandig, omdat julle reeds teen ons gewaarsku is as wolwe in skaapsklere!
5. Die hoëpriesters het van hulleself gesê dat hulle alwetend is; vra dit aan hulle, hulle sal tog die beste weet wat die mees geskikte sal wees!”
6. Maar die opperpriesters het gesê: “Wees tog nie dwaas nie! Julle het tog self duidelik bewys dat die alwetendheid van die seremoniemeesters van die koning nogal `n teenstrydigheid is; en so is dit ook!
7. Dit is tog net `n leë titel wat nagenoeg glad niks sê nie! Ons is die heersers en hulle is, net soos die koning, maar net marionette, terwyl die koning ook nog die titel “Hoogste goddelike wysheid” voer, maar daarby nog dommer is as die allerdonkerste herfsnag!
8. Daarom moet julle net na ons luister en net vir ons gehoorsaam, want al die ander is slegs uiterlike vertoon, terwille van die dom volk! Gee ons daarom raad wat daar gedoen moet word en bekommer julle nie oor al die ander nie!”
9. Maar die tiental het gesê: “Hoogmagtige dienaars van die gode! As julle raad van ons wil hê en nie vrees dat ons julle daarmee om die bos sal lei nie, dan vra ons julle: Waarom het julle dan nie ons eerste raad vertrou nie, wat ons tog sekerlik welgemeen genoeg gegee het, vanuit ons grondige kennis van sake?”
10. En die opperpriesters het ietwat verleë geantwoord: “Dit sou ons wel gedoen het, maar julle het ons tog self daartoe uitgenooi in julle ergernis oor die hoëpriesters, en daarom wil ons slegs julle wens, en nie die raad van die marionette opvolg nie!”
11. En die tien het gesê: “Nou goed, as julle ons in die laaste advies wil vertrou, dan kan julle ons in die eerste voorstel vertrou, waarvoor die marionette, soos wat julle hulle genoem het, - julle vanuit hulle alwetendheid gewaarsku het, waarby hulle ons as wolwe in skaapsklere bestempel het!
12. Laat elkeen wie wil, na die towenaar gaan! Ons sal die reis beslis nie vir die tweede keer maak nie, want wie hom eenmaal met die vuur gebrand het, raak sekerlik geen gloeiende metaal meer aan nie!
13. As julle ons vertrou, vertrou ons dan heeltemal - anders het julle niks aan ons nie, terwyl ons wel uit julle skottel eet!”
14. In dié woorde kon die opperpriesters hulle volledig vind en hulle het almal gestem vir die vrymaak van die slawe en vir hulle bewapening onder aanvoering van die tiental.
|
|
|
|
|