`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 102

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Henog verhinder dat die beskaamde Muthaël wegloop. Henog se woorde oor die wese van die vrouens

(24 Augustus 1843)

102 Hierdie woorde het onmiddellik vir Muthaël getoon met wie hy te doen gehad het. Daarom buig hy voor Lameg en maak aanstaltes om die geselskap so spoedig moontlik te verlaat; want heimlik was hy van mening dat Henog hom opsetlik daarin laat loop het.

2. En so was hy in `n sekere sin van alle kante tereggewys en hy het hom bowendien geskaam omdat sy Wysheid nou voor die aangesig van die vaders, asook van Purista, ten seerste in twyfel getrek was.

3. Maar toe hy die deur so baie stilletjies begin te nader, het Henog aan hom gesê: “Muthaël, so verlaat geen enkele man ooit `n geselskap soos die van ons nie! Wil jy dan die een dwaasheid met die ander bekroon?”

4. Muthaël het egter geantwoord: “Dit wil ek beslis nie, maar wel wil ek die eerste deur die tweede laat vergeet! Bowendien het Lameg my met sy gesoute woorde aangeraai dat ek moet heengaan om myself eers beter te leer ken! Wat se dwaasheid kan dit dan wees as ek die raad van so `n magtig ferme wyse man opvolg? Of moet ek dit anders verstaan?”

5. Hierop het Henog aan Muthaël gesê: “Muthaël, jy skyn deur `n magtige eiewaan besiel te wees, omdat die Heer met jou oor die liefde vir vrouens gepraat het!

6. Sien, as jy die een of ander ligsinnige, dwase blinde vrou sou wees, wat maar net die begeerte van haar vlees ken en altyd sorg vir die bevrediging daarvan, dan sou ek my nie bedruk gemaak het oor jou ernstige domheid nie!

7. Want so het die Heer dit immers ook bedoel! Hy omarm die vrou wat slegs vir Hom liefhet en dit ook volledig kan en wil sonder dat daar iets wêrelds bykom, en Hy dra haar dan op Sy arms en hande en vingers na haar mees gelukkige bestemming!

8. Maar `n vrou wat vernaamlik haar vreugde beleef aan die domheid van die wêreld, waar dit oor sinnelike vermaak gaan, laat die Heer gaan soos die diere in die bos en Hy bekommer Hom verder gladnie oor haar nie, behalwe dan daarin, dat Hy haar, soos ook die diere in die bos, die sinnelike lewe van die liggaam gee.

9. Daarom kan `n ontaarde vrou nie maklik meer gehelp word nie en kan sy maklik oorgaan tot allerlei ontug en hoerery, waar ons by soortgelyke verskynsels in die middernag baie voorbeelde van het, en ons weet goed hoe `n vrou, wat slegs eenmaal weens wêreldse vreugde die Heer ter syde gestel het, dan slegs te nouernood deur `n wonderwerk gered kan word van volledige ondergang!

10. Sien, dit is die bedoeling van die Heer met betrekking tot die groot ligsinnigheid van die vrou en desgelyks ook my mening!

11. Maar jy is tog geen vrou nie, maar `n met `n goddelik belofte vervulde man en ek kan jou daarom nie in jou domheid laat weghardloop, asof jy `n bandelose vrou is nie, maar ek moet aan jou sê:

12. Muthaël, bly hier! Erken jou domheid in die Lig van die vaders en leer in jouself om Lameg se gesoute woorde te waardeer! Want sien, die Heer het reeds herhaaldelik aan Lameg se tafel geëet, en hy is volledig deur die Heer Self geskool! En die Heer Self het my en hom in dieselfde hoedanigheid aangestel; daarom kan jy jou wel deur Lameg iets laat welgeval!

13. Draai daarom om, en gaan na hom toe; maar benader hom soos mens `n hewig beproefde vriend van God benader, en jy sal sy sout dadelik baie minder bytend vind! Begryp jy my?”

14. Hier het Muthaël hom omgedraai en Henog se raad opgevolg.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205