`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 72

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die voel van liggaamlike pyn. Pyn as weldoener en bewaker van die lewe. Hoe mens sonder pyn kan lewe

(6 Julie 1843)

72 Toe Lameg hierdie nuwe uitnodiging om nog een vraag te stel van die Heer verneem het, ofskoon dit in die ooste reeds beduidend lig begin te word, was hy baie bly en het dan ook sonder enige aarseling die volgende vraag na vore gebring:

2. “O Heer, heilige en mees liefdevolle Vader en Skepper van alle engele en mense! Sien, die lewe op aarde as beproewing van die gees, sou op sigself wel heeltemal ooreenkomstig sy verhewe doel wees, as daar met die lewe maar nie iets hoogs onaangenaam verbind was nie, en dit is die gevoelig wees vir ontsettende pyn!

3. Waarom moet die liggaam in staat wees om pyn te ly? Waarom moet dit by my pyn veroorsaak as ek my teen iets stamp, of as ek êrens val, of my êrens sny, knyp of steek? Waarom moet selfs dikwels sommer baie hinderlike pyne in die liggaam ontwikkel? Waarom moet die vuur my so ontsettend brand, en waarom moet die vrou met soveel pyn baar?

4. Sien, o liewe, heilige Vader, dit kan ek met die bewussyn wat ek het, volstrek nie aanvaar in die sfeer van die lewe nie en ek sou daarom graag van U, die Skepper, die rede wil weet van dié treurige verskynsel!

5. Want ek vermoed wel byna seker dat die lewe van die gees volkome vry van pyn is. Daarom sou die lewe van die liggaam tog ook wel op gelyke wyse heeltemal vry van pyn kan wees! Het ek gelyk of nie?”

6. En die Heer het Lameg medelydend aangekyk en aan hom gesê: “Luister, My seun Lameg, dié keer het jy selfs nie die skyn van waarheid en reg aan jou sy nie!

7. Sê My in jou gemoed: Sou daar wel `n lewe denkbaar wees wat nie ontvanklik is vir indrukke van allerlei aard nie? As jy geen gevoel sou hê nie, sou jy dan lewe?

8. Veronderstel dat die mens alle indrukke slegs as aangenaam sou ervaar, soos byvoorbeeld die verwek van `n kind. Sou die mens hom dan nie weldra vernietig, deurdat hy hom voortdurend sou stoot, slaan, steek, sny en brand, en voor daar `n jaar sou verstryk, sou daar tog met sekerheid geen lidmaat meer van die hele liggaam oor wees nie?!

9. Sonder enige gevoel - nóg van gewelddadig, nóg van pynlike aard - is daar slegs sprake van absolute dood.

10. Derhalwe is die pyn tog die grootste weldoener van die lewe en mees getroue behoeder waarsonder die lewe op geen enkele ander manier as bestendig gedink kan word nie.

11. Bowendien is jy tog `n pynlose liggaam gegee! As jy jou in My orde hou en oplet by die lê, sit, staan, gaan en loop, dan sal jy jou lewe sonder enige pyn deurbring; en as jy matig is met eet en drink, dan sal jy ook verskoon bly van inwendige pyn; en as jy jou nie te veel besig hou met die werke van die vlees nie, dan sal jy nooit ondervind wat pyn in die ledemate is nie!

12. Pyn is in feite die eienskap van die lewe, waarsonder jy geen gevoel sou gehad het nie! Dit is die eintlike gewaarwording en waarneming van die liefde; en as dit buite die orde raak, dan ondergaan sy dit in die aard van pyn, maar die orde ervaar sy altyd as `n buitengewoon behaaglike gevoel.

13. Wens daarom nooit dat daar geen pyn bestaan nie, want dit is die trouste bewaker van jou lewe en sal eens ook dieselfde word wat die lewe van jou gees bymekaar sal hou, konsolideer en geheel en al red.

14. In hoeverre die suiwerste geeste ook ontvanklik is vir pyn al dan nie, sal `n gees jou so vinnig moontlik laat weet! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205