`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 175

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die teenwerping van die woordvoerder van die nege-en-negentig raadshere en sy rasionele bedenkings

(2 Desember 1843)

175 Toe die nege-en-negentig dit van Ohlad verneem het, het hulle woordvoerder weer opgestaan en aan Ohlad gesê: “Jy het in beginsel geen ongelyk nie, maar net as jy alles min of meer oppervlakkig beskou; as mens die saak egter aan `n nadere ondersoek onderwerp, dan het jy ons daarmee die grootste moontlike onsin van die wêreld meegedeel!

2. Sodat jy egter insien dat ek jou in die naam van my broers geen boosaardige bedoelde antwoord gegee het nie, wil ek jou dit duidelik toelig! As jy dit kan weerlê, dan neem ons oombliklik elke wet van jou aan; maar kan jy dit nie, wat volkome seker is, dan trek ons weg en skenk jou leer en die goue paleis vir jou! Wees dus so goed om na my te luister:

3. Wat jou kennis van God betref en wat jy ons van daaruit aangeraai het, sê ek jou niks anders as die volgende nie: Probeer net `n berg op één slag in jou mond te steek en dit dan met één slag te verswelg! Dink jy dat dit moontlik is?

4. Of skep die hele see en alle groot riviere in `n klein houer! Dink jy dat dit jou sou geluk?

5. Maar stel jou nou net die oneindige groot, ewige God op Homself voor, net soos Sy oneindige groot en talloos baie werke, en vervolgens jouself as stowwerig, en uiters beperk en begrensde wurmpie daarby! Sê my, hoe wil jy begin om die ewige, oneindige God te leer ken?!

6. Sal Sy eindelose alles wel in jou totale nietigheid ten opsigte van Hom plek hê? Of kan jy jou beroem op die ken van God terwyl jy op sy beste eweveel van Hom weet as ek?!

7. Of dink jy dat jy die hele God gesien het as Hy deur `n uitstromende gees, dus slegs deur `n allerkleinste kragstraal uit Hom, Homself sigbaar aan jou getoon het?!

8. O sien, hoe dwaas moet jy nog wees as jy dit glo!

9. Waarlik, ek beskou diegene as die hoogmoedigste en grootste dwaas van die wêreld wat daaroor wil roem – hetsy deur sy handelinge of deur sy woorde, dat hy daarna streef om God te ken of dat hy Hom miskien selfs al leer ken het, wat met jou uitspraak die geval skyn te wees, omdat jy ons eerstens die ken van God aanbeveel het, asof jy reeds God weet hoe baie van die voordele daarvan oortuig is!

10. Hopelik sal jy die onsin insien, wat hom egter tog nog laat aanhoor!

11. Maar hoe is dit met “Het God lief bokant alles!”? Broer, vriend! Kon ek jou nou my kop opgesit het met my taamlik helder verstand, dan sou jy geskrik het vir jou domheid!

12. Sien, wat ons liefde noem, is die eintlike lewenskrag van die mens! Hoe sterker sy liefde is, soveel sterker is sy lewe ook! By ou mense neem die liefde af, en in dieselfde mate ook die lewe. Met die dood is dit verby met die liefde en dus ook met die lewe; dit leer die daaglikse ervaring ons.

13. Maar sê my, hoeveel lewenskrag kan daar eintlik in jou geplaas word! Sien, natuurlik nie meer as wat jou volume toestaan nie, want buite homself het `n mens nog nooit geleef nie!

14. Met die lewenskrag, of liefde kan jy wel wesens wat aan jou verwant en wat net so groot is, omvang. Vir één tot tien vrouens het jy daarvan wel enkele jare genoeg, maar vir honderde of duisende het jy met verenigde krag nie genoeg vir één uur nie! Geheel uitgeput sal jy neersyg en volledig ten gronde gaan in jou dwaasheid!

15. Daaruit volg dit dat die mens slegs soveel kan liefhê as sy wat volume is. Wie meer wil liefhê, lyk soos iemand, wat om wys te word, alle takke van die wetenskap aangryp en ten slotte van alles iets onbeduidend weet, maar eintlik niks heeltemal nie, en daarom `n totaal onbruikbare mens is!

16. Maar jy verlang dat ons die oneindige God, en dan ook nog bo alles, moet liefhê!

17. Ek vra jou egter waarmee dan en hoe? Is jy in staat om met één fakkel in jou hand in een nag die hele aarde te verlig en te verwarm? Nee, sê jou ervaring jou.

18. Maar hoe wil jy dan God, die oneindige, in jou bors kry en Hom daar geheel met warmte en lig deurdring en ten slotte jou liefde nog verder laat reik?!

19. As jy maar één greintjie gesonde verstand het, sou jy onmiddellik ingesien het met watter dwaasheid jy ons wil opsaal.

20. Ek versoek jou daarom om my helder teenwerping ter harte te neem en vervolgens iets anders met ons te praat; want jy sal ons tog nie as dwase wil behandel nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205