`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 134

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die krygsraad en die krygslis van die magtige volkere wat rondom Hanoch gewoon het. Die verowering van die tien voorstede van Hanoch. Hanoch bewapen homself

(6 Oktober 1843)

134 Die ander magtige volkere, wat ontstaan het uit die kinders wat reeds deur die manne uit die hoogte by die mooi vrouens van die laagte verwek was, het met mekaar beraadslaag in hulle twaalf nuwe stede waarvan die name gelui het: Lim, Kira, Sab, Marat, Sincur, Pur, Nias, Firab, Pejel, Kasul, Munin en Tiral en het toe in `n algemene raad, wat in Lim gehou was, gesê:

2. “Broers, wat moet daar met Hanoch gebeur, hierdie ou bedriegster van die menslike geslag?! Waarom moet ons eintlik vir alle goeie dinge van die lewe steeds so duur by haar betaal? Waarom is die Hanochiete heersers (menere) en ons minder as hulle minste dienaars?! En tog is ons kinders van die hoogte, ofskoon hier en daar uit die vrouens van die laagte!

3. Broers, ons is reuse; ons spiere het so `n krag, dat ons die stryd kan aansê met leeus, tiers, bere en hiënas. Die Hanochiete hoogstens met vlieë!

4. Hoe sou dit wees as ons ons net by die duisende sou verenig om dan na Hanoch te trek en hierdie stad in besit te neem met al haar ondenkbare voordele?

5. Hierdie stad het weliswaar `n buitengewone stewige ringmuur en honderd-en-sewentig drievoudig afsluitbare poorte, en bokant die poorte is ysterreuse geplaas, wat wel baie vreeswekkend lyk, maar dit is dooie werk deur mensehande gemaak, en kan hulle nie eers teen `n vlieg verweer nie!

6. Dit het dus tyd geword dat ons onsself verenig om teen Hanoch op te trek!”

7. Maar een uit die midde van die raad het opgestaan en gesê: “Luister na my, broers; slegs enkele woorde moet ek tot julle spreek!

8. Sien, as ons in groot getalle daarheen gaan, dan sal die Hanochiete merk wat ons van plan is, en hulle sal, as ons daar aankom, die poorte van die stad sluit! Wat kan ons dan doen? Niks anders as om onverrigter sake onder hoon en spot weg te trek nie!

9. Maar kom ons slegs met `n geringe aantal, dan sal ons niks teen hulle kan uitrig nie!

10. Daarom sou my raad die volgende wees: Omdat die tien klein stede rondom Hanoch nog nie versterk is nie en elke stad nouliks tien- tot vyftienduisend mense tel, met `n gesteldheid wat in elke opsig swak is, sou ons hierdie stede met weinig moeite heeltemal kan bemagtig en daardeur al die handelsverkeer met Hanoch heeltemal afsny! 

11. Dan sal die Hanochiete uitsluitlik met ons te make kry; maar ons sal geen narre wees en hulle produkte teen onbetaalbare somme koop nie, maar ons sal self produseer wat ons nodig het!

12. En die Hanochiete mag dan van honger oor hulle stadsmuur spring as hulle dit wil, en hulle mooi vrouens en hulle ander voordele verkoop aan wie hulle wil en kan; dat ons, wat hulle aan alle kante omring, dit nie van hulle sal koop nie, behalwe vir die laagste spotprys, daarvan kan hulle heeltemal verseker wees!

13. Ek meen dat Hanoch op hierdie wyse binne die kortste tyd sal moet val, of hom moet laat welgeval om voorwaardes van ons aan te neem wat beslis nie in ons nadeel bereken sal word nie!”

14. Hierdie raad het almal geval, en reeds die volgende dae het tweehonderdduisend van die kragtigste manne hulle bewapen, daarna die tien stede oorval en dit nagenoeg sonder weerstand met één slag verower het.

15. Maar toe die Hanochiete van hierdie slag gehoor het, was hulle boos, begin die verskriklikste krygstuig te vervaardig, en het in een jaar se tyd `n leër van een miljoen mense uitgerus, aanvoerders vir hulle gegee wat die leër geoefen het en het vervolgens daarmee opgeruk teen die magtige volkere rondom die stad.

16. En hoe die oorlog verloop het, sal die vervolg laat sien.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205