`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 97

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

In die hut van die Heer. Purista kla daaroor, dat die verliefde Muthaël haar bly agternaloop. Die wyse antwoord van Henog, die kenner van die hart

(18 Augustus 1843)

97 Toe die hele geselskap hulle nou in die hut bevind en Purista haar herd versorg het, het sy weer na Henog gegaan en aan hom gesê:

2. “O verhewe, enigste, ware hoëpriester van die almagtige ewige God, Wie ons heilige en liefdevolste Vader is! Ek moet jou met `n bekommerde hart vertel wat vanmôre hier sal plaasvind!

3. Jy weet dat die Heer, ons ewig heilige Vader, laas aan Muthaël `n sekere toesegging gemaak het dat ek eens, indien dit die Vader welgevallig mag wees, sy vrou sou word. Nou volg die anders wyse en regverdige Muthaël my egter steeds op my hakke om die sekere toestemming van my af te dwing!

4. Sê ek aan hom dat hy hom slegs aan die woord van die Heer moet hou en nie onnodig van toestemming van my moet verlang nie (en dit sal immers tog al op die korrekte tyd gebeur wat die Heer sal wil!), sien, dan begin hy te huil en sê:

5. “Ja, ja, dit sê alle meisies as hulle aspirant vryer hulle nie aanstaan nie!” Die Heer sou my nooit dwing dat ek sy vrou moet word as ek dit nie deur Sy barmhartigheid self sou wil nie, en ek sou hom steeds op die Heer wys, omdat ek hom nie graag sou wou afjak nie en omdat ek goed sou weet dat die Heer my nooit tot iets sou dwing wat my teenstaan nie!

6. Sien dit, en nog ander is sy woorde! O, gee my tog raad van die Heer wat ek moet doen!

7. Ek het my gister miskien besondig omdat ek die voortdurende sinnelose gepraat en die onnodige vrae, vir Muthaël klinkklaar afgewys en aan hom gesê het: “Omdat jy sonder noodsaak so opdringerig is en my voortydig tot vrou wil hê, sê ek jou nou in volle erns dat ek `n weersin in jou het en ek gee jou die volle versekering dat jy my nooit van die Heer sal laat afkeer nie! Maar jy in jou bronstige ydele liefde vir my, slegs `n skepsel, nog maar `n enkele tree, dan sal ek die Heer by hierdie herd sweer om vir ewig alleen te bly uit suiwer liefde tot Hom en nooit `n man van die aarde aan te kyk nie!”

8. Hierdie woorde het Muthaël so verbyster dat hy opslag sprakeloos geword het en toe huilend en snikkend weggegaan en soos wat ek merk, reëlreg na julle op die hoogte gegaan het.

9. O Henog, jou verhewe dienaar van die almagtige God, gee my hier `n sekere raad en troos in die Naam van die Heer!”

10. En Henog het Purista geantwoord: “Luister nou na my; ek wil jou in volle waarheid sê hoe die sake hier staan: Sien, die Heer het jou baie seker aan Muthaël toegesê en in die gees ook reeds volledig met hom verbind; Hy het net die seëning van die vlees nog na die korrekte tyd uitgestel! Maar aan jou het die Heer dit ook sonder woorde en maar net aan jou gevoel meegedeel!

11. Toe Muthaël egter by jou gekom het en jou dit in bedekte terme aangegee het, herken jy vanuit jou gevoel dat hy die een is wat eens vanuit die Heer jou geseënde man sal word; en as gevolg van dié insig het jy Muthaël met `n baie veelseggende, buitengewoon vriendelike blik aangekyk en het juis deur hierdie mooi blik die anders besonder wyse Muthaël `n groot wond toegebring, waaraan byna sy hele wysheid sou doodgebloei het! En sedertdien is Muthaël heeltemal in jou liefde begrawe en kan hom nie verhef uit so `n woning waarin geen lewe is nie!

12. Sien, dit was dus `n klein foutjie van jou, wat jy weer moet goedmaak! Hierdie fout kan jy goedmaak deur die Heer te vra of Hy Muthaël wil seën en hom op die reguit pad van die heil wil bring!

13. Maar jy mag hom in ieder geval nie verag nie, want `n man wat vervul is van die belofte van die Heer, is baie geheilig!

14. Dat die Heer hom nou `n bietjie beproef, dit dien tot sy voltooiing. Maar jy mag hom daarom nie verkeerd beoordeel nie, want hy is `n deur God geheiligde man, wie op die korrekte tyd vir jou bestem is!

15. Sien, so is dit! Jy mag hom nie vryspring nie; maar jy mag hom ook nie versoek nie! Dit is wat jou betref; maar met Muthaël sal ek wel praat! Laat ons onsself nou na jou herd begewe! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205