|
`Huishouding van God - Boek 3 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 152
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375. |
|
|
Die raad van duisend vergader. Een van hulle spreek verstandige woorde en stel voor om te emigreer. Onenigheid
(31 Oktober 1843)
152 “Wat sal ons nou doen?” was die algemene vraag wat die raadshere en hulle skynkoning mekaar gestel het.
2. Maar iemand uit die midde van die raadshere het opgestaan en hardop gesê: “Broers, luister na my; daar het nou `n ontsettend verstandige gedagte in my opgekom!
3. Toe die vreeslike manne nog hier aanwesig was, was julle dit almal daaroor eens dat ons verstand hulle eers nog menige neut te kraak sou gee, voordat ons sou doen wat hulle van ons verlang het.
4. Ons het dus ons hoop gevestig op die oorwinning van ons verstand! Ja, ons verstand sal ook seëvier oor hulle Wysheid! Maar hoe?
5. Ek sê vir julle: Op die maklikste manier in die wêreld!
6. Julle almal, net soos ek, sien nou duidelik in dat ons heerskappy in hierdie wêreld heeltemal ten einde is!
7. Wat wil ons nog hier hê? Goed afwag hoe die volk ons ongetwyfeld sal vervolg, as hulle eenmaal opgehits en teen ons opgerui sal wees deur die tien bodes, waarteen ons niks kan doen nie, of die uitkoms afwag van die dreigement wat ons so loflik deur die tiental belowe was?
8. Ek is van mening dat die een sowel as die ander dom is!
9. Gaan open die twee ou tempels vir die volk en sê vir hulle dat dit met die verering van die beeldsuile (beeld pilare), wat deur ons ingevoer is, verby is! Wat sal die volk dan doen? Hulle sal ons vir die rede vra waarom dit dan nou gebeur het!
10. Vraag, baie belangrike vraag: Wat sê ons dan?
11. Lieg mag ons nie, want die dreigement van die tien waarsku ons ten behoue van ons lewe.
12. Sonder om `n woord te sê, kan ons die tempels nie open nie, want die tempels het hulle sekere geheime bewakers wie ons ten aanskoue van die volk eers sal vra waarom ons dit doen. En dan moet ons, of ons wil of nie, met die waarheid na vore kom en met gevaar van eie lewe sê:
13. ‘Ons het julle, ou inwoners van hierdie stad, met lis en geweld deur ons heb- en heerssug bedrieg, het die enigste, ewige, ware God daaruit verloën en geslaan en selfs met die gruwelike doodstraf uitgedryf!
14. Maar nou het hierdie, julle ou, ware God, Hom oor julle ontferm in die nood, waaraan slegs ons skuldig is, en het na ons, julle valse heersers, baie magtige strafbodes gestuur en wat ons deur hulle met die geweld van die vuur bestraf het en dwing ons om so die ou tempels van die ware God weer vir julle te open en nou al ons bedrog aan julle weer goed te maak!”
15. Sien, dit is die naakte waarheid; maar wie van ons sal hierdie loflike toespraak voor die volk hou?
16. Doen ons dit nie, dan sal ons weldra die mooi vlamme uit die aarde sien skiet om ons heen, want dit het een van die tien my heel in die geheim, min of meer troostend, verseker.
17. Maar as ons hierdie heerlike voordrag gaan hou, dan is ek waarlik eerder geen ooggetuie van die buitengewoon vrugbare reën van klippe wat deur die baie behendige hande van die volk oor ons majesteit uitgegiet sal word nie!
18. Doen ons egter niks nie en bly ons hier in die kasteel vergader, dan sal die volk goed weet om ons te vind en sal hulle ons met so `n eerbetoon tegemoetkom, dat hoor en sien sal vergaan!
19. My raad ten aansien van al hierdie sekere kalamiteite (rampspoed) is daarom as volg: Aangesien daar vir ons kennelik geen koring meer bloei hier nie, laat ons maar eerder mooi betyds van hier af weggaan en alles agterlaat!
20. Die aarde is groot! Ons trek weg met ons vrouens en kinders en met ons skatte vir sover ons dit nodig het, daarmee het ons met ons verstand duidelik oor hierdie tien wyses geseëvier, soek êrens op die aarde `n plekkie en lewe daar verder heeltemal ongehinderd deur soortgelyke bodes en laat daarby God se water oor God se akker loop!
21. Wat dink julle van dié raad?”
22. Sommiges was dit daarmee eens, maar ander was van mening dat `n bekentenis sekerlik ook kon werk. Origens was hulle van mening dat wanneer hulle die korrekte doen, die tiental hulle eerder teen die woede van die volk sou beskerm as om hulle daaraan prys te gee.
23. En so het die menings vir drie dae lank verdeel gebly; maar die vervolg sal toon waarop dit ten slotte sou uitloop.
|
|
|
|
|