`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 277

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Fungar-Hellan se verlange na beide susters van Agla. Die ruilhandel van Fungar-Hellan met Drohuit. Drohuit as koning; Agla as vrou van Drohuit

(11 Mei 1844)

277 Na die ontbyt het Fungar-Hellan opgestaan en aan Agla gesê: “Agla, jy, sieraad van die skoonheid van alle vrouens van die aarde! Buiten jou is slegs bede jou twee susters net so mooi soos jy! Gella geval my net so goed as Pira, en waarlik, hier is die keuse vir my moeilik!

2. Maar as ek egter opreg vanuit my hart sou praat dan sê ek: Ek sou hulle liewer albei as my vaste vrouens neem, as slegs een van die twee! Mag Drohuit hom daarvoor uitspreek, dan sou hy in my `n baie magtige vriend kry, maar hy moet wel uit vrye goeie wil daarmee instem!”

3. Toe Agla dit van Fungar-Hellan gehoor het, het sy haar onmiddellik tot Drohuit gewend en heimlik aan hom gesê: “My geliefde Drohuit, het jy die wens van Fungar-Hellan verneem? Wat het jy te sê daarop?”

4. En Drohuit het gepraat: “Helaas! Maar wat kan ek hieraan doen? Niks, as om suiwer politieke redes my eie hart aan bande te lê, deur die suur appel heen te byt en daarby `n vrolike gesig voor te sit! Slegs die gedagte wat my van jou liefde verseker, o hemelse Agla, kan my teen so `n verlies troos; anders sou ek nou van suiwer hartseer ten gronde gegaan het!”

5. Toe Agla hierdie woorde, wat vir haar baie aangenaam was, van haar hoofman verneem het, het sy aan hom gesê: “Ja, Drohuit, in my hart sal jy `n duisendvoudige vergoeding vind! Maar gaan nou na Fungar-Hellan en staan hom toe wat hy wens, dan sal alles goed gaan!”

6. En Drohuit het opgestaan, na die generaal gegaan en gesê: “Vriend, jy verlang weliswaar `n hoë prys van my, `n prys waarvoor ek andersins die hele wêreld sou gee; maar om jou te toon dat ook jy vir my meer werd is as `n hele wêreld, sal ek vir jou as my grootste, innigste en magtigste vriend dié offer bring! En daarom staan ek jou uit die diepste van my hart die vrou af wat ek gekies het, en seën jou daarmee en daardeur met al my reeds seker gewaande toekomstig geluk!”

7. Hierop het Fungar-Hellan vir Drohuit omarm, hom `n kus gegee en aan hom gesê: “Drohuit, so waar as wat ek Fungar-Hellan heet en alle mag in die hand het, so waar ook sal dié offer jou `n beloning oplewer waarvan die wêreld tot nou toe nie van kon gedroom het nie!

8. Maar voorlopig sê ek niks anders aan jou nie as: “Drohuit, jy is koning en Gurat is niks anders as `n onbeduidende figurant (nul) nie! Agla is dus joune, en jy kan, vanweë die volk, vir Gurat, wat baie dom en swak geword het, goed laat lewe en laat uittree; maar wat die mag aanbetref, die plaas in my en jou hande.

9. Sien, dit is my betaling vooraf; maar wat eers later hierop sal volg, dit sal die toekoms jou leer!”

10. Na hierdie woorde het beide vriende mekaar weer gekus, en Drohuit was nou volkome tevrede met so `n opbrengs vir sy offer, gaan dadelik na Agla en het dit aan haar meegedeel. 

11. En Agla het Drohuit se hand dadelik geneem, dit teen haar bors gedruk en gesê: “Nou is my wens vervul! Jy is nou myne!”

12. Wat verder gevolg het, in die vervolg!

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205