`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 291

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die grasieverlening aan die opperpriesters en die vreeslike beregting van die duisend onderpriesters in die eetsaal

(31 Mei 1844)

291 Eers toe Agla en Drohuit op hierdie wyse versorg was, het Fungar-Hellan hom tot die opperpriesters gewend en aan hulle gesê:

2. “Nou, my vriende en broers, die ete is opgedis; laat ons onsself dus na die groot eetsaal begewe, sodat julle twee beskermlinge, wat hulleself nou in die hokke bevind, nie sonder geselskap is nie! Gaan egter maar goedsmoeds, anders sal julle ook geweld aangedoen word!”

3. Na hierdie dodelike uitnodiging het een van die opperpriesters aan Fungar-Hellan gesê: “Opperste vriend en broer! Hoor my aan! Kyk, om hom laat verlei deur allerlei dreigemente en nog ander lokmiddele en verkeerd daarvolgens te handel, is tog altyd nog menslik; maar om hardnekkig en eiewillig in die dwalinge te volhard, dit is van die hel!

4. So was ook ons deur die baie geslepe onderpriesters meestal verlei deur dreigemente van die gruwelikste soort. Mense het ons oor `n mag vertel wat joune tienvoudig sou oortref, en het ons verseker dat jy al gevange was, en dat jou vyande nou die heersers van die stad en van die hele ryk was. 

5. Op nog talryke soortgelyke uitsprake moes ons wel jou kamers laat open en vervolgens toesien hoe jou vyande alles wat in jou vertrek was, met `n nuwe gif vergiftig het, waarby ook reeds so `n honderd arbeiders in die gras moes gebyt het, wat in toe waens êrens heen gebring en uit die weg geruim is.

6. Kyk, so staan dinge in werklikheid; vergewe ons daarom ons afgedwonge misstappe teen jou, en aanvaar ons opregte versekering dat ons voortaan jou getrouste en standvastigste vriende wil bly en verseker sal word!”

7. Na hierdie woorde het Fungar-Hellan hom tot Mahal gewend en aan hom gevra wat hy moes doen.

8. En Mahal het gesê: “Neem hulle gevange, egter nie in jou kerkers nie, maar in jou hart, en vergewe hulle, dan sal ook jy vergewe word! Maar laat die onderpriesters wat in die kerkers gevange geneem is, na bo bring en aan die tafels plaasneem, sodat hulle van die voedsel eet en dan sterf in hulle boosheid! Laat Agla en Drohuit gedurende die maaltyd in die eetsaal sit, sodat hulle kan sien hoe die misdaad homself straf!”

9. Daarop het Fungar-Hellan alles gedoen soos Mahal hom aangeraai het.

10. So `n duisend onderpriesters was na die eetsaal gestuur en moes aan tafel gaan sit; want verset het nie meer gehelp nie! Alreeds die ingeneemde plekke, het die meeste reeds die lewe, onder die vreeslikste en pynlikste krampe gekos; slegs min was deur die onder dwang geneemde spyse gedood.

11. Die twee getuies van hierdie maaltyd in die hokke het egter bewusteloos geraak deur die afskuwelike tafereel en was daarom na buite gebring, waar hulle met behulp van asyn bygebring was.

12. Hoe dit verder gegaan het, volg hier.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205